Centurion-tiener nog steeds vermis

Sonique van Wyk |(Foto: Facebook)

Sonique van Wyk |(Foto: Facebook)

Sonique van Wyk (14) van Centurion in Gauteng word nog steeds vermis nadat sy Dinsdag uit Rooihuiskraal verdwyn het.

Sonique (Nikki) is laas omstreeks 19:00 deur veiligheidswagte by die kompleks in Rooihuiskraal-Noord opgemerk.

Sy het rooibruin hare en bruin oë. Sy weeg ongeveer 65 kg en is 1.53 m lank. Sy het gaatjies in haar ore. Dit is nie duidelik watter klere sy aangehad het nie.

Enigiemand met inligting word versoek om ao JJ Maqloid van die Wierdabrug-polisie te kontak by 072 536 7810.
sonique van wyk pl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Uiters uiters ontstellend die kinders wat so wegraak!

Willie Brits ·

Ja ontstellend – veral wanneer hulle saam met hulle 30jarige BF’s gekry word..

Johan 2 ·

My grootste vrees…sterkte, ons bid v julle…gee ASB terugvoer.

Carmen Jasper ·

God bless and keep this young lady safe jn his love mercy and care. I pray that her best outcome be realized. I am concerned though…. She disappeared on the 13 just like Klara Gottert…. How many other 14 year old girls went missing on the 13th of the month this year?

Daleen ·

Dis so ongelooflik hartseer ons het ook n vermiste tiener in Middelburg Mpumalanga wat Donderdag vermis geraak het sy is 13jaar oud wat gan an in die wereld

Lisa ·

Hierdie is skrikwekkend!!! Ek hoop so, hulle word albei ongeskonde gevind.

Christel ·

Ek sien The Pink Ladies wat help soek het na Sonique het laat weet dat hulle haar Dinsdag al gekry het. Dit is baie goeie nuus vir elke ma wat tot nou toe die stories gevolg het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.