Centurion-vrou veg om haar lewe ná ‘spinnekopbyt’

Wilna van der Berg. Foto: Verskaf

Wilna van der Berg. Foto: Verskaf

’n Vrou van Centurion is in die hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal opgeneem nadat sy vermoedelik deur ʼn spinnekop gebyt is.

Wilna van der Berg (46), ʼn sakevrou met haar eie nael- en juweleonderneming, is op 11 April in Mediclinic Midstream opgeneem nadat ʼn bytmerkie op haar ken ʼn abses gevorm het. Maxe Maartens, Van der Berg se suster, het aan Maroela Media gesê dat Wilna glo deur die nag iets op haar ken gevoel het wat haar laat dink het sy is deur ʼn spinnekop gebyt.

“Ná twee dae in die hospitaal het hulle haar geopereer om die abses te dreineer,” het Maartens vertel. “Sy is ʼn paar dae later ontslaan en ek het haar by haar huis gaan aflaai. Die dokter het vir ons gesê dat sy haarself moet stil hou, omdat hy baie na aan haar lugweg gesny het. Binne 30 minute nadat ek haar afgelaai het, het sy my gebel om te sê sy kry nie asem nie. Ek het haar dadelik gaan haal en na die Unitas-hospitaal toe gejaag.”

Wilna van der Berg is in die hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal opgeneem. Foto: Verskaf

Wilna van der Berg is in die hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal opgeneem. Foto: Verskaf

Volgens Maartens is Van der Berg weer in die hoësorgeenheid opgeneem en Dinsdag na ʼn isolasie-eenheid oorgeplaas. “Sy het erge vog op haar longe en haar hele buik is vol vog. Dit gaan baie sleg met haar,” het sy gesê.

“Die slegste vir ons is dat ons nie antwoorde kry nie. Die dokters werk hard om haar te help, maar niemand sê vir ons wat regtig aangaan nie. Ons weet nie eers of dit wel ʼn spinnekop is wat haar gebyt het nie,” het Maartens gesê. “Wilna is in soveel pyn en moes al so baie deurmaak. Ons wil net weet wat die situasie is en of sy gaan gesond word.”

Van der Berg se ʼn 11-jarige seun woon tans tydelik by Maartens terwyl sy ma in die hospitaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jannie ·

Mag Maroela Media in die berig opskrif aandui dat n vrou om haar lewe veg na n spinnekop byt, as dit nie bevestig is nie. Die dokters en die dame se suster is nog in die donker oor die oorsaak. Julle gaan weer paniek saai onder Centurion se mense

Riaan Slabbert ·

Kan jy sien dat spinnekopbyt in aanhalinstekens is Jannie vannemerwe? Verstaan jy leestekens?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jannie

Baie dankie vir jou kommentaar. Omdat ons nog nie bevesting ontvang het dat dit wel ‘n spinnekop is wat haar gebyt het nie, het ons die woord “spinnekopbyt” in aanhalingstekens in die opskrif van die berig geplaas. Die berig maak dit ook duidelik dat dokters nog nie seker is wat die oorsaak is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jannie ·

Mag Maroela Media in die berig opskrif aandui dat n vrou om haar lewe veg na n spinnekop byt, as dit nie bevestig is nie. Die dokters en die dame se suster is nog in die donker oor die oorsaak. Julle gaan weer paniek saai onder Centurion se mense

Dave ·

Jy’s die enigste paniekerige een, Jannie. Te wyte daaraan dat jy nie weet hoe om leestekens te lees.

Elfie ·

Oeee nou val mense MEKAAR weer persoonlik aan. Wat is dit tog met party mense? Ek hoop vir spoedige beterskap vir hierdie vrou

SNEL ·

Goeiste, dis vreeslik hoe mens se lewe in n oogwink kan verander. Hoop hulle kom gou agter wat fout is met haar en dat sy ten volle sal herstel. Bid vir jou Wilma.

ChristaNam ·

Ai Adri regtig jy is mos nou darm ‘n volwasse mens. Jy kan mos nie sommer so iemand sit en beledig en name noem nie. Jy ken die persoon nie eens persoonlike nie en jy magtig jou die reg aan om so beledigend te wees. A nee a gedra vir jou

Dave ·

Nou wat het Adri kwyt geraak wat jou so opgewen het, Christa? :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.