Chanelle Henning: Man se verhoor begin

Chanelle Henning

Chanelle Henning

Die verhoor van Nico Henning, wat daarvan beskuldig word dat hy die meesterbrein agter sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, se moord is, begin na verwagting Maandag in die hooggeregshof in Pretoria.

Nico Henning het homself op 6 Desember 2013 aan die polisie in Villieria, Pretoria, oorgegee ná die moord op Chanelle (26). Sy is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Henning is in Desember 2013 onder streng voorwaardes op borgtog van R10 miljoen vrygelaat. Hy en Chanelle was besig om te skei en in ʼn hewige stryd gewikkel om toesig oor hul seuntjie te kry. Henning word van moord en sameswering tot moord aangekla.

Ambrose Monye en Andre Gouws dien lewenslange tronkstraf uit in verband met die moord op Chanelle. Die voormalige polisieman Gerhardus du Plessis en sy vriend, Willem Pieterse, het al twee skuld beken op die moord en is elk tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Henning is in hegtenis geneem kort nadat Gouws getuig het hy het hom R1 miljoen aangebied om sy vervreemde vrou te vermoor.

Monye het erken hy het as tussenganger opgetree en die huurmoordenaars gereël nadat Gouws hom R50 000 aangebied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Piet ·

Eintlik is dit so duidelik soos daglig dat Nico Henning die meesterbrein was. As daar nou in een geval n “Gerrie Nel” nodig was dan is dit nou hier.

Pleks van ·

Pleks van hy hierdie saak gevat het, hier het ons ‘n foxterier nodig, regtig sad.

Anoniem ·

Piet ek stem saam maar soos gewoonlik sal Henning se geld die uitslag bepaal.

Ina ·

Wat het van die klein seuntjie nou geword? My hart sommer seer oor die kleinding.

Antie ·

Die seuntjie is by sy oupa en ouma aan moederskant, so hy is veilig

Pleks van ·

Veilig, vir hoe lank, hiermee kry Henning nou weer die pas om sy hande op daai kindjie te sit. Julle moet asb jul sekuriteit veilig maak, verander jul reis gewoontes gereeld.

Alida ·

Dit is nou 5 jaar later en die verhoor begin nou eers !!!!!

Se maar net ·

Eerder langer en die saak goed doen..Baie dinge tussen in ook soos om die ander in die tronk te hou het Gerrie besig gehou ..Mis jou Nellie dink aan jou Fam hoop al kom nou tot op n end ..Nico hoop jy sit lank oor n pragmens wat jy van ons weg ge ruk het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.