Chabane-ongeluk: Trokdrywer in hof

Die wrak van die motor waarin minister Collins Chabane, sy bestuurder en sy lyfwag gery het (15 Maart 2015) Foto: @Thabiso_Dlamini, Twitter

Die wrak van die motor waarin minister Collins Chabane, sy bestuurder en sy lyfwag gery het (15 Maart 2015) Foto: @Thabiso_Dlamini, Twitter

Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die ongeluk Sondagoggend waartydens min. Collins Chabane, sy bestuurder en ʼn lyfwag dood is, sal na verwagting Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Die vragmotorbestuurder het glo omstreeks 01:00 Sondag ʼn U-draai op die N1-hoofweg naby Polokwane gemaak toe Chabane se VW Touareg daarteen gebots het. Chabane, die minister van staatsdiens en administrasie, en sers. Lesiba Sekele en sers. Lawrence Lentsoane is in die ongeluk dood.

Die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem en ʼn saak van strafbare manslag is teen hom aanhangig gemaak. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het oor die naweek gesê die vragmotorbestuurder was moontlik onder die invloed van alkohol.

Volgens Otto is daar ʼn blaastoets gedoen toe die bestuurder in hegtenis geneem is. Hy is ook vir bloedtoetse na ʼn hospitaal geneem.

Marius Luyt, woordvoerder van die AA, het aan The Star gesê indien die minister se motor binne die spoedgrens gery het, moes dit betyds kon stilhou.

Genl.maj. Joseph Maepa, groepbevelvoerder in Polokwane, het aan The Star gesê die vragmotor se lisensie het verlede jaar verval en die vragmotorbestuurder moet nog antwoord op ʼn saak van dronkbestuur in Ekurhuleni en ʼn aanrandingsaak in Giyani.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

se-net ·

Hulle jaag ALTYD, so ek glo ook as hul regte spoed gery het, sou dit nie gebeur het nie!!!

scalla ·

Ek dink dit is beide partye se skuld, hoop n bloedmonster van die motorbestuurder is ook geneem, spoed bly die faktor

stephan ·

As mens sien hoe lyk daai motor het daai bestuurder naby die 180km/h gery. Wonder of sy blou liggies ooit aan was? Hulle ry asof die tokolosh agter hulle aan is. Maar die trok drywer was ook verkeerd. 2wrongs doe not make aright.

Charlene ·

As jy daai kar so kyk is ek so seker die bestuurder het nie by spoed gehou nie. Jy kan duidelik sien hy het gejaar. Maar die trok drywer is nie so onskuldig nie.

ig ·

Stem Charlene,hy is skuldig daaraan dat hy almal n guns gedoen het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.