Chabane-ongeluk: Trokdrywer skuldig bevind

Amukelani Rikhotso. Foto: ANA

Amukelani Rikhotso. Foto: ANA

Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die botsing waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, sy bestuurder en lyfwag dood is, is op verskeie aanklagte skuldig bevind.

Amukelani Rikhitso (29) het in die Mankweng-landdroshof in Limpopo skuldig gepleit op drie aanklagte van strafbare manslag, bestuur onder die invloed van alkohol en roekelose of nalatige bestuur.

Rikhotso het ’n sewe bladsy lange skulderkenningsverklaring by die hof ingedien. “Ek het berou omdat ek oor die wettige perk was. Ek het berou oor my optrede en weet dit is wetlik strafbaar,” het hy gesê. Volgens Rikhotso was dit nie sy bedoeling om te drink en te bestuur nie. Rikhotso is gevolglik skuldig bevind aan die aanklagte teen hom en sal op 15 Junie gevonnis word.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het in die vroeë oggendure van Sondag 15 Maart 2015 op die N1-hoofweg naby Polokwane plaasgevind. Rikhotso het glo ʼn U-draai voor Chabane se motor gemaak.

Lees alle vorige berigte oor Collins Chabane op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Fransie ·

Dit was nie sy bedoeling om te drink en te bestuur nie!!???? Nou hoekom het hy dan gedrink EN bestuur??? Sy logika verstom my.

Karma ·

@Fransie – ek het eers ook só gedink … dit was nie sy bedoeling om te drink en te bestuur nie, maar tog het hy dit gedoen? Toe dink ek weer: dalk het hy ‘n paar biere weggeslaan die vorige dag/aand. Hy het toe gaan rus en toe hy wakker word het hy nie-wetende steeds oor die wettige vlak, agter sy voertuig se stuur ingeklim en gery.

Woedend ·

Jou berou is te laat! Die enigste rede omdat jy berou nou skielik het is oor jy gevang was en tronk toe gaan. Ek is moeg vir mense wat onder die invloed van alkohol/dwelms bestuur en dan ongelukke veroorsaak en wanneer iemand seer gekry het of dood is dan is hulle skielik so verskriklik jammer en vol berou! Niks wat hy nou gaan sê gaan die mense wat dood is, terug bring nie!! Sy skielike vals berou gaan nie die mense terug bring en die mense wat agterbly se harte gaan heel maak nie! Die dood is finaal en ek hoop dit jaag hom vir sy res van sy lewe! Mense soos hy moet vir die res van hulle lewe toe gesluit word sodat ons wat werklik onskuldig is nie seer gaan kry deur hulle selfsugtige dade en aksies nie!!! Ek bid vir die mense wat agter bly en moet probeer aan gaan met hulle lewens. Ek dink aan julle.

NET EKKE ·

o maar dit is oraait as die blouligte brigade iemand se dood op die pad veroorsaak ek het nog nerens gelees dat een van hulle vervolg word nie

Frederik ·

Al was die ou dronk, is Chabane se bestuurder ook aandadig, want hy het belis nie by die spoedgrens gehou nie. As hy by die spoedgrens gehou het, kon hy die ongeluk selfs verhoed het.

NEL ·

Geen simpatie van my kant. Waar het Chabane en gespuis vandaan gekom daar tyd van die oggend, sy bestuurder was dalk ook onder die in vloed van drank of drags en dan natuurlik was die spoed hoog want ons jaag mos soos besetines want dis mos ‘n minister en die blou ligte is aan. Ek maak geen sins vir hulle pad op die N4 as ek hulle sien aankom nie. Hy moet maar sy kans afwag en asb moet my nie aansien as ‘n rassis nie, ek is n gewone padverbruiker wat al my duties en belastings betaal.

Isabella ·

Liewe NET EKKE Ek is bly jy opper die ander slagoffers. My pa is in Desember deur hulle doodgery. Die skuldige nog steeds vry, maar ek en my broer het saam die polisie gewerk om bewyse teen hom te kry. Ons het self “footage” van n motorhawe gekry wat bewys hulle het teen ongeveer 200km per uur gery, en dit was nie n amptelik rit nie want die Minister wat eers ontken het hy was in die voertuie se eie kinders was in die Jeep (die 2de voertuig wat my pa getref het) en hy was self in die 1ste Kar. Ek wil nou n klag teen hom laat le van growwe nalatigheid teen sy kinders want hoe ry jy in n voertuig wat jy toelaat om 200km per uur te ry en die voertuig agter jou volg direk op jou teen jouselfde spoed

Jan maak n Plan ·

As ek n advokaat was het ek hierdie drywer se saak gevat. Al het hy sogenaamd n u draai gemaak kon die ander motors met gmak die ongeluk vermy het maar nie teen die spoed wat hulle gery het nie. Net om deur die berig te lees ruik ek n vet rot.

jaco ·

n swart man is vir n swart man se moord verantwoordelik en hy word skuldig bevind. Dis BAIE vreemd. Dalk is daar dus nog hoop vir bietjie onpartydigheid en regverdigheid in ons regstelsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.