Centurion-tiener kritiek beseer toe motorfiets haar tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 14-jarige skolier van Centurion in Gauteng is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn motorfietsryer haar getref het.

“Die tref-en-trapongeluk het op die hoek van Cradocklaan en Potgieterweg in Lyttelton Manor plaasgevind,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

Volgens ooggetuies wou die meisie glo die straat oorsteek toe die motorfiets haar getref het. “Sy het langs die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann bygevoeg. “Sy het kritieke beserings opgedoen. Sy is dringend na ʼn hospitaal geneem.”

Die polisie stel ondersoek in.

Die verkeer is nie ontwrig deur die ongeluk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neptunus ·

So die vuilgoed het net voortgejaag? Hy’t waarskynlik ook nie ‘n nommerplaat opgehad nie. Soos baie van hulle redeneer: Die boete vir ‘n afwesige nommerplaat is heelwat minder as dit wat vir spoed opgelê kan word.

Chantelle ·

So Neptunus … jy reckon hy was ‘hitman’ gewees?… Jy se hyt net voortgejaag so basically nie gestop nie en nog sy nommer plate ook afgehaal? Hmmmf wie sou nou kon dink dat n 14 jarige meisie ‘n ‘Hitman’ se volgende job sou wees en hoekom van alle dinge????? Aaaaai. Die dinge wat sommige mense kan kwyt raak is belaglik. Altwee gesinne word hierdeur geraak. Mag die meisie vinnig herstel en mag die motorfietsryer ook rustigheid vind. Ek is seker hy wou haar nie aspris raak ry nie en sy nie aspris raak gery word nie.

Paul Jennings ·

Net so Chantelle, die dinge wat mense kan kwytraak…soos jou kommentaar. Wat maak jou reg en Neptunus verkeerd?

Marietjie ·

Het ek erens ‘n kommentaar gemis? Nerens uit Neptunus se kommentaar kan ek aflei dat hy verwys na ‘n “hitman” of ‘n “hit” nie. Chantelle, weet jy wat is ‘n “hitman” en hoe het jy tot jou gevolgtrekking gekom? Die berig verwys na ‘n tref-en-trap ongeluk, maw die motorfietsryer het die meisie getref en hy het getrap van die toneel af. Nes Neptunus sê – “die vuilgoed het voortgejaag”.

Steph ·

Ek bly in ‘n kompleks wat deur Reddersburgweg begrens word. Hier is ‘n paar motorfietsryers wat veelvoudige kere per dag, elke dag, verbyjaag teen hoë spoed gepaardgaande met ‘n helse lawaai. Bo-en-behalwe die absolute verontagsaming van die spoedgrens en die gevare wat daarmee saamgaan, demonstreer die ryers totale minagting vir die rus en vrede van die mense wat langs die pad bly. Sekerlik is nie alle motorfietsryers dieselfde nie; hierdie is gerig aan daardie onbedagsame ryers wat uitgeken kan word aan die lawaaierige motorfietse waarmee hulle klaarblyklik aandag wil trek, of andersyds die aandag van hul eie gebreke wil aflei. (Klein P sindroom?)

Realis ·

Chantelle – rerig idiotiese kommentaar van jou daar…. Steph, ek stem 100%. Centurion is propvol “zef” bikers wat jaag asof die paaie ‘n renbaan is met geen respek vir voertuie of voetgangers nie. Die goed raas en is ‘n reuse irritasie. Maar ja, die owerhede sal weereens niks hieromtrent doen nie…. Dan wonder die motorfietsryers hoekom hulle so omgery word……

Sollie ·

Motorfietsryers het gee respek. Laat mens nou net opmerkings maak omdat hulel jaag dan kom daar ‘n storvloed van kommnetaar maar kom kyk gerus elke liewe naweek op die N14 hier deur die Cradle of Humankind buite Krugersdorp hoe jaag hulle – ALMAL sonder nommerplate. Verkeersmense wat sit en mense vang vir spoed KYK hul nie eers agterna want hulle weet daar is geen manier om hulle in te haal en te vang nie. Hulle sit liewer en vang motoriste wat dalk net net oor die spoedgrens ry. Die wet is mos net vir motorryers. Daar moet lankal iets aan gedoen word. Laat jy ook nou net in verkeersknope NIE padgee vir ‘n motorfietsryer wat heen en weer vleg deur motors sonder om om te gee wie se lewe hul in gevaar stel dan word jou kar gekrap/beskadig, jou spieëltjie word afgeslaan ens want hulle weet mos hulle kan wegkom en jy sit in jou kar tussen ander karre en kan hul nie inhaal nie. Klomp SISSIES! As hul enigsins MANNE was sou hul met nommerplate ry en hul pak vat. En hierdie “looser” – ek hoop sy gewete (dis nou AS hy een het!) ry hom vir ewig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.