Chanelle Henning-saak: Monye wil óók bely; saak uitgestel

Chanelle Henning

Chanelle Henning

Ambrose Monye, een van die mans wat skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning, wil glo óók ʼn bekentenis maak.

Matthew Klein vir Monye, het gesê sy kliënt sal die belydenis maak, maar hy kan nie nou in die getuiebank verskyn nie.

Staatsaanklaer Gerrie Nel gesê die uitstel is ʼn ongerief, maar sy weergawe is in die belang van geregtigheid.

Regter Johan Kruger het die saak in die Pretoriase hooggeregshof gevolglik tot 3 Februarie volgende jaar uitgestel.

Monye se medebeskuldigde, Andre Gouws, het die hele dag lank in die getuiebank gehuil toe hy sy getuienis voorgehou het dat Henning se vervreemde man, Nico, hom R1 miljoen aangebied het om haar te vermoor. “Haar afsterwe is die direkte gevolg van Nico se versoek,” het Gouws gesê. Hy voer aan Nico wou haar vermoor om toesig oor hul kind te bekom. Klik hier om meer te lees.

Henning is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Gouws en Monye is skuldig bevind vir hul aandeel aan die moord. Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle vroeër skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord. Du Plessis en Pieterse was die twee mans op die motorfiets wat deur Monye gehuur is om Chanelle te skiet.

Volgens Gouws het hy Monye genader nadat hy die opdrag van Nico ontvang het, en het hom R50 000 aangebied vir die moord.

Volgens Gouws het Nico met die idee vorendag gekom om ʼn motorfiets te gebruik.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henko ·

Waarom nie reg van die begin af net erken het nie, dan was die baasbrein ook lankal agter tralies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.