Chanelle Henning-moord: Aanklagte teruggetrek

Chanelle Henning.

Chanelle Henning.

Die staat het Maandag alle aanklagte teen Nico Henning, wat daarvan beskuldig was dat hy die meesterbrein agter sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, se moord was, teruggetrek.

Adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het in die hooggeregshof in Pretoria gesê die staat is nie nou gereed om met die saak voort te gaan nie en trek daarom die aanklagte terug. Volgens mediaberigte wou Henning se regsverteenwoordiger nie kommentaar lewer nie. Hy het slegs gesê hulle neem kennis daarvan dat die aanklagte teruggetrek is.

Nico Henning het hom op 6 Desember 2013 aan die polisie in Villieria, Pretoria, oorgegee ná die moord op Chanelle (26). Sy is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Henning is in Desember 2013 onder streng voorwaardes op borgtog van R10 miljoen vrygelaat. Hy en Chanelle was besig om te skei en in ʼn hewige stryd gewikkel om toesig oor hul seuntjie te kry.

Ambrose Monye en Andre Gouws dien lewenslange tronkstraf uit in verband met die moord op Chanelle. Die voormalige polisieman Gerhardus du Plessis en sy vriend, Willem Pieterse, het al twee skuld beken op die moord en is elk tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Henning is in hegtenis geneem kort nadat Gouws getuig het hy het hom R1 miljoen aangebied om sy vervreemde vrou te vermoor. Monye het erken hy het as tussenganger opgetree en die huurmoordenaars gereël nadat Gouws hom R50 000 aangebied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Geskok ·

Moet sê, ek is regtig geskok, hier het 1 van 2 dinge gebeur of groot geld gevloei of swak ondersoek werk. Wel gelukkig het ons almal darem ‘n gewete en daarvan kan jy nooit wegkom, geen geld, geen slim kans niks.

Jakes ·

Geskok, realiteit is geld praat- soos berug besit Nico bates en kon 2mil borg betaal! Wat verdien die Konstabel ondersoek beampte per jaar??? Hande is gewas, maar hy moet saans slaap ook.

Hendrik Jordaan ·

Borgtog van R10.000.000,00? Daar mag ons veronderstel dat hy redelik ook bates beskikk het. Ons weet dalk nie hoekom die saak teruggetrek het, maar ons ken nou ‘n motief vir die egskeiding. Ek kry die gevoel daar is dalk meer betrokke by hierdie saak.

Heila Fourie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat almal sover moord gepleeg het skotvry daarvan afkom en dan is daar nog diegene wat met ‘n Bybel onder die arm loop wat die moordenaars so ophemel en dan nog sê wie is ons wat moordenaars veroordeel!
Wel ek veroordeel almal wat moord gepleeg het en skotvry daarvan afkom!
Ek is so kwaad ek kan ‘n opgepofde pofader soen!
Heila Fourie

Van Tonder ·

Heila, mens noem dit beskawing. Het jy al gesien hoe word mense sommer van heksery of toordery beskuldig n dan brand die gemeenskap hulle dood of gooi dood met klippe.
Sal jy daarvan hou as jou buurman jou sommer beskuldig van iets en jy word doodgemaak, sonder n behoorlike verhoor?
So al hierdie moordenaars waarvan jy praat is onskuldig as die hof so besluit het.
As jy anders dink moet jy n staatsaanklaer gaan word en dan wys jy ons hoe dit gedoen word, want Heila “dink” hulle is skuldig

Lelanie ·

Heila, ek stem saam jou!! Dis terrible hoe d ander party net wegkom daarmee. Gelukkig moet hul eendag verduidelik… En d wiel draai….
@ van Heerden, dis nie Heila wat besluit hy is skuldig nie, ek dink d meerderheid v mense dink/weet so. Dis d skokkende opvolg werk wat pateties is.

Retha ·

Money talks en nou is mnr. aanklaer se go ook uit. Nou kry hy sy R10 miljoen borg en gaan hy laat waai. Hoe onnosel kan hulle wees.

Ken ·

Nee man, onmoontlik…….. Hier gaan iets anders aan…. Die moordenaars het dan beken hulle is geld aangebied deur hom vir die moord. Hoe op dees aarde kan die staat klagtes terugtrek? Dalk ken ek net nie die regstelsel goed genoeg nie, maar hierdie klink pateties.

Hannelie ·

WAT ?????!!!!! Die mat is skoon onder my voete uitgeruk. Die mense wat die daad gepleeg het sit, maar die meesterbrein se saak teen hom is terug getrek. I REST MY CASE !!! Gooi sommer al die sake uit van die moordenaars. Haar ouers wil net afsluiting hê.

Ssrita ·

Hoe werk dit….hy het homself gaan oorgee 2013….. Nou stap hy uit die hof n vryman…..
Wat gaan met ons Reg….
Dit is skokkend…..ek volg die storie al vanaf die begin en het altyd geweet hy was die baasbrein agter alles…nou dit…..
How moet haar ouwrs voel oor hulle pragtige dogter…

Rustig ·

Bedaar mense bedaar. Geregtigheid sal geskied ! Gee kans. Gerrie weet wat hy doen.

Pierre de Villiers ·

Snel die man het homself nie oorgegee omdat hy skuldig is nie. Hy is deur een van die ander beskuldigdes by die saak betrek en hom toe oorgegee. Dit is maar hoe dit werk. Hy bly egter n verdagte en kan met verdere ondersoek weer aangekla word.

Anoniem ·

Stadig mense. Liewer meer bewyse insamel as wat Henning se miljoene hom uit die tronk hou. Gee kans Gerrie sal nie dat moordenaars weg kom nie!!!

Sus ·

PJ, gee kan tot wanneer??? Die moord is al jare gelede gepleeg! Die skurk loop nou vry en ek wed jou, hy is op pad om Chanelle se ouers hel te gee vir toesig oor die seuntjie. Skokkend!! Geld het definitief gepraat.

Van Tonder ·

Ek is net dankbaar meeste ouens hier is nie betrokke by ons regstelsel nie.
Jy kan nie net daar voor jou komputer sit en dink iemand is skuldig nie. Jy moet dit kan bewys.

As voorbeeld, ek is seker meeste van die wat nou so tekere gaan het, toe die eerste berigte oor Griekwastad moorde gedink dit is n plaas aanval en weer alles en almal daarvoor blameer. En toe?

Ek “dink” ook hy is skuldig, maar niemand gaan gevonnis word omdat ander so “dink” nie.

Gert ·

Stem 100% saam Van Tonder. Verhoor deur die oningeligte publiek is en was nog nooit suksesvol nie.

Sê net ·

Los tog nou die Oscar Pistorius saak uit. Hy hét immers ‘n moord gepleeg. Gerrie Nel sál iemand aankla wanneer hy genoeg bewyse het om voor die hof te lê vir ‘n skuldigbevinding. Laat die ondersoekbeamptes eers hul werk afhandel dan kan hy sý werk doen.

Rina ·

PJ ek skaar my by jou opinie! Gerrie is ‘n slim man en uitmuntende advodaat.

Koos1 ·

Eish, ek het nie geweet ons het soveel regsgeleerdes op die forum nie!
Kom ek verduidelik gou iets aan julle. Die saak is terug getrek. Gerrie Nel weet wat hy doen. As hy voortgaan met die saak en die beskuldigde word onskuldig bevind, deur b.v. onvoldoende getuienis ens., kan hy nie weer aangekla word vir die selfde misdryf nie. Nou kan Gerrie seker maak dat die saak sterk genoeg is om ‘n skuldig bevinding te verseker en dan die beskuldigde weer aankla in die hof.

WitBlits ·

Koos1 – dit is die eenkant van die muntstuk en die ander kant is dat hulle nie voldoende of enige bewyse het nie, maar net aantygings van alreeds veroordeelde misdadigers wat vir Nico Henning beskuldig het. Slegs tyd sal leer wat die waarheid is!

Cherokee ·

Dankie Koos, dat jy en enkele ander soos ondermeer Karin, dit aan die betogers duidelik maak.

Frans C ·

Daar is een ding vir my nie duidelik nie.As jy jouself oorgee aan die polisie moet jy tog een of ander verklaring aflê waarin jy jou oorgawe verduidelik, sodat die polisie darem weet dat jy nie besig is om hul tyd te mors nie. Sekere dinge wat jy verklaar moet darem ooreenstem met die feite en die hof sal tog seker nie borgtog op R10 miljoen stel as daar geen saak teen jou is nie,want by borgtog bepaling moet daar tog voldoende bewyse wees wat so’n bedrag regverdig.

Lilla B ·

Ek lees alweer al julle slim mense se vooroordeel hier en besef dat dit is maar die menslike aard, ek het dit al aan my eie bas gevoel, hoe mense wat veronderstel is om jou te ken gou die slegste glo en versprei… Gerrie Nel wat sy werk doen en ken word veroordeel deur ‘n klomp onkundiges en Nico wat skerlik nie aan een van julle bekend is nie is alreeds veroordeel. Om Nico Henning te verdink is sekerlik logies, maar dink daaraan dat die moordenaars hom dalk wou afpers vir geld, dat Chanelle dalk iets uitgevind het en hulle self besluit het om haar stil te maak sonder sy opdrag, daar kon ‘n verskeindenheid van goed gebeur het wat net die binnekring van weet. Sit nou liewer rustig en bepaal jou by jou eie sake wat dalk ook maar beroerd lyk en wag soos die res dat die ingewikkelde regsaksie sy gang gaan voordat julle mense belaster. Ek hoop ook dat reg sal geskied vir Chanelle, maar ook vir Nico as hy wel nie skuldig is nie.

piet ·

Eish, hier is nou n paar mense wat geen idee het waarvan hulle praat nie. Dink julle Gerrie Nel besluit self wie hy wil vervolg? Sake word na hom toe verwys. Dis so goed jy beskuldig vir Piet Byleveld dat Jacob Zuma nie in die tronk is nie.

Piet ·

Sorry ek lees nou eers behoorlik die berig. Nel bly steeds die beste persoon vir die werk. Ek stem saam met wat hy se.

Chris Ws ·

Dis my suster se oudste seun se dogter wat koelbloedig vermoor is.Glo my hulle is al deur hel van hul dogter se moord af.Wat my dronkslaan is hoe die regter sy borg kon aanvaar.Hy was R10miljoen borg toegestaan maar het net R300,000 kontant betaal.Vir die res het hy eiendomme gegee as waarborg.Hoe de duiwel werk dit?Ek se hy moes die volle R10miljoen in kontant gegee het.Dit maak ons regstelsel verdag in my boek.

Koos1 ·

Chris Ws, baie jammer en sterkte vir julle.
Jy moet asb nie vergeet wat die doel van borg is nie. Borg word betaal of voorsien om te verseker dat die beskuldige in die hof verskyn.
Om aan te dring op kontant is soos om borg vir iemand by die bank te teken en die bank wil nie jou eiendom as sekuriteit aanvaar nie maar net kontant.
Weereens my hart gaan uit na julle en ek hoop geregtigheid geskied, maar miskien moet julle die woede vir ‘n wyle laat vaar (en ek weet dit is bitter baie gevra en baie moeilik om te doen!) en die regstelsel sy gang laat gaan. As jy oor enige informasie beskik wat die polisie kan help, deel dit asb met hulle.

Kokkelol ·

“The love of money is the root of all evil”. Ek glo dis ook die geval met Jason Rohde wie se vrou haarself kamma gehang het…

christine ·

Ek glo nie wat ek lees nie, dis al jare, hoe lank wil die staat dan he. Hier te doen met die onder wereld. Verbeel jou sekeriteits mense vlieg nie met eie vliegtuie rond nie. Hier rond maak hulle op n streep toe.

Se maar net ·

Die saak sal weer oop gemaak word..Soek genoeg teen hom..Die ergste is Chanelle se ma het haar ma begrawe en 3 weke na dit haar dogter ..Ek dink die pyn..Wens hulle kan berusting kry

Se maar net ·

Ai Gerrie sou dit nie net los!!Julle wil te gou vinger wys..Gee kans God slaap nie ..Lees wat se die slim mense en luister

Darty ·

Duidelik is hier maar min wat die wet verstaan!! Die saak is tydelik teruggetrek, want die staatsaanklaer is nie gereed nie. Hy wil nie tyd en geld mors nie!! Die saak is nie geskrap of die ou onskuldig nie, dit word net later weer op die rol geplaas ai ai

Nicolaas ·

Dis ongelooflik hoeveel oningeligte kommentaar hierbo gelug word. Johan is min of meer op die regte spoor. Die rede hoekom die saak T/T is, is eintlik eenvoudig. Andre Gouws het geappelleer teen sy vonnis en hy probeer die staat gyselaar hou om nie sy appél teen te staan nie, op voorwaarde dat hy sal getuig teen Henning. Gouws is die enigste en belangrike skakel tussen Henning en Ambrose Monye wie die ander twee gereël het om die moord te pleeg. Die staat (Nel) is nie bereid om Gouws tegemoet te kom net vir sy getuienis nie, dit kom neer daarop die staat koop sy getuienis teen Henning. Dit gaan nie oor ‘n korrupte OB of ‘n aanklaer wie se gô uit is nie, dit gaan oor getuienis wat beskikbaar is en die kans op ‘n suksesvolle vervolging. Nel is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie, as Gouws se vonnis versag word op voorwaarde dat hy getuig, is sy getuienis in elk geval besoedel. Laat Gouws maar lekker sit. Henning se dag sal kom. Die oorsponklike OB was in elk geval ‘n kaptein van Villieria Speurtak, Peet vd Spuy, wat nog nooit ‘n saak teen Henning kon opbou nie.

Koos1 ·

Dankie Nicolaas, dis baie goeie kommentaar en ek glo dit sal nou ‘n paar oe open.
Ek neem aan jy is op een of ander manier gekoppel aan die saak, of dra in diepte kennis?

Ek hoop regtig ·

Nicolaas, ek hoop regtig jy is reg. Hopelik het Gerrie Nel geleer uit sy vorige deals makery uit. Ek sal terughou en kyk, indien dit nie gebeur weet ons elke negatiewe komentator was reg. Dit maak sin dat alles nie behoorlik ondersoek is, dat Gouws sy eie agende het, maar die moord was al in 2011 geskiet, dit is presies 5 jaar, hoe lank neem dit hom om sy ondersoek te voltooi. Ek sal verheug wees as hy ferm met Gouws gaan wees, ons kan nie bekostig om nog moordenaars vry op straat te hê nie!!!!!!!!!

anita carstens ·

Gerrie nel wil seker nie weer dieselfde fout maak soos met mickey shultz wat n selferkende moordenaar is en Gerrie het hom mos gebruik om aglioti te laat sit wat toe nie gewerk het nie en albei loop vry…hy wil seker nie weer so aap van homself maak nie….

Theresa ·

Daar is seker iets wat kort en daar is seker ‘n slang in die gras. Los en wag geduldig dat die iets wat kort, gesoek, gekry en ondersoek word. En die slang ook. Soms vat dié goed baie langer om op te los as ‘n vinnige kyk na hoe sake op die oog af lyk?? Baie voorbeelde die afgelope ruk in die nuus gewees. Goed waarvan mens soms al vergeet, word opgediep en bloot gestel na jare se “stilte”.

J.F ·

Moenie bekommerd wees nie. Daar is 4 dade wat uitroep na God self vir wraak: moord, sodomie, onderdrukking en misbruiking van die armes, en om ‘n werker uit sy volle loon te bedrieg. Vergeet van Gerrie, ons howe is in elk geval ‘n dwaalplek vir wolwe. God self het hierdie een

Albert Smit ·

Ag nee regtig! Watse nonsens praat jy nou? Watter “pastoor” het vir jou hierdie twak voorgese? Miskien moet jy jou minder steur aan ‘n swak-vertaalde sprokiesverhaal en nog minder luister na verwaande “skrifgeleerdes” wat geensins enige idee het wie God werklik is nie.

Karen ·

Albert Smit, verstaan ek jou reg (en ek is nie nou sarkasties nie) – verwys jy na die Bybel as ‘n sprokiesverhaal? Dit klink of jy in God glo. Ek stel regtig belang in jou siening.

Loppies ·

Gerrie sal Nico nie so maklik laat afkom nie, maak eerder 100% seker van bewyse en verklarings, dan gaan niemand se tyd gemors word nie

Tante Koba ·

Ek het skoon die bier wat ek vir die bierbrood wou gebruik, met een teug geledig uit pure skok. Geld praat.

CF ·

Ek is stomgeslaan … hy “nail” vir Oscar, maar laat hierdie een wegkom!!!

Armgat ·

As dit ek was sou hulle die sleutel van my tronksel al weggegooi het.

Vic ·

Ja Darty, hy’s nie gereed nie want hy kon net nie wegkom van sy groot ego wat net maar nie die Oscar saak wou los nie

Chris Ws ·

So pas verneem van haar familie af die saak is nie teruggetrek nie maar wel uitgestel vir verdere ondersoek.Glo my Adv.Gerry Nel staan nie verniet bekend as die “bullterrier” nie!Hy is baie slim.Hou maar dop wat gebeur vorentoe.

Cherokee ·

Darty, miskien moet hulle bloot geignoreer word. Kyk na Ano byvoorbeeld, moordenaars word in verskillende klasse geklassifiseer. Volgens hom is sommige skurke en ander nie. Ignoreer net.

Albert Smit ·

Jy mis beslis iets. Die saak is nie afgehandel nie. Dis teruggetrek en sal later weer ingestel word wanneer Gerrie Nel en die aanklaagspan gereed is.

Cherokee ·

So jy weet nie eens dat hy geweier het om as OB genommineer te word nie. Jy weet nie eens dit nie maar wil kommentaar lewer.

Nita ·

Binnekort gaan ons land n nuwe ‘claim to fame’ he. As jy ontslae wil raak van jou vrou, kry huur moordenaars en jy kan skotvry daarvan afkom. Panayiotu skep nou seker moed. Eersdaags loop hy dalk ook skotvry rond

Sam ·

Oscar is ‘n moordenaar. Die bewyse was genoeg om hom tronk toe te stuur en dis waar hy hoort. Die man het dit ‘beter’ gedoen as Oscar daarom die terug trek. Hulle kan hom NET een keer aankla, as hulle dit doen en hy word onskuldig bevind word die saak uit gegooi, en dis dit. So doen dit reg, trek dit terug tot jy seker is jy kan hom weg sit soos vir Oscar. Ons het verskriklik baie ‘judges’ en ‘prokereurs’ hier op Maroela. #skudmaarnetmykop

Eish ·

Eish gelukkig dink net jy, jy weet iets van die reg. Jy is toe een van die raaiende judges. ” die ou het dit beter as Oscar gedoen – die saak net 1 keer aankla”

Elize ·

So vanaf 2011 was nie genoeg tyd om feite in te samel nie????? Hoeveel tyd het hulle nog nodig??

Sam ·

Laat ek maar stadiger praat.. Jy kan iemand net 1 keer aankla, indien die saak uitgegooi word agv gebrek aan bewyse kan hulle hom nie weer aankla nie.. Daai is ‘n feit. So nee Eish ek raai nie, ek is seker van my saak. En Elize die vrek weet hoekom dit solank vat om bewyse te kry teen die man. Ons SAPD is lankal nie meer iemand om op staat te maak nie.

Columbiana ·

Miskien moet ons maar die idioom geld wat krom is verander na
Geld bevry die wat die misdaad kar ry

Liewe heksie ·

Hierdie was n beplande moord hoeveel tyd wil die staat nog he om die saak te ondersoek Gerrie het al vorige moordenaars laat loskom so hier ruik ek n baie stink ‘geld’ sorry n rot

J ·

Ek stem na 5 jaar hoekom is daar nie genoeg bewyse nie. Miskien moet Gerrie nou vir Oscar los en op hierdie saak konsentreer of gaan Henning ook vryloop soos wat Gerrie Kebble se moordenaar weer op straat gesit het. Miskien as die saak media en tv dekking kry????,

koos ·

Ek sien op tv daar is n nuwe speurder wat nie n saak verloor. Miskien moet ons hom inroep. Sy naam is……..

Die Byl.

koos ·

Daar is nou n nuwe ou op die Tv wat nie n saak verloor . Midkien kan ons hom inroep om te help. Sy nasm is…….Die Byl.

Tertia Vivier ·

Im blown away that everyone involved admitted guilt and yet they have decided to withdraw the charges against the husband. How is this possible?

Jeannie du Plessis ·

Die man is nie n vry man nie, die saak kan môre weer oop gemaak word, dit was net oor n tegniese punt uit die hof gegooi.
Hy gaan sy dag in die hof kry en daar is oorgenoeg bewyse dat hy die beplanner was van sy vrou se moord.
Ons regstelsel is darem nog iets in ons land wat die meeste van die tyd goed werk, beter as die meeste ander goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.