Chabane-ongeluk: Trokdrywer kry borg

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die botsing waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, sy bestuurder en lyfwag dood is, is Dinsdag borgtog van R5 000 toegestaan.

Amukelani Rikhotso het vlugtig in die Polokwane-landdroshof in Limpopo verskyn op drie aanklagte van strafbare manslag. Die saak is tot 15 Mei uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het in die vroeë oggendure van Sondag 15 Maart op die N1-hoofweg naby Polokwane plaasgevind. Rikhotso het glo ʼn U-draai voor Chabane se motor gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

En outomaties is die oorledenes onskuldig, as jy na die wrak kyk moes dit teen n baie hoe snelheid die trok getref het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.