Besonderhede van die ongeluk waartydens Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, en twee van sy lyfwagte gesterf het, is bekend gemaak.
“Minister Chabane en die twee lyfwagte is op slag dood toe ʼn vragmotor glo reg voor hul motor ʼn u-draai op die N1 in Polokwane gemaak het,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, aan Eyewitness News gesê.
Die ongeluk het omstreeks 01:00 Sondagoggend plaasgevind.
Kodwa het Chabane beskryf as een van die “mees toegewyde kaders” van die ANC se strugglebeweging. “Hy het die beginsel verstaan dat ons die mense moet dien, en nie onsself nie.”
President Jacob Zuma het gesê die minister se ontydige afsterwe is ʼn groot verlies vir sy kabinet en die land in sy geheel. “Ons is diep geskok en hartseer oor hierdie ontydige afsterwe van ʼn uitnemende kader van ons vryheidstruggle en ʼn bekwame, gerespekteerde lid van die kabinet op wie mens kon staatmaak,” het Zuma gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Sal graag wil weet teen watter spoed die blouligbrigade gejaag het toe die ongeluk gebeur het, want wanneer ek teen 120 km/u op die pad ry gaan hulle altyd teen n spoed verby dat dit lyk asof ek parkering soek. Onnodig om te se dat die kader se begrafnis weer n hap uit die staatskas sal neem.
Dit is jammer vir enige persoon wat sy lewe verloor. Maar ek sal graag ook wil weet teen watter spoed hulle gery het. N vragmotor is nie soos n kar wat stilstaan en skielik voor jou staan soos n kar wanneer hy n u-draai maak nie. Sover ek ook weet het daardie bestuurders van die ‘Blou lig brigade’ gevorderde bestuursopleiding. Ek dink darem n mens kan die gevaarligte sien aankom sodra n trok n u-draai gaan maak! So much vir ons gevorderde bestuursopleiding as hulle nie eens die pad kan ‘lees’ en n trok mis nie!!! Net jammer ons sal… Lees meer »
Daar is miljoene Suid Afrikaners wat, vanwee hul heenkome, nie ‘n benul het van motor bestuur nie. ‘n Motor is ‘n vreemde westerse ding.
Pieter Celliers,jy slaan die spyker op sy kop..
Een van die redes waarom ek die land verlaat het is die negatiewe opmerkings van sommige afrikaners. Ek skaam my vir julle. Sterkte aan mnr Chabane se familie.