Centurion-tiener gevind

Caru-Mari Coetzee.

Caru-Mari Coetzee.

Die 14-jarige meisie van Centurion wat Vrydagaand uit haar ouerhuis in Rooihuiskraal verdwyn het, is Sondag gevind.

ʼn Grootskaalse soektog is Saterdag na Caru-Mari Coetzee van stapel gestuur.

Herman, Caru-Mari se pa, het Sondagmiddag aan Maroela Media bevestig dat sy dogter gevind is. “Ons het haar nou net opgelaai. Sy is veilig. Sy is by ons in die motor.” Herman het gesê hy sal later meer besonderhede aan Maroela Media verskaf. (Lees die opvolgberig hier.)

Herman het vroeër gesê sy dogter het omstreeks 12:00 ʼn vriendin gekontak. “Ons weet darem nou sy is oukei. Die polisie is betrokke en gaan haar nou probeer opspoor.”

Maroela Media het vroeër berig dat Herman, sy vrou Linda en Caru-Mari Vrydagaand tuis was en televisie gekyk het. “Caru-Mari het so 21:20 gesê sy gaan nou slaap. Ek en my vrou is so 23:15 bed toe en het gesien Caru-Mari is nie in haar kamer nie.”

Die gemeenskap van Centurion, tesame met verskeie gemeenskappolisiëringsforums en ander organisasies, het ʼn grootskaalse soektog na Caru-Mari van stapel gestuur nadat die nuus oor haar verdwyning op die Facebook-groep People who live in Centurion gedeel is. Die groep het meer as 27 000 lede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

martie green ·

Martie muni oordeel voordat jy ni di storie gehoor het ni. Kan ni van n foto se sy is n bedorwe brokkie ni. Elkeen het sy eie hartseer. God seen.

leoni ·

Sy is pure stout En kort slae. Groot v ha skoene. Kan bly wees sys nie my kind. Hele land op hol gehad met haar stoutigheid! Vat haar kort!

Martyn du Plessis ·

@Leoni: As sy my dogter was, sou ek haar gat aan die brand geslaan het, want ek en my vrou voed ons kinders ordentlik met tugtiging en baie liefde op, maar my kind sou nie weggeloop het nie, want ons as ouers het haar nie verstoot of iets nie. So eerstens soek die fout by die ouers, daarna by die kind. Goeie opvoeding is ook nie altyd daar om `n kind op die regte pad te hou nie, want swak vriende en dus drank en drugs oorheers partykeer opvoeding. So opsommend, dit is `n komplekse situasie wat versigtig gehanteer moet word.

Herman Coetze ·

Hallo Martyn. Caru-Mari is my dogter. Ek wil graag se: Nie enige iemand wat oordeel besef wat sy die afgelope tyd deurgegaan het nie. My kinders kry ook pak en liefde, maar dinge het gebeur wat ek nie eens my ergste vyand toewens nie. Ek glo nie ons verdien ander se oordeel nie.

Wendy ·

Hope you don’t mind an English reply – am so grateful that this young lady was found and pray she’s ok. I was so disturbed when I heard she’d gone missing and prayed for her safe return. Let’s be careful not to make assumptions on anything. Very dangerous to make bold comments on media when we don’t know the details. There but for the grace of God go I….

Reinette ·

Ek is bly sy is nou veilig maar waardeer glad nie die feit dat haar familie die gewone ou op straat uittrap oor opinies op facebook nie. Dis inelkgeval hulle wat eerste media toe gehardloop het en dan die publiek oor die vingers tik oor opinies omdat ons glo nie die waarheid weet nie…so asb vertel ons die waarheid oor hierdie hele vermis klug want glo my daar is regtig mense daar buite wat help soek het en ek twyfel of baie van hulle weer hulle naweek gaan opoffer na so sirkus

Marnies ·

Ek glo regtig ni dis maklik om tieners groot te maak ni, maak ni saak hoe hard di ouers probeer ni. Dis ni altyd di ouers se skuld of iewers waar hulle onderrig te kort kom ni. Ek is net bly sy is okay. Ons moet nooit ophou bid vir ons kinders ni, nooit ni, mens kan ni in vandag se tyd sonder di Here klaar kom ni.

Cornelius ·

Die meeste mense ken nie die Here nie, dis hoekom die volk so verlore is.

Charlotte ·

No child would put their parents through this ordeal with out reason. Children try shout out for attention in. Different ways. I hope the. Parents try find the true source of her unhappiness

SuzieK ·

Dit maak nie vir my sin nie… Was sy regtig vermis? Want syt duidelik self uit daai huis uit gegaan ini aand om een of ander rede. Was dit ‘n ou/meisie/vriend in gevaar? Dis waar- elkeen het sy eie seer- maar eks baie agterdogtig hieroor…

Lianie ·

Sy het weggeloop uit die huis ja, maar dit is ook te verstane dat die ouers so gesoek het, met al die stories wat mens hoor kan mens nie help om te worry of sy dalk saam vreemde mense gery het in haar onkunde nie, en kon sy dus baie lelike goed oorgekom het. Ja, as dit net stoutigheid was moet dit aangespreek word maar die gesin weet wat in hulle huis aangaan en sal moontlik self weet wat di rede is, as nie sou my professionele opinie wees dat as daar enige tekens is, doen ‘n dwelm toets en stuur haar vir assessering om te sien of daar iets dieper is. As daar nie fout is nie en dit was tiener nukke het sy hopelik so groot geskrik met al die bohaai dat sy dit nie sommer weer sal doen nie.

Herman Coetze ·

Hallo almal. Caru-Mari is my dogter. Ek wil graag se: Nie enige iemand wat oordeel besef wat sy die afgelope tyd deurgegaan het nie. My kinders kry ook pak en liefde, maar dinge het gebeur wat ek nie eens my ergste vyand toewens nie. Ek glo nie ons verdien ander se oordeel nie.

Magiel ·

Moenie allis is hoofletters tik nie. Jy SKREE OP ALMAL!!!!!!

Anne-Marie ·

As mens groen koring op die land het oordeel jy nie…….bedorwe kind of nie ..en nie dat dit enige iets met iemand te doen het nie of meriete in die saak het nie, ek as ouer kan my nie indink waardeur die arme ouers moes gaan nie – maar laat ons nie oordeel nie en gun hul die privaatheid om tot verhaal te kom sondre om te oordeel voor jul nie die hele storie weet nie. Ek is baie dankbaar saam die ouers sy is veilig gevind en terug huistoe.

Bennie ·

Ek oordeel nie, maar dink bietje terug na toe jy n tiener was en wat dit is om vandag ‘n tiener te wees. Dis soos om in ‘n tronk te lewe en dit kan baie dinge verklaar. Die lewe het ongesond geraak vir alles wat dit veronderstel is om te wees.

Malinda ·

Ag hierie storie wat meeste se van moenie oordeel nie gee my nou al n groot kramp met baie pyn. Niemand oordeel nie elkeen lig sy en haar opinie!!! Daar is wel hoeveel kinders wat regtig ontvoer word wat net verdwyn en nooit weer gevind word nie nou gebeur dit dat die stout kind besluit om pad te vat omrede mamma en pappa nie na haar of sy pype dans nie nou moet almal die soeke na die mense wat regtig verdwyn het stop en na n bedorwe brokkie soek. Dit is om van kwaad te word. Sterkte vir elke ouer wat in hartseer en pyn is

Herman Coetze ·

Hallo. Caru-Mari is my dogter. Ek wil graag se: Nie enige iemand wat oordeel besef wat sy die afgelope tyd deurgegaan het nie. My kinders kry ook pak en liefde, maar dinge het gebeur wat ek nie eens my ergste vyand toewens nie. Ek glo nie ons verdien ander se oordeel nie.

Linda ·

Ai Herman een ding is verseker ons is bly sy is terug!! Ons is te gou om te oordeel en te se as dit my kind is sal ek dit en dat doen mense totdat ons in hulle skoene is.

Viv ·

Malinda, sommige het geoordeel, sonder enige kennis. Dis nie n opinie as jy n oordeel fel met geen feitelike kennis nie. Om na n foto van n kind te kyk en te se sy lyk na n “bedorwe brokkie”, is n oordeel. “Stout” is n oordeel. “Groot vir haar skoene” is n oordeel. ” Doen n dwelmtoets” – impliseer sy gebruik dwelms. “Soek die fout by die ouers” – oordeel. Ens ens.
Hoe lyk n bedorwe brokkie? Haar foto wys n pragtige jong kind. Met die klem op jonk. Kinders van daardie ouderdom maak dikweks oordeelsfeite. Dit het niks uit te waai met godsdiens ( soos sommige beweer), of te min pakslae ( soos sommige beweer), of ouers wat nie na haar pype dans nie. Die frontale (logiese) deel van die brein is eers ten volle ontwikkel op 25jr (vroue) of 27jr (mans). Dit is een van die grootste redes hoekom tieners dikwels oordeelsfoute begaan. Selfs volwassenes begaan oordeelsfoute.

Mnr Coetze, haar pa, impliseer dat die kind deur erge trauma is.

Maar volgens die helfte van die mense hier is hulle en hulle kinders perfek. Mooi so.

Rina ·

Genade, hopelik het sy ‘n beter rede as dat sy wou gaan jol. Ons land se polisie het so baie sake wat agter is

Neptunus ·

Ja, mens weet nie wat in die huishouding aangaan dat ‘n kind so optree nie. Dis egter nie altyd die ouers se skuld nie. Gewoonlik mos ook nie die kind self wat verwytbaar is nie, maar “verkeerde vriende” of hoe? In vandag se lewe wil niemand verantwoordelikheid neem nie, en daar is heeltemal te veel kinders wat hul ouers opdraande gee. Wat anders verwag ons in ‘n samelewing waar tug verbode is en mens eerder met minderjariges moet redeneer om hulle op die regte pad te hou?

Eksemaarnet ·

Sy het nou haar ekstra aandag gekry………en het ‘n storie om by die skool te vertel aan die wat wil hoor. Ek hoop sy het die ordentlikheid om om verskoning te vra aan die ouers wat besorg was oor haar veiligheid en wat ‘n paar jaar van hulle lewe verloor het a.g.v. haar selfsugtige optrede. Kinders vandag wil nie hoor van reels en stel nie belang in leiding nie. Ek stem saam met Neptunus…..tug is verbode. Kinders het te veel keuses en daarom sukkel ouers om by te bly en het hulle beheer verloor.

Pappabeer ·

Na baie bekommerde ure gespandeer saam met vele ander gisteraand tot vroeg oggend en baie moontlikhede ondersoek was wil ek net graag weet: Hoekom het die betrokke party waar Caru “veilige huisvesting” gebied is vir twee dae nie gedink hoe in vandag se gevaarlike tye vele besorgde gemeenskapslede names ouers desperaat soek nie? Julle is siek en gevoelloos om dit vir twee dae soos skeinheiliges tussen ons te kon beweeg en weg te kon steek. God Sal julle straf.

Nessie ·

Ek wonder nou hoe sy gaan voel wanneer sy weer terug is by die skool…almal weet sy was vermis en almal wonder hoekom… van die kinders kan haar dalk te na kom en ander weer simpateer of dink sy is n held met wat gebeur het..ek hoop dat as sy weg geloop het, sy haar ouers omverskoning sal vra..en hopenlik sal skool nie n nagmerie word nie..

Nadette ·

Ek dink nie enige iemand is in die posisie om te oordeel nie. Ons samelewing van vandag is so siek, dat ek net dankbaar is sy is veilig. Dankie Vader, dat U u hand oor haar gehou het.

Rykie ·

Sjoe, daar is darem ‘n menigte magte mense in Centurion wat in glashuise bly. Ek is dankbaar ßy is veilig tèrug by.haar huis en gee Ons Hemelse Vader al die eer!

Cornelius ·

Die rede hoekom ons samelewing so siek is is om niemand meer oordeel nie

SNEL ·

Hierdie is niks anderste as tiener k@k nie. Gooi hul alies in n krul en almal om hulle is skuldig vir hul simpel optrede. Maak mens woedend vir wat sy haar ouers deurgesit het. Ja, bly sy is veilig, maar hulle dink nie wat hulle doen nie.

Trudie Bezuidenhout ·

Maak nie saak hoe jy jou kind grootmaak nie. Daar kom n stadium dat hulle net rebelleer. Hulle wil nie die reels van die ouers volg nie.(Wat ons daar het om hulle te beskerm) Tieners voel dat hulle die reg het om sekere besluite self te neem alhoewl ons as ouers nie saamstem nie. En in ons geval het ons seun net besluit hy bly nie onder ons reels nie. So dit is nie maklik nie. Moenie oordeel nie jy staan nie in die ouers se skoene nie. Dit het 6 maande gevat vir ons 16jarige seun om die lig te sien. So sterkte aan die ouers

Marius Viviers ·

Ek is baie bly sy is veilig. As hierdie volkie van ons eendag sou ophou oordeel en net omgee vir mekaar saldit regtig baie beter gaan.

Charles ·

Net bly sy is terug ongeag wat haar probleem is dinge kon so anders gewees het ai kinders

Riette ·

Ag nee regtig, sy kort een baie baie groot pakslae!! My seun word binnekort 14 en as hy ooit so iets sou probeer sal hy n pak kry wat hy nooit sal vergeet nie! Dit is pure stoutigheid en aandag soekery, klink vir my ook na n spoilt brat!

zahn ·

Ek gaan nie oordeel nie, maar ek wens net die kinders wil bietjie dink. Dink ‘n slag daaraan, ons hoor so baie van kinders wat wegraak, ons sien dit gereeld in die media. Nou word ‘n kind teen sy/haar wil ontvoer (dink aan Gert van Rooyen), en ons almal dink nmiddelik, nee wat, dis net nog ‘n bedorwe klein brokkie wat aandag soek. Elkeen van julle wat so stupid optree, maak dit moeiliker vir wanneer dit regtig gebeur.

Cornelius ·

Ja mens mag mos nie vandag oordeel nie, dis hoekom dit so gaan want niemand word meer vas gevat nie. n Helder verstand weet wat is reg of verkeerd. Sy sou nie gat velle gahad het in die ou tyd nie. Ons lewe mos in die tyd van die gehoorsame ouers.

Hendrik ·

Ek weet nie wat my meer onstel die feit dat sy weggeloop het of die mense se kommentare nie. As julle enigiets weet van die tiener se sielkundige ontwikkeling sal julle weet dat dit nie so maklik is om net te se “sy is bedorwe” of “ma en pa gee nie aandag nie” daar is 1001 veranderlikes wat kan veroorsaak dat ‘n tiener so reageer. En mamma en pappa wat reken “my kind sal nooit so iets doen nie” het ek net een ding te se “elke mamma dink haar donkie is ‘n resiesperd”

Anneke Barnard ·

Kinders bly maar kinders. Ek dink sulke goed is soms ook goed. Dit bring gemeenskappe bymekaar. Dink net, soveel mense van Centurion het uitgereik en gaan help soek.

Soveel mense het kontak gemaak met mense wat hulle nie eers geken het nie. Soos ‘n familie het almal ewe skielik bymekaar gekom en uitgereik na ‘n medemens.

Ek dink ek wil vir Caru-Marie Coetzee dankie sê dat sy so bietjie aangejaag het. Daar is iets goed daaruit gebore.

Daar is dalk ‘n paar jong kinders, ‘n paar ouer mense wat ‘n les uit hierdie gebeurlikheid geleer het. Ek dink daar is meer positief as negatief gebore uit hierdie saak.

Kom ons sit gister agter ons en leef vandag.

p.s Maak seker jy ken jou kind en jou kind se vriende. Baie belangrik.

André du Toit ·

In meeste huise word Bybelbeginsels nie na-gekom. Sê nie dit is hier die geval nie. Sterkte aan die Ouers.

Daleen ·

Ek weet groepsdruk is nie meer stovepipe broeke nie, maar die dogter moet n baie goeie verskoning he om weg te kom hiermee. Regtig, ek sal voorstel laat sy al die onkostes om haar te kry betaal, en terug werk.
Eks dankbaar sy is veilig, dit kon soveel erger gewees het.

Daleen ·

Ek dink ons ouers moet dalk ook n brief rig aan die grondwet. Dis ook abuse om deur te maak wat ons deur moet maak… en die wet sit ons daardeur omdat ons nie ons kinders volgens ons geloof mag tigtig nie…

Amelia Viljoen ·

Wees almal eerder net dankbaar sy is gevind… Of sy nou self weggeloop het of nie, sou jy as ouer net by die huis gesit het en wag dat sy terug kom? Nee, jy sou ook die hele Centurion ingespan het om te help soek. Ek is seker sy sal 100 maal dink voor sy weer so iets aanvang – les is verseker geleer. Dank aan God dat sy gevind is.

Sproetjies ·

Ai die kinders! Dink nie hulle besef waardeur hulle hul ouers sit as hulle sulke stout dinge doen nie. Is net vreemd dat die mense by wie sy vir 2 dae was nie haar ouers of die Polisie gekontak het nie? Sy kan haar sterre dank sy is nie my kind nie. Sal interresant wees om die werklike rede te weet. Het sy nie haar eie trauma veroorsaak nie?

Irma ·

Wat die omstandighede ookal is Ek is bly sy is veilig, Mag God sy hand van bewaring en troos oor julle hou.

pop ·

Kinders is overrated. Hulle word groot, Vertrap jou reels en opvoeding. Hulle is ondankbaar en
durf jy hulle oor die kole haal is jy die vieslikste ouer in almal en die kind se oe. So die 2 kinders van my wat besluit het “Nee dankie ” Julle was wys!!!!!Kyk nou net al die kommentaar en aandag wat die een nou kry. Agge nee wat.

Mickey ·

Ai tog dit voel of ek wil skreeu as ek die ou vervelige “moenie oordeel nie” woorde hoor. Om jou mening te lug oor dinge wat verkeerd is .Is nie oordeel , ons is nie veronderstel om die verkeerde goed wat gebeur in ons lewens goed te praat nie, verkeerd bly verkeerd en met die nuutgevonde woorde in ons woordeskat vrywaar ons almal en onself van kwaad want enige vorm van teenspraak is nou blykbaar oordeel,wat ek eintlik wil sê eks bly die kind is veilig maar sy was selfsugtig en onverantwoordelik in haar optrede en haar ouers moet haar straf privaat handteer ,dis hulle kind. En kan ons nie almal maar weer begin leer om kwaad,moord,bedrog ens te bestraf en bloot te lê nie as om met n vroom heiligheid te hammer op die kwessie dat die oordeel ons nie toekom nie,ek dink die meeste van die mense intreperteer díé woorde volgens hul eie voorskrifte en tekortkominge ons moet kyk na die breër aspek van wat , van ons verwag word met ons optredes teenoor ander mense sê foute

Viv ·

En die rede hoekom kinders nie op dieselfde manier geoordeel word as grootmense nie is omdat hulle nie dieselfde oordeelsvermoe, insig en begrip het as grootmense nie. Hulle is impulsief. Hulle word maklik oorweldig deur emosies. Hulle is bang vir grootmense se oordeel. Hulle het nie dieselfde kommunikasievermoe om probleme uit te stryk nie.
En diegene wat so gou spring om n 13jarige te veroordeel sonder om die ware feite te ken is boelies. Boelie julle eie portuur.

Dee ·

Hi, excuse the English. Caru-Marie is safe! that’s what counts, Herman, Linda I’m so happy you have found your daughter, I wouldn’t have done anything differently, Caru-Marie, God loves you the same as the rest of us, fortunately HIS love is Unconditional and pure and doesn’t come with conditions of whether or not you were naughty, He knows your heart and He is by no means judging you for this, you are fortunate you have parents that love you so much I know and believe you will all get through this, life is not always easy. Remember, the love your parents have for you is also unconditional, when there is no one else, they will be there and will always take care of you. Forget any negative comments made here and I’m sure on many other sites, people are quick to condemn and hurt (I guess also only human), but don’t forget what you have just gone through, it could have had a very different outcome. Look within yourself, you will feel convicted when you have made a mistake, and then choose carefully whether you will learn from the experience rather than repeat it. And for all of us, remember every choice has a consequence, these judgmental comments don’t go unseen, you’re throwing them around as though you’re in a position to do so….

Riana van Eyssen ·

Bly en baie verlig saam met die Coetzee gesin dat hul dogter veilig terug is. Mag dié angswekkende gebeurtenis hul almal se begrip en insig verbeter (en ons s’n ook). Mag hul die vermoë hê wanneer hulle al die kommentaar lees, om die koring van die kaf te skei en nie hulself te veel te kastei oor sommige van die ‘wysheid’ wat hier kwytgeraak word nie.

Patat ·

Geen wonder ons samelewing is n gemors nie! Ek lees al die boodskappe hier bo, en laat my kop in skaamte sak dat ek deel is van hierdie samelewing!
Sterkte aan die gesin! Dit lyk vir my daar is groot seer – ek sal verseker vir julle bid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.