Centurion-skool sê oor ‘sinkgat’ wat ouers op hol het

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Southdown Kollege in Centurion het Vrydagmiddag gesê die kansellasie van ʼn sportgeleentheid wat eerskomende Saterdag (9 September) op dié laerskool se gronde sou plaasvind is nié as gevolg van ʼn sinkgat nie.

Bekommerde ouers het Vrydag navraag gedoen ná die Laerskool Rooihuiskraal in Centurion ouers op hul webwerf in kennis gestel het van dié kansellasie. ʼn Boodskap aan ouers het gelui: “Môre se mini-hokkiedag by Southdowns is gekanselleer a.g.v. ʼn sinkgat wat vanoggend ontdek is.”

Bekommerde ouers het onder meer vir kinders én personeel se veiligheid gevrees.

Christo de Wit, Southdown Kollege se algemene bestuurder, het egter Vrydag aan Maroela Media gesê dié insinking in die grond is as gevolg van ʼn lekkende waterpyp. De Wit sê ʼn ondersoekspan was die hele Vrydag op die toneel en het teen Vrydagmiddag bevestig dat die gat nié ʼn sinkgat is nie.

Hy het gesê die geleentheid kan nie na ʼn ander veld op die skoolgronde geskuif word nie weens die oprigting van die astrohokkiegronde wat tans aan die gang is.

De Wit het verder gesê die “insinking” is glo in die verste hoek van die skoolgronde en is intussen afgesper. Hy het ook gesê die insinking hou geen gevaar vir studente of skoolfasiliteite in nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Maak nie saak dat die “insinking” op die verste hoek van die grond is nie. As daar ‘n sinkgatprobleem is kan die volgende enige plek van die terrein voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.