Chabane het in ongeluk met vragmotor gesterf

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Besonderhede van die ongeluk waartydens Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, en twee van sy lyfwagte gesterf het, is bekend gemaak.

“Minister Chabane en die twee lyfwagte is op slag dood toe ʼn vragmotor glo reg voor hul motor ʼn u-draai op die N1 in Polokwane gemaak het,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, aan Eyewitness News gesê.

Die ongeluk het omstreeks 01:00 Sondagoggend plaasgevind.

Kodwa het Chabane beskryf as een van die “mees toegewyde kaders” van die ANC se strugglebeweging. “Hy het die beginsel verstaan dat ons die mense moet dien, en nie onsself nie.”

President Jacob Zuma het gesê die minister se ontydige afsterwe is ʼn groot verlies vir sy kabinet en die land in sy geheel. “Ons is diep geskok en hartseer oor hierdie ontydige afsterwe van ʼn uitnemende kader van ons vryheidstruggle en ʼn bekwame, gerespekteerde lid van die kabinet op wie mens kon staatmaak,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Sal graag wil weet teen watter spoed die blouligbrigade gejaag het toe die ongeluk gebeur het, want wanneer ek teen 120 km/u op die pad ry gaan hulle altyd teen n spoed verby dat dit lyk asof ek parkering soek. Onnodig om te se dat die kader se begrafnis weer n hap uit die staatskas sal neem.

Franscois ·

Dit is jammer vir enige persoon wat sy lewe verloor. Maar ek sal graag ook wil weet teen watter spoed hulle gery het. N vragmotor is nie soos n kar wat stilstaan en skielik voor jou staan soos n kar wanneer hy n u-draai maak nie. Sover ek ook weet het daardie bestuurders van die ‘Blou lig brigade’ gevorderde bestuursopleiding. Ek dink darem n mens kan die gevaarligte sien aankom sodra n trok n u-draai gaan maak! So much vir ons gevorderde bestuursopleiding as hulle nie eens die pad kan ‘lees’ en n trok mis nie!!! Net jammer ons sal seker nooit die ware storie hoor nie….en die trok drywer sal seker maksimum gevangenis kry aangesien dit n Kader is wat oorlede is!!

Pierre Celliers ·

Daar is miljoene Suid Afrikaners wat, vanwee hul heenkome, nie ‘n benul het van motor bestuur nie. ‘n Motor is ‘n vreemde westerse ding.

ANNERIE ·

Een van die redes waarom ek die land verlaat het is die negatiewe opmerkings van sommige afrikaners. Ek skaam my vir julle. Sterkte aan mnr Chabane se familie.

Sarel ·

Dis beter dat jy weg is Annerie. Ons gaan sterk mense nodig he om die land weer op te bou. Dis darem drasties om die land te verlaat oor n paar mense se woorde wat dalk nie te ver van die waarheid af is nie.

Ben ·

Wonder wat die ander redes is as mede Afrikaners een van die hoof redes is..

Righard ·

Kom bly weer hier in suid afrika dan sal jy net so gatvol wees soos ons. Moet jou nie skaam as jy nie die vaagste benul het nie.

petra van vuuren ·

sjeim! is jy dan ‘n lafaard? Ek isi gepla oor sulke goed nie!
Ek is bly ek isi deel van jou mede persone nie!

ig ·

Ek dink hulle het 200 km per uur of meer gery soos gewoonlik en ou Johnny(Walker) was mede bestuurder.

Gerhard Bezuidenhout ·

Annerie ja dit is beter dat jy landuit is . Verloopte Afrikaners soos jy het ons nie nodig nie. Moet asb nie ons koerante lees nie en bepaal jou aandag op jou nuwe tuisland. Jy het skynbaar nie n idee waarmee ons ELKE dag moet worstel nie . Jou huis word nie gemerk nie en jy hoef seker ook nie oor jou skouer te loer nie. Saans kan jy en jou gesin buite sit sonder bekommernis. Totsiens.

Rina ·

Hallo Annerie, ek is bly jy kon nog uit die land gaan. Die wat nou hier bly, moet maar bly want alle lande maak die grense nou toe vir Suid-Afrikaners. Hoe weet bestuurders dan nie ons ry stadiger in die nagtelike ure nie?

Gert Hartzenberg ·

Dis n baie hartseer dag vir elke Suid Afrikaner. Ek kan nie glo dat iemand wat so baie bereik en gedoen het vir een ek elk in die land op so tragiese onnodige manier tot sy einde moes kom.
Ons harte gaan uit na sy familie en almal wat na is aan hom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.