Centurion-tiener weer terug by die huis

Wilmarie van Wyk.

Wilmarie van Wyk.

Wilmarie van Wyk (17), ʼn jong epilepsielyer van Centurion wat Maandag verdwyn het, is Dinsdagmiddag veilig en ongedeerd in Pretoria opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig Van Wyk, ʼn graad 11-leerling aan die Hoërskool Uitsig, was nie Maandag by die skool nie, aangesien sy glo siek was en afgeboek is.

Sy is vir die laaste keer tussen 10:00 en 12:00 gesien. ʼn Veiligheidswag het glo gesien toe sy te voet haar ouerhuis in die veiligheidskompleks in Amberfields Heights verlaat het. Haar gesin was rasend van bekommernis aangesien hulle nie seker was of sy haar nodige epilepsie-medikasie by haar gehad het nie.

Pierre Viviers, voorsitter van die Wierdabrug Sektor 2 se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het Woensdag aan Maroela Media gesê as deel van die poging om haar op te spoor, is plakkate met haar inligting wyd versprei.

“Ons was besig met ʼn soekgeselskap in Centurion toe vriende van Wilmarie, wat in Danville in die weste van Pretoria woon, ons gebel het om te sê sy is daar,” het Viviers gesê. “Ons het haar gaan haal en sy is nou veilig in haar ma se sorg.”

Viviers het gesê sowat 40 mense en ander rolspelers het Dinsdagmiddag opgeruk om na Van Wyk te help soek. Hy het lede van die Wierdabrug GPF, Lyttelton GPF, Centurion Concerned Citizens (CCC), Off-road Search and Rescue, en Centurion se inwoners vir hul hulp en samewerking bedank.

“Ek is so dankbaar vir almal van Centurion wat dadelik bereid was om te help,” het Wilma van Wyk, Wilmarie se ma, aan Maroela Media gesê. “Ons bly nog nie lank in Centurion nie, maar soveel mense het ons in hierdie moeilike tyd bygestaan. Ek is so dankbaar my kind is veilig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theresa ·

Wat gaan aan met die kinders ………………….. ??????????????

anna ·

Wil nie vinger wys nie maar wat gaan aan daar, soek daai tieners media sensasie, kort kort loop een weg, hulle velle kort warm gemaak klink my.

Lezette ·

Elke 2de dag is een weg en elke 3de word sy gekry by n vriendin of vriend!!!!!!
Wanneer daar regtig een gaan wegraak, gaan niemand meer soek nie, want hulle soek net aandag!
Ons hoor ook nooit weer iets daarna wat het die ouers gedoen omtrent dit ni. Dalk is hulle te skaam om iets te se want hulle bloeitjies soek net aandag.
Wel hierdie is n verkeerde manier van aandag!

SNEL ·

Ja-nee, wat gaan met die kinders aan en ja, Scalia, hulle kort n behoorlike pakslae. Dis omdat jy hulle mos mondelings moet oorreed om ordentlik op te tree en hulle huiswerk te doen ens ens, dat hulle nie meer luister nie. n Paar goeie houe op die agterstewe sal wonderre verrig.

sproetjies ·

Wat is dit met die tieners? Is hierdie nou ‘n nuwe manier van aandag soek. Ek is van mening dat die Polisie en Wierdabrug se GPF nie tyd het om te mors op kinderspeletjies nie. Wat gaan gebeur wanneer daar werklik ‘n kind in WERKLIKE NOOD is? Wil my voorkom of die Centurion ouers dalk bietjie “konferensie” moet hou met hulle kinders.

andre ·

Ja – nee , vandat ouers en onderwysers kinders nie meer mag “dissiplineer” met die soort dissipline waarmee ons groot gemaak is nie (dit het ons net goed gedoen) , het die arme bloedtjies die hef in die hand.Lyk my die stert swaai nou die hond rond………klink amper soos onse regeringtjie.

amy ·

‘n Kind weet nie wat deur ‘n ouer se gedagtes gaan ashy/sy sommer net besluit om weg te loop nie. Waar begin jy soek? Is hy/sy in lewensgevaar of is dit sommer stoutigheid en rebellie teen ouer gesag.

amy ·

‘n Kind weet nie wat deur ‘n ouer se gedagtes gaan ashy/sy sommer net besluit om weg te loop nie. Waar begin jy soek? Is hy/sy in lewensgevaar of is dit sommer stoutigheid en rebellie teen ouer gesag. In deesdae se huise is dit meer asof die ouers vir die kinders moet luister.

Eliza-beth ·

Baie onverantwoordelike optrede van die kind. Ja, ek weet kinders dink nie soos volwassenes nie, maar ek dink ouers moet begin strenger wees met kinders en vir hulle vertel nie net veroorsaak hul groot bekommernis aan die ouers nie, hul mors polisie en andere wat moet help soek se tyd en verder besef hulle nie wat hulle kan oorkom as hulle sommer net “verdwyn” nie; die wêreld is nie ‘n mak speelplek waar niks leliks kan gebeur nie. As kinders ‘n probleem het tuis of met hul ouers is daar ander maniere om dit op te los. Hulle DINK hulle is groot maar eintlik is en tree hul baie kinderagtig op. Ek dink die arme ouers dans seker nou so na haar pype en sy lag lekker in haar mou want sy het hulle mos ‘n “les geleer”. Ek hoop regtig ek is verkeerd en dat hulle haar baie goed roskam! Dankie tog ek had geen probleme en myne is groot en uit die huis. Maar dan was ek streng, my nee was nee en my ja was ja en hulle het dit goed geweet.

Riaan Slabbert ·

As my bloetjie die dag waag om dit aan my te doen…dan beter hy hoop ons kry hom nie. Geen polisiemag of regering gaan my keer om hom RERIG aan te rand nie. Toe hy so 5 was, is ons een aand Spar toe. Kom uit, hy langs my. Ek sluit die kar oop, sien hom omloop, en die agterdeur aan passasierskant oopmaak. Ek laai die inkopies in die kar op die sitplek langs my, sit gordel aan, sluit kar aan, en kyk agter na hom. Weg is hy!!! Ek roep en dog hoe de duiwel het hy dan nou weer uitgeklim. Ek spring uit, soek om die kar en roep na hom….hys net WEG. Ek hardloopdie Spar in en begin vreesbevange soek en roep. Die mense vra wat gaan aan en begin help soek…kry hom nie in Spar nie, soek weer buite. Volgende oomblik klim hy uit die kattebak uit en lag te heerlik. My agtersitplekke slaan plat en hy het daardeur geklim. Ek het hom net daar gegryp en n MERSKE pakslae gegee. n kar het langs my gestop en n man het uitgespring, en op my afgestorm met die doel om…..? Ek weet nie, maar toe hy naby aan my kom het hy vinnig besef hy beter NIE nou inmeng nie. Ek het by die huis natuurlik mooi met hom gesels. My seun is nou elf, en ek glo nie hy sal ooit weer so iets waag nie. Ouers moet met hul kinders KOMUNIKEER!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.