Centurion-vrou gewond ná man op polisie losbrand van binne huis

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man van Mooiplaas in Centurion is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy verskeie skote op die polisie afgevuur en ʼn vrou in die proses gewond het toe lede van die polisie hom by sy huis wou konfronteer.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, sê hulle het na die man se huis gegaan omdat hulle op ʼn wenk gereageer het dat hy moontlik verbind kan word met ʼn reeks misdade wat in die omgewing gepleeg is.

“Die man het van binne die huis op polisielede losgebrand. Hulle moes nog polisielede na die toneel roep, en het die man toe uiteindelik in hegtenis geneem,” sê Moloto.

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is in die skietvoorval gewond, en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie het ook beslag gelê op ammunisie en dwelms.

Volgens Moloto is die man in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ongelisensieerde wapens.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort. Die gewonde vrou se lewe is buite gevaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.