Centurion-tiener maak kontak na sy verdwyn

Lees ook:
Centurion-tiener gevind

Caru-Mari Coetzee.

Caru-Mari Coetzee.

Die 14-jarige meisie van Centurion wat Vrydagaand uit haar ouerhuis in Rooihuiskraal verdwyn het, het Sondag met ʼn vriendin kontak gemaak.

Maroela Media het Saterdag berig dat daar ʼn grootskaalse soektog na Caru-Mari Coetzee van stapel gestuur is.

Herman, Caru-Mari se pa, het Sondagmiddag gesê sy dogter het omstreeks 12:00 ʼn vriendin gekontak. “Ons weet darem nou sy is oukei. Die polisie is betrokke en gaan haar nou probeer opspoor.” Herman was vol lof vir die gemeenskap wat onmiddellik ingespring en na Caru-Mari help soek het.

Daar is intussen op sosiale media gesê dat Caru-Mari moontlik in die geselskap is van twee mans wat ‘n wit VW Golf ry. Die Golf is glo by eetplekke in Centurion opgemerk. Ao. Wanda Olivier, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik die berigte bevestig nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Herman, sy vrou Linda en Caru-Mari Vrydagaand tuis was en televisie gekyk het. “Caru-Mari het so 21:20 gesê sy gaan nou slaap. Ek en my vrou is so 23:15 bed toe en het gesien Caru-Mari is nie in haar kamer nie.”

Volgens Herman het sy dogter altyd ʼn klein rugsakkie by haar en is haar selfoonlaaier ook nie meer by die huis nie. “Haar WhatsApp wys sy was net na 22:00 Vrydagaand die laaste keer aanlyn. Ek het vir haar ʼn boodskap op WhatsApp gestuur en dit is kort na 02:00 afgelewer. Sy het dit egter nie gelees nie en haar selfoon is sedertdien af.” Herman het gesê hulle het reeds al Caru-Mari se vriende gekontak maar sonder sukses.

Die gemeenskap van Centurion, tesame met verskeie gemeenskappolisiëringsforums en ander organisasies, het ʼn grootskaalse soektog na Caru-Mari van stapel gestuur nadat die nuus oor haar verdwyning op die Facebook-groep People who live in Centurion gedeel is. Die groep het meer as 27 000 lede.

Caru-Mari is ʼn gr. 9-leerling aan die Hoërskool Zwartkop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alet Viljoen ·

Ek kan nie glo dat kinders net so kan verdwyn uit die ouers se huise uit nie. Dit moet baie erg wees vir die ouers kan myself net indink wat ek self sou gedoen van my kop af geraak het.

Natasha ·

As dit my dogter was dan het sy `n helse pakslae gekry !! Dink sy nie aan die bekommernis wat sy haar ouers en selfs die mense in die land besorg nie .

Neels ·

My oom sou se “dis lekker om te k@k as jou maag vol is….” Skielik is almal kenners oor hoe om kinders groot te maak…..as jy nog nie self n kind grootgemaak het nie, bly eerder stil. As jy het, wees dankbaar dat jy dit wat haar ouers moet deurmaak gespaar is…..

Theresa ·

Jy is ook maar ‘n goeie een om te praat Neels. Ek stem saam met Anna en Natasha. My kinders het nooit sulke dinge gedoen nie want hulle het pak gekry as hulle stout was en is mooi geleer wat is reg en wat is verkeerd. Vandag kry jy net gehoorsame ouers. Kyk maar hoe swaar kry die arme onderwysers want daar is GEEN dissipline by die huis nie.

Danie ·

Met grysheid kom wysheid. Nooit sal ek my hand vir my kinders lig nie. Dogter van 12jaar en seun van 4 jaar. Met wyse kommunikasie, leiding en betrokkendheid elke dag is dit glad nie nodig om `n kind se waardigheid af te breek deur “geweld” op hulle toe te pas nie. Hier is `n voorbeeld van ouers wat nie betrokke is/was by hul tiener dogter nie en haar maar haar gang laat gaan het. Blameer eerder die ouers vir hierdie wandeling wat hul dogter geneem het.

zahn ·

Jy praat baie lekker vir iemand wat groen koring op die land het. Wyse kommunikasie? Jy klink vir my redelik oningelig. As jy so wys is, neem ek aan dat jy al die ondevinding op aarde het, alwys is (wat jy probeer voorgee), die situasie ten volle ken, en BAIE seker is dat jy ten volle in beheer is van jou kind se opvoeding, ten spyte daarvan dat hul opvoeding baie deur omstandighede manipuleer word. Kind grootmaak is niemaklik nie, en om te oordeel sonder dat jy die feite het, is meer onvolwasse as wat jy wil voorgee jou dogter is.

Lynette ·

Hulle raak jonk hulle raak jukkerig en dan neem hulle die besluit om uit te glip ek meen sy het gese sy gaan kamer toe niks agterdogtig nie intussen het hulle klaar hulle eie planne uitgedink sonder om die gevolge te besef. So verander hulle hulle lewens, jou lewens en ander se lewens in ‘n oogwink vir ‘n party en lekker tyd. Jammer girl jy kort wat baie kinders in die lewe kort ‘n pak slae en daarna opoffering soos geen selfoon geen laat opbly geen sport geen speel vir die res van die jaar nie. Jou ouers is lief vir jou en hulle gaan jou piep en paai dit is nie liefde nie dit is pligversuim

Lin ·

Dit is hartseer. Almal gooi klippe, maar niemand van ons weet wat daartoe aanleiding gee nie. Was dit slegte invloed van maats, opstandigheid teen die ouers, iets wat by die skool gebeur het en sy dalk so ontsleld was dat sy nie met haar ours daaroor wou praat nie? Ek het twee seuns en het volgens my ‘n regte oop verhouding met hulle. Ons kan oor alles praat, maar in alle huise sal daar dinge wees waaroor kinders om watter rede ookal, te bang of te skaam sal wees om oor te praat. Ek is baie bly sy is terug gevind en mag on Vader gee dis ongedeerd emosioneel en fisiek!

Danie ·

@zahn, Ek kan jou verseker dat ek nie oningelig is oor die opvoeding van kinders nie. Ek probeer so betrokke as moontlik wees by my kinders en hulle die opvoeding te gee wat verkeerd en wat reg is deur met hulle te gesels en nie te dreig of met geweld bang te maak nie. Jammer dat jy my siening sien as “`n oordeel legging”…nerens oordeel ek nie, ek glo net ouers moet betrokke raak en nie toe laat dat kinders verby hulle lewe nie. Of Is jy ook een wat heeldag loop en dreig en klappe uitdeel?? Een vraag, WIE skep die omstandighede waardeur hulle opvoeding gemanipuleer word???

Phillip ·

Ek dink ouers is geseend indien dit nooit nodig sou word om fisiese straf toe te pas nie. Hierdie tipe van straf moet ook op ‘n baie oordeelkundige manier en met baie liefde en leiding gepaard gaan. ‘n Ouer behoort ook die psige van elke kind te oorweeg voordat sulke drastiese stappe weens ‘n misstap toegepas word. In hierdie geval hoop en bid ek net dat die kind veilig by haar ouers terugkom en dat haar ouers dan die diepte en insig aan die dag sal le om die korrekte leiding te gee en met liefde haar op die regte pad terug te help. Ek dink almal behoort vir hierdie mense te bid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.