Centurion-tiener veilig tuis

Chantel Zangwa van Centurion is veilig opgespoor

Chantel Zangwa van Centurion is veilig opgespoor

Chantel Zangwa (14) van Centurion wat Saterdag by die Centurion-winkelsentrum verdwyn het, is veilig gevind.

Dessie Rechner, woorvoerder van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het aan Maroela Media bevestig Chantel is ongedeerd gevind.

Ao Koos Smith, ondersoekbeampte, het ook aan Maroela Media bevestig die tiener is veilig.

Maroela Media het vroeër berig Chantel se ma was Saterdag om 18:00 by die afgespreekte plek om haar dogter op te laai, maar sy het nie opgedaag nie. Verdere besonderhede rondom haar verdwyning is nie bekend gemaak nie.

Rechner het dit benadruk dat die gemeenskap moet weet daar is geen wagperiode om ʼn kind as vermis aan te meld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.