Chanelle Henning-moord: Terugtrek van aanklagte beteken nie vryspraak

Nico Henning (regs) tydens 'n vorige verskyning by die Pretoria-streekhof. (Junie 2014) Foto: Werner Beukes / SAPA

Nico Henning (regs) tydens ‘n vorige verskyning by die Pretoria-streekhof. (Junie 2014) Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag het Maandag benadruk dat die terugtrek van aanklagte teen Nico Henning, wat daarvan beskuldig is dat hy die meesterbrein agter sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, se moord was, nie beteken dat hy vrygespreek is nie.

Maroela Media het vroeër berig adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het in die hooggeregshof in Pretoria gesê die staat is nie nou gereed om met die saak voort te gaan nie en trek daarom die aanklagte terug.

Luvuyo Mfako, woordvoerder van die NVG, het ook bevestig die Nasionale Vervolgingsgesag is nie nou in ʼn posisie om voort te gaan met die saak nie. “Dit is belangrik om te onthou dat die terugtrek van die aanklagte nie ʼn vryspraak is nie, en sodra die hindernisse, wat die verhoor ophou, opgeklaar is, bestaan die moontlikheid dat die NVG weer met die saak sal voortgaan,” het Mfako gesê. “Maar ons kan nie die meriete van die saak bespreek nie.”

Henning se verhoor sou Maandag begin het. Hy het tereg gestaan op aanklag van moord en sameswering om moord te pleeg. Hy is in 2014 in hegtenis geneem in verband met sy vrou se moord in November 2011. Die 25-jarige Chanelle is doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ʼn kleuterskool in Faerie Glen, Pretoria afgelaai het.

Die egpaar was besig om te skei en in ʼn hewige stryd gewikkel om toesig oor hul seuntjie te kry.

Ambrose Monye en Andre Gouws dien lewenslange tronkstraf uit in verband met die moord op Chanelle. Die voormalige polisieman Gerhardus du Plessis en sy vriend, Willem Pieterse, het al twee skuld beken op die moord en is elk tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Henning is in hegtenis geneem kort nadat Gouws getuig het hy het hom R1 miljoen aangebied om sy vervreemde vrou te vermoor. Monye het erken hy het as tussenganger opgetree en die huurmoordenaars gereël nadat Gouws hom R50 000 aangebied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris Ws ·

Nico Henning gaan nog baie slapelose nagte he want Adv.Gerrie Nel is nog lank nie klaar met hom nie!

Hoop jy is reg ·

Ek hoop jy is reg, ek het maar my bedenkinge. Ek sou uitstel vra nie terugtrek……..

Zumie ·

Suksesvolle vervolgings berus op getuienis en nie aanklaers nie. Waarskynlik hang hierdie vervolging grotendeels af van die bereidwilligheid van eertydse medepligtiges om met die waarheid vorendag te kom. As daar wel getuienis tans beskikbaar was sou ek verwag dat die vervolging sou voortgaan maar as daar geen getuienis is nie maak dit nie sin om net sonder rede uit te stel nie.

Daan Erasmus ·

Adv Nel moes dalk nie appèl na appèl in die Oscar saak gedoen het. En meer tyd aan hierdie saak gegee het.

Sakkie ·

Hoe kan die staat na twee jaar nie reg wees vir die saak nie nadat hy R 10 miljoen borg gekry het en al die ander medepligtiges al gevonnis is.Is dit weer geld wat gaan praat

Hasie ·

Hierdie hele storie van Nico Henning van Maandag is baie verwarrend. Selfs die TV nuus het gesê die saak teen hom is teruggetrek en Nico Henning het uit die hof gestap as ‘n vry man. Vir my beteken vry soos in hy is nou onskuldig en kan as ‘n vry man aangaan met sy lewe. Nou lyk dit vir my ‘n vry man is net tydelik ‘n vry man.

Chris Ws ·

Hasie,die hof het hom nog nie beoordeel nie want die saak is TERUGGETREK maw die staatsaanklaer het die klagte teen hom vir eers gekanselleer.So daar is geen sprake dat hy “vrygespreek” is nie want daar was nog nie ‘n hofsaak en verhoor nie.Adv.Nel wil SEKER maak hy kan hom laat skuldig vind wanneer die saak weer in die hof kom.So hou maar dop wat gebeur vorentoe.Geregtigheid sal seevier.

Oosie ·

Ek verstaan dat dit gaan oor ‘n appelsaak van een van die wat reeds vonnis uitdien en dit moet eers deurgewerk word voor hierdie saak kan voortgaan.

Joe ·

Help my gou reg, is Henning nie self ook ‘n prokureur? Gaan hy werklik vergeld word vir sy
dade, dalk boetie boetie storie. Sy gewete sal hom egter ry – as hy een het !!!!

Henk ·

Waarom is die saak teruggetrek? Omdat die hoof sepiester nie direkte TV dekking het nie?

Frans C ·

In 2015/2016 was daar 18 673 of te wel 51 moorde per dag in Suid Afrika. Dit is ‘n gemiddeld van twee moorde elke uur.As dit vir elke moord netso lank neem as hierdie moord voordat ‘n moordenaar vervolg en gestraf word, sal dit 94000 jaar neem om die ondersoeke te voltooi.

dDe S A Law Commission het ‘n paar jaar gelede navorsingsverslag 82 vrygestel.Dit was ‘n ondersoek na misdaad in 8 polisiegebiede. Dit het die volgende skokkende bevinding bevat:Moord, verkragting en diefstal met verswarende omstandighede.

Hou nou vas aan jou stoel.75 % van die sake het nooit hof toe gegaan nie.
Die uitslag van die oorblywende 25 % was soos volg:
10% is in die hof teruggetrek.
5% is onskuldig bevind.
4% se sake is hangende. en nou vir die kersie op die koek.
Slegs 6% is skuldig bevind.

Moenie dit as verteenwoordigend vir die hele Suid Afrika verkondig nie.Maar as dit in 8 polisiedistrikte so gegaan het, wat is die kans dat dit elders beter gegaan het.

Ek sê ook nie dat Nel ‘n swak aanklaer is, maar wragtig as jy in 5 jaar nie voldoende bewyse kan vind om ‘n man wat homself oorgegee het te vervolg nie, watter kans is daar
dat die moordenaars van die 18673 moorde in die tronk gaan beland waar hul hoort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.