Chabane: Trokbestuurder word van strafbare manslag aangekla

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

Minister Collins Chabane Foto: Departement van kommunikasie (GovernmentZA Flickr)

ʼn Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak teen die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die ongeluk waartydens Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, sy lyfwag en sy bestuurder gesterf het.

“ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man is nie in hegtenis geneem nie. Ons sal ondersoek instel en dan die dossier na die hof neem sodra dit gereed is vir ʼn besluit.”

Die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie.

“Die ongeluk het omstreeks 01:00 tussen Polokwane en Mokopane (Potgietersrus) plaasgevind,” het Otto bevestig. “Volgens die voorlopige ondersoek het die vragmotor ʼn u-draai op die snelweg gemaak toe die minister se motor dit getref het.”

Lees alle vorige berigte oor Collins Chabane op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marianna ·

Wil net weet hoe goed was die motor se ligte en die spoed waarmee die motor gery het?

marianna skontorp ·

Sal graag wil weet hoe goed die ligte van die motor is en die spoed waarmee daar gery is.

Paul ·

Julle opskrif is misleidend. Niemand word van enigiets aangekla nie. Teen hierdie tyd behoort dit algemene kennis te wees dat dit standaard praktyk is van die SAPD om ‘n strafbare manslag dossier te open waar mense gesterf het tydens ‘n ongeluk.

Neptunus ·

Jy is seker nie in diens van die SAPD nie. Daar is bitter min standaard praktyke wat bestaan, en in elk geval, dinge word nie uit gewoonte gedoen nie maar op grond van “Staande Orders”. As ‘n lid ‘n dossier aangelê het teen die trokbestuurder en hom verwittig het dat ‘n strafbare manslagsaak teen hom ondersoek word, en hom van sy grondwetlike regte ingelig het is hy “aangekla” wat die SAPD betref. Die aanklaers (NVG) sal besluit of die klag moet voortgaan in die hof.

CHRISTA ·

Ek rapporteer weekliks aan die Ekurhuleni Metropolisie probleemareas in Edenvale, Kempton Park en selfs Germiston, maar elke keer trek hulle net hulle skouers op en beweer dis nie hulle area nie. Dalk sal die land se Metropolisie nou meer belangstel as jy probleme aan hulle rapporteer, want roekelose bestuur affekteer nou selfs ons ministers. Dit blyk asof hulle net in uitstaande boetes belangstel!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.