Chabane-ongeluk: Trokdrywer bly in aanhouding

Die wrak van die motor waarin minister Collins Chabane, sy bestuurder en sy lyfwag gery het (15 Maart 2015) Foto: @Thabiso_Dlamini, Twitter

Die wrak van die motor waarin minister Collins Chabane, sy bestuurder en sy lyfwag gery het (15 Maart 2015) Foto: @Thabiso_Dlamini, Twitter

Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die botsing waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, dood is, het Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Amukelani Rikhotso het vlugtig in die hof verskyn en sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning. Die hof het aanvanklik gelas dat Rikhotso weer op 6 April in die hof moet verskyn. Die datum sal na verwagting verander word aangesien dit ʼn vakansiedag is.

Die staat het aangedui dat hy borgtog sal teenstaan indien Rikhotso hiervoor aansoek doen. Chabane se familie sowel as talle joernaliste was in die hof. Rikhotso staan tereg op aanklagte van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van alkohol. Hy is nie in die ongeluk beseer nie.

’n Roudiens vir Chabane word Donderdag by die Pretoria-stadsaal gehou. Hy sal Saterdag in Malamulele in Limpopo ter ruste gelê word.

Chabane, sy bestuurder en ʼn lyfwag is Sondagoggend dood nadat hul motor op die N1-hoofweg naby Polokwane teen ʼn vragmotor gebots het. Die vragmotor het glo ʼn U-draai gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter vanZyl ·

Ja nee nou sal hy boet, maar van die spoed word daar nie gepraat nie.

scalla ·

6 April, baie goed met uitstelle, weet die hof nie dit is n amptelike vakansiedag nie, hoekom is ander bloedtoetse nie so vinnig beskikbaar nie, hoop die bestuurder se uitslag is ook bekend, dit wys mos dit kan gedoen word.

Rupert Ashford ·

Ek het self gewonder of die bestuurder se bloed ook getoets is.

KarooKlong ·

Niemand praat van hoe vinnig jy moet ry om ‘n voertuig soos ‘n sardietjie blik oop te sny nie.
Waar staan die wet of padreel dat jy nie mag omdraai nie?

Dave ·

Jy mag die omdraai nie gesuip doen nie. Nie eens reguit ry nie.
Die berigskrywer kon egter nog ‘n sin of twee bygevoeg het deur te vertel dat dit vir ‘n voertuig teen ± 200kmu miskien onvermydelik of ten minste uiters moeilik sou wees om die ongeluk te vermy, veral as dit miskien nie ‘n ervare bestuurder was. Die reeks klagtes ten die bestuurder behoort hom egter te hou waar hy is want hy word (soos die koerantmense so graag sê, ‘na bewering’ vir ‘n reeks ander oortredings ook gesoek. Hy klink soos een wat van die pad gehou moet word. Die anc en hul motorbestuurders ook.

Maronel ·

Ek twyfel of die bestuurder van die trok rerig oor sy limiet was. Ongelukkig moet almal die skuld kry behalwe die ministers met hul trawante. As dit nou sommer enige outjie van die straat was wat in die ander motor was, was dit seker sy skuld. Veral as hy wit was….Maar nou is dit mos Mnr. Minister. Besef die polisie dan nie dat Minister met sy trawante party gehou het nie. Ek weet dit is ‘n begrafnis, maar na dit word daar mos fees gevier vir almal wat agter bly….

ladybug ·

Ja van die 200 km per uur se jaagtog is daar geen sprake nie. Was dit nou natuurlik blankes wat dood is, het die trok bestuurder vry gekom en nie eens aangekla nie!

Leonie ·

Dis net baie vreemd, dat Chabane se bestuurder nie die trok gesien het nie aangesien dit ‘n reguit oop stuk pad is. Hy het met so helse spoed gery dat hy in elk geval nie ‘n clue sou gehad het wat om te doen nie. Volgens my is altwee ewe skuldig. Jy mag om geen omstandighede ‘n u-turn maak nie maar daar is sekere Suid-Afrikaners vir wie dit ‘n moet is om so iets te doen. Die bloulig-brigade het ook nie altyd nodig om te jaag asof die Hel op hulle sit nie. Maar nou ja, dit kry jy as jy dink die pad behoort aan jou en jy het altyd “right of way”!

Peet Schabort ·

Stem saam Leonie maar teen, volgens verslae, 200km/h sou dit geen verskil gemaak het of hy die trok gesien het al dan nie. Hulle het 55m/sek. ‘gevlieg’ wat meer is as die helfte van die lengte van ‘n rugbyveld. Kyk by http://visualexpert.com/Resources/reactiontime.html waar daar gesaghebbend verslag gedoen word oor reaksietyd. Reaksietyd word veralgemeen as 1,5sek. en hulle het dus 83m afgelê waar daar nou eers BEGIN word met die werklike remproses waar hulle alreeds meer as 3/4-lengte van ‘n rugbyveld afgelê het. Nou begin die spoedvermindering en nog afstand wat dan meer is as ‘n rugbyveldlengte om stil te hou. Selfs teen 120km/h sal jy moet bontstaan want dan draf jy 33m/sek. Neem ons ‘n lagwekkende 80km/h dan is dit 22m/sek. wat meebring dat jy na 33m BEGIN om te rem. Ek het by twee voorvalle in Namibië betyds kon reageer toe koedoes voor my oor die pad gehardloop het. In die een moes ek met ‘n sleepwa agteraan saam met die koedoe oor die pad beweeg. In beide was ek egter bedag daarop en het ook ‘voortgejaag’ teen 80km/h. Wanneer spoed misbruik word wag ernstige gevolge vir jou. “Moet nooit mak raak vir iets” het my pa gemaan.

JZ ·

Ek het geen gevoel vir die blou lig brigade nie,Hulle ry onbeskof dink hulle is verhewe bo ander,steur hul ook nie aanpad reels nie,is net n klomp kaartmannetjies.

Francois ·

Ek wonder of hulle die bestuurder van die motor ook getoets het vir alkohol? Hulle was immers op pad terug van ‘n begrafnis…en soos ons almal weet hou hulle mos groot makietie na die tyd..

Nina ·

Geen sprake van die 200km/h plus en die feit dat die bestuurder reg onderdeur daai trok is en eers 100 meter plus verder teen ‘n ‘barrier’ tot stilstand gekom het nie? ook nie dat die trok klaar so te s136 aan die anderkant van die pad was nie? Pateties!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.