Amukelani Rikhitso (29) het in die Mankweng-landdroshof in Limpopo skuldig gepleit op drie aanklagte van strafbare manslag, bestuur onder die invloed van alkohol en roekelose of nalatige bestuur.
Rikhotso het ’n sewe bladsy lange skulderkenningsverklaring by die hof ingedien. “Ek het berou omdat ek oor die wettige perk was. Ek het berou oor my optrede en weet dit is wetlik strafbaar,” het hy gesê. Volgens Rikhotso was dit nie sy bedoeling om te drink en te bestuur nie. Rikhotso is gevolglik skuldig bevind aan die aanklagte teen hom en sal op 15 Junie gevonnis word.
Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het in die vroeë oggendure van Sondag 15 Maart 2015 op die N1-hoofweg naby Polokwane plaasgevind. Rikhotso het glo ʼn U-draai voor Chabane se motor gemaak.
Lees alle vorige berigte oor Collins Chabane op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Dit was nie sy bedoeling om te drink en te bestuur nie!!???? Nou hoekom het hy dan gedrink EN bestuur??? Sy logika verstom my.
Jou berou is te laat! Die enigste rede omdat jy berou nou skielik het is oor jy gevang was en tronk toe gaan. Ek is moeg vir mense wat onder die invloed van alkohol/dwelms bestuur en dan ongelukke veroorsaak en wanneer iemand seer gekry het of dood is dan is hulle skielik so verskriklik jammer en vol berou! Niks wat hy nou gaan sê gaan die mense wat dood is, terug bring nie!! Sy skielike vals berou gaan nie die mense terug bring en die mense wat agterbly se harte gaan heel maak nie! Die dood is finaal en ek… Lees meer »
o maar dit is oraait as die blouligte brigade iemand se dood op die pad veroorsaak ek het nog nerens gelees dat een van hulle vervolg word nie
Al was die ou dronk, is Chabane se bestuurder ook aandadig, want hy het belis nie by die spoedgrens gehou nie. As hy by die spoedgrens gehou het, kon hy die ongeluk selfs verhoed het.
Geen simpatie van my kant. Waar het Chabane en gespuis vandaan gekom daar tyd van die oggend, sy bestuurder was dalk ook onder die in vloed van drank of drags en dan natuurlik was die spoed hoog want ons jaag mos soos besetines want dis mos ‘n minister en die blou ligte is aan. Ek maak geen sins vir hulle pad op die N4 as ek hulle sien aankom nie. Hy moet maar sy kans afwag en asb moet my nie aansien as ‘n rassis nie, ek is n gewone padverbruiker wat al my duties en belastings betaal.