Centurion-vrou ‘draai by dood om’ na spinnekopbyt

Wilna van der Berg. Foto: Verskaf

Wilna van der Berg. Foto: Verskaf

Die vrou van Centurion wat dodelik siek geword het nadat sy vermoedelik deur ʼn spinnekop gebyt is, sterk tans by die huis aan.

Wilna van der Berg (46), ʼn sakevrou met haar eie nael- en juwele-onderneming, is op 11 April in Mediclinic Midstream opgeneem nadat ʼn bytmerkie op haar ken ʼn abses gevorm het. Sy is ʼn paar dae later ontslaan, maar dieselfde dag in die hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal opgeneem nadat sy gesukkel het om asem te haal.

Maxe Maartens, Van der Berg se suster, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Van der Berg het erge vog op haar longe gehad wat later veroorsaak het dat haar longe platgeval het. “Sy was ongelooflik siek en het by die dood omgedraai.”

Van der Berg is later met septisemie gediagnoseer wat vermoedelik deur die spinnekopbyt veroorsaak is. “Die dokters kon nooit regtig vasstel wat haar gebyt het nie, maar ons dink maar dat dit ʼn spinnekop was,” het Maartens gesê.

Sy het verduidelik dat haar suster nog baie moeg en baie vatbaar vir aansteeklike siektes soos verkoue is. “Sy is nog baie swak en sy kry nie veel gedoen nie. Maar sy is nou darem by die huis en nou kan sy gesond word,” het sy gesê.

Van der Berg se ʼn 11-jarige seun wat tydelik by Maartens gewoon het terwyl sy ma in die hospitaal was, is ook weer terug by die huis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lizelda Jane van rensburg ·

My seun (14) is ook verlede Desember deur wat die hospitaal personeel vermoed het was n spinnekop in sy sy gebyt. Hy was vir n paar dae kritiek en selfs hy het vir my gese mamma daar was oomblikke wat ek nie meer bang was om dood te gaan nie, die dood was net so naby. Sterkte aan Wilna en haar geliefdes en hoop jy herstel vining.

Armando Pellencin ·

Kan iemand wat regtig die goed ken , dalk vir ons sê watter spinnekoppe so gevaarlik is? Spesifiek, die klein springspinnekoppies wat hulle gedurig in jou huis tuismaak, is hulle gevaarlik? Moet mens ALLE spinnekoppe uitwis met Doom? Hulle seker ook ‘n plek in die ekologie? Inligting asb.
Armando.

Illa ·

Jong Armando, ek spuit my huis maar met fendona elke drie maande, in al die hoeke en al langs die vloer- en plafonlyste. Ek vat nie enige kanse nie. Ek is jammer vir die gogga’s wat hul in my huis wil tuis maak, maar na my man een nag op die oor gebyt is deur ‘n spinnekop en hy self ook bitter siek was daarvan, vat ek nie meer kanse nie. Ek moet kies, my gesin of hulle – die keuse is maklik.

ladybug ·

ek is bly ons kry terugvoering oor haar vordering.

Baie sterkte Wilma, hoop jy word gou gesond!

pop ·

Ek is een van daai mense wat swaarkry om enigiets dood te maak. gisteraand het n groot bobbejaan spinnekop juis op my stoep skuiling kom soek teen die koue. Ek het hom maar ingebring en nou sit hy rustig in die kombuis. Armando passop vir daai klein swart springertjies, hulle gee jou septisemia as hy jou byt. Die res is maar skadeloos.

Peet Schabort ·

“n Familielid is ook deur ‘n giftige spinnekop (viool?) gebyt. Hy is vinnig dokter toe nadat die vinger ondraaglik begin jeuk het. Hy en vriende het om ‘n kampvuur gesit en hy was die een wat kaalhande die houtstompe gaan uithaal het vir die vuur. Die vermoede is dat die spinnekop hom toe gebyt het. Die oplossing is natuurlik handskoene. Sorg ook dat jy daardie handskoene wring soos jy ‘n nat lap sal uitdroog. Kyk ook maar in jou skoene en rondom jou vir die gediertes.
Selfs met die dokter se behandeling het die vinger se weefsel op ‘n stadium baie sleg gelyk. So sleg dat die twee ander dokters in die praktyk voorgestel het dat hierdie dokter die vinger moet afsit om die hand te red. Hierdie dokter het egter volhard en die vinger het gesond geword.
Nou wat het hy gebruik? Niks anders as HEUNING.

Issabelle ·

Ek & spinnekoppe is beslis NIE maats nie ….. ek gee nie ‘n HEL om wat se spinnekop in my huis is nie …. hy word vergiftig met gif & dan OOK sommer met vermorsel !!! Dankie … maar nee dankie !!!!
Ek weet viool spinnekoppe, knopie spinnekoppe , sak spinnekoppe is uites gevaarlik & kan dodelik wees …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.