Centurion-skietery: Man wag glo 12 ure voor huis

Helena en Leon Lourens. Foto: Facebook

Helena en Leon Lourens. Foto: Facebook

Die man wat homself Maandag in ʼn veiligheidskompleks in Centurion doodgeskiet het nadat hy sy eksvrou se kêrel gewond het, het glo 12 ure lank vir hulle gesit en wag.

Sers. Ann Poortman, woordvoerder van die polisie, het gesê die 47-jarige man het verskeie skote op sy eksvrou se vriend geskiet voor hy homself doodgeskiet het. “Die eksvrou se 50-jarige vriend is na die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville geneem. ’n Saak van poging tot moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.”

Beeld het die skieter geïdentifiseer as Leon Lourens. Volgens die berig het Lourens 12 ure lank in sy motor buite sy vervreemde vrou, Helena Lourens, se huis in die Wierda Glen Villas-veiligheidskompleks gesit en wag.

Lourens het Helena en haar kêrel, Don Nolan, glo gekonfronteer. ʼn Bakleiery het uitgebreek en een van Helena se vingers is in die proses gebreek. Lourens het Nolan glo hierna vier keer in die bors geskiet voor hy homself in die kop geskiet het. Helena is nie geskiet nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wiebo ·

Ek het al ook gevoel om my vrou se kerel te skiet. Alle sterkte Leon, ek weet hoe jy gevoel het. Vrouens doen mos wat hulle wil en die mans moet “suffer”

mossie ·

Ag Leon julle isi so onskuldig ni. My man het my en my kinders weg gegooi vir n ander eens so dis nie net vrouens nie. Julle doen dit erger. Hou op om jou self jammer te kry. Baie mense kon die situasie hanteer. Lyk my jy ni

Petrus van Eeden ·

Wiebo, wat n vreemde stelling van jou. Miskien is die volgende stelling meer korrek. Mans doen wat hulle wil en vroue moet suffer!

Marietjie ·

Wiebo – moet ek vir jou ‘n sneesdoekie aanbied? Wat van al die vroue wat se mans hulle netso met die kinders los en ander weivelde soek? Dis nie net vrouens wat mans los nie en as reël los vroue ook nie hul kinders nie. So jammer as ek nie met jou saamstem oor wie eintlik “suffer” nie.

Knersus ·

Wiebo, Mossie, Ek dink nie Leon kan hierdie kommentaar lees nie . Waar hy nou is, is daar geen nuus-media nie

Chris ·

Julle aanmerkings is baie snedig! As julle meer respek vir mekaar gehad sou die wereld nie so deurmekaar gewees het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.