Chabane-familie soek Malamulele-munisipaliteit

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Collins Chabane se familie het daarop aangedring dat pres. Jacob Zuma ʼn aparte munisipaliteit vir die mense van Malamulele in Limpopo sal oprig, het die City Press Sondag berig.

Hosi Shilungwa Mhinga, Chabane se oom en hoof van die Mhinga-stam, het glo Saterdag tydens die begrafnis aan Zuma gesê Chabane het sy gemeenskap se siening gedeel dat die gebied se versoek om ʼn munisipaliteit toegestaan moet word. Hy het ook versoek dat die nuwe munisipaliteit na Chabane vernoem moet word.

“Dit was sy wens dat Malamulele ʼn munisipaliteit moet kry,” het Mhinga gesê. “As ʼn familie versoek ons ook dat dit die Collins Chabane-munisipaliteit genoem moet word.”

Mhinga het gesê die munisipaliteit sal ʼn infrastruktuur verskaf om die gebied te ontwikkel.

Daar was verlede jaar net voor die algemene verkiesing in Mei betogings in Malamulele en dit het weer vanjaar opgevlam toe inwoners hul eie munisipaliteit geëis het. Die munisipale afbakeningsraad het in Januarie aangekondig dat die gebied nie vir sy eie munisipaliteit kwalifiseer nie. Inwoners voer aan die Thulamela-munisipaliteit kanaliseer sy dienste na die Tshivenda-sprekende dele, eerder as die Xitsonga-sprekende dele.

Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, sy bestuurder en ʼn lyfwag, is op 15 Maart dood in ʼn motorongeluk op die N1, sowat 30 km buite Polokwane. ʼn Vragmotorbestuurder het glo omstreeks 01:00 ʼn u-draai op die snelweg gemaak. ʼn Saak van strafbare manslag word teen die vragmotorbestuurder ondersoek. Hy bly in aanhouding.

Lees alle vorige berigte oor Collins Chabane en Malamulele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Kan ons wat ons munisipale rekenings betaal dan nie maar ook aandring dat ons ons eie munisipaliteite kry om weg te kom van die disfunksionele kaders wat ons dorpe en stede se vooruitgang deur korrupsie en loafende amptenare plunder nie.

jaycee ·

Genade tog. Hoe dink die mense? Skep ‘n nuwe munisipaliteit met groot koste terwyl die antwoord voor die handliggend is: maak net seker dat die nodige fondse korrek gekanaliseer word.

anet ·

Hulle hammer so op die vragmotorbestuurder wat onder die invloed was, en ek trek die verklaring in twyfel nie, maar die motorbestuurder soos wat berig was, het ook teen ‘n snelheid van so plus minus 200km per uur gejaag, so daar is eintlik twee skuldiges in die ongeluk

Tammy ·

Ja, Anet ek dink jy het reg, toe ek die fotos van die ongeluk sien het ek dadelik gese “hier is n slang in die gras” Daar is beslis meer as een skuldige hou maar dop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.