Centurion-vrou in parkeerterrein gevind

mihke-nelMihke Nel (23), die Centurion-vrou wat Dinsdag nagenoeg ses ure lank soek was ná ʼn paniekerige oproep na haar tannie, gaan Woensdag traumaberading ontvang.

Sy het omstreeks 12:20 haar tannie, Mariki Nel, gebel en gesê iemand in ʼn rooi Golf, wat haar “vreeslik terroriseer en intimideer”, agtervolg haar. Mariki het Mikhe aangeraai om na die Lyttelton-polisiestasie te ry, waarna sy haar nie weer in die hande kon kry nie.

Mariki het haar uit desperaatheid tot die Facebook-groep, People Who Live In Centurion, gewend om hulp te soek om Mihke op te spoor. Verskeie rolspelers in die gemeenskap het saamgespan om na haar te soek. Sy het haar tannie omstreeks 18:00 gekontak en gesê sy is veilig. Mihke het omstreeks 20:00 haar verklaring by die Lyttelton-polisiestasie gaan aflê.

Hugo Erasmus, voorsitter van Lyttelton sektor 1 gemeenskapspolisiëringsforum in Centurion, het aan Maroela Media gesê die man in die Golf, met donker ruite en sonder ʼn nommerplaat, het Mihke na bewering in Gerhardstraat in Centurion, tussen die News Cafe en die polisiestasie, van die pad af gedruk deur haar motor liggies te stamp. Sy is daarna uit haar motor gepluk, waarna hy glo haar selfoon gegryp het.

“Mihke was ná die voorval glo erg getraumatiseer en het van daar na Waverley in die Moot gery en in ʼn parkeerarea gaan sit. Haar vriendinne het haar uiteindelik daar opgespoor en haar tannie het haar gaan haal,” het Erasmus gesê.

Volgens Erasmus ondersoek die polisie tans ʼn saak van diefstal, maar verdere aanklagte kan moontlik volg. Die polisie is op soek na die man en die ondersoek duur voort. Mense wat die verdagte motor sien, word versoek om die polisie by 0861 10111 te bel. Die Golf het vermoedelik skade links voor, waar die motor Mihke se motor gestamp het.

Erasmus is vol lof vir die manier waarop die Lyttelton-polisie die saak tot dusver hanteer het en het sy dank en waardering aan die beamptes by die stasie en almal in die gemeenskap wat na Mihke help soek het, uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Hierdie besigheid het vir my ‘n snaakse geur, alles is nie pluis nie.

Uys ·

Ruik ook n rot.
Dis baie ver om te ry as jy bang is. Hoekom nie net 800m verder ry en by Polisie stop nie.
Haar vriendinne is puik speurders. Hul het haar gekry sonder dat sy n foon by haar gehad het, die is mos nou in die besit van die ou in die Golf.

Blom ·

Okay….as iemand jou agtervolg….hoekom maak jy nie EERSTE SEKER JOU DEURE IS GESLUIT NIE want duidelik was dit nie gesluit as sy uit die kar geruk was nie. Iets klink nie heeltemal pluis hier nie… en dan wonder ek ook wie agtervolg jou en vat NET N SELFOON?

sharon ·

Ek weet darem ook nie so lekker v d ene nie. Besef hulle gevolge as dit wan voorstel is?

Kowa ·

Wat gaan aan in Centurion? Kinders en nou volwassenes “verdwyn” en die hele Gauteng is op hol en soek na hulle. Dan word hulle wonderbaarlik “gevind” met die snaakste stories of anders geen kommentaar nie. Wonder of hulle besef hulle stel iemand anders wie regtig ontvoer word se lewe in gevaar met hulle wolf wolf speletjies. Dit is baie onverantwoordelik.

Louis ·

Stem saam, die Oscar, Steenkamp, Van Breda moorde, almal het van die begin geweet wie skuldig is. Hierdie is nog n rolprent wat dit nie op die silver doek gaan maak nie.

Schalk ·

Regtig!?!? Hopelik sien ons die waarheid hier. Die storie maak net mooi geen sin nie,

Gesiggie ·

Sjoe ja… klink nogal Fishy”’ sy kontak haar Tannie 18h00 om haar meetedeel sy is veilig ? maar gaan eers 20h00 na polisie met verklaring ? en hul het haar selfoon gegruip… so het hul dit weer terug gegee ? of van waar af het sy haar Tannie gebel… Net bly sy is ok…. wat het hier gebeur… Maybe n opvolg later.. ??

Irene ·

Maroela Media moet asb meer volledig berig lewer in gevalle soos hierdie. Duidelik word al die feite nie weergegee nie. Ek bedoel nie dat elke klein detail weergegee moet word nie, maar dit is uiters frustrerend dat baie mense na haar gesoek het na aanleiding van die oorspronklike berig, nou is sy gevind en slegs skrapse inligting word gegee. Byvoorbeeld – sy kontak haar tannie om 18:00, maar word eers later deur vriendinne in ‘n parkeerarea opgespoor? Hoe het sy haar tannie gekontak? Hoe het die vriendinne haar opgespoor as sy geen foon by haar gehad het nie? Wat is die tannie se en vriendinne se kommentaar hierop? Wat het sy in haar verklaring gese?

Landi Slatter ·

Dagsê

Ons kan ongelukkig nie in hierdie stadium meer besonderhede bekend maak nie. Die ondersoek duur voort. Maroela Media sal verseker dadelik meer besonderhede beskikbaar maak soos die saak ontwikkel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Takkie Takuuza ·

hehe, ja ek wonder ook of dit ‘n deurmekaar storie of ‘n deurmekaar berig is.

Petro ·

Soortgelyke voorval het laas jaar met een van my kollegas gebeur ook in Centurion.

Die persoon het hom van die pad af gedruk en toe hy uit klim om te sien watse skade is aan die voertuig toe gryp die persoon sy foon en spring in sy kar en ry weg. My kollega het die saak by die polisie aangegee .

Ek verstaan ook nie hoekom so ver ry en nie net Polisie stasie toe ry nie maar dis nie my plek om te oordeel nie.

Dink selfde ·

Daar is reeds `n berugte rooi Golfie wat hier rond ry, en dit keer niemand om die Centurion-groep te volg en die “scapegoat” te vind wanneer hulle aanjaag nie. Dié storie pla my, maar die waarheid sal nog uitkom.

Marietjie ·

Skok kan jou snaakse goed laat doen. Wag en hoor wat die hele storie is. Dankie Maroela dat jul besig is met die opvolg. Bid net elke dag vir my gesin dat God met hul elke dag sal wees. Sterkte aan die familie. Berading beste ding…….

Amanda ·

Maroela moet julle nie maar die kommentaar sluit en uitvee nie. Die vrou het nie vir die bohaai gevra nie. Wie weet waardeer sy is. Die ‘hehehe’ hierbo is vreeslik onvanpas.

Wat-ek-lees ·

Ek vertrou dat die polisie ook voorgaande kommentaar lees en dienooreenkomstig daarvolgens optree want dan is die saak sommer gou opgelos.

Ja jong ·

Ai, ek wonder nou wat is die regte storie, met dié dat daar gerugte is van die vrou wat die ander motor gestamp het nadat sy nie spasie vir hom wou gee waar die dubbelbaan een word nie… En dat sy geweier het om besonderhede vir die ander bestuurder te gee, waarna hy die foon net gegryp het, of dat sy sleg gevoel het, aangehou ry het en self die foon by die venster uitgegooi het nie. Ek hoop net nie almal word `n rat voor die oë gedraai en dat onskuldige mense later gaan ly nie. Ja, daar is `n geregtelike ondersoek, en watter party okal verkeerd is, gaan blootgestel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.