Chanelle Henning-saak: Nico is bereid om R5 m. borgtog te betaal

Chanelle Henning

Chanelle Henning

Nico Henning wat van die moord beskuldig word op sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, is bereid om borgtog van R5 miljoen te betaal, het die Pretoria-streekshof Vrydag gehoor.

Henning het in ‘n verklaring aangedui hy is tans in ‘n posisie om R100 000 te verseker. “Ek is ook bereid om kragtens artikel 60 van Wet 51 van 1977 ‘n waarborg van R4.9 miljoen aan te bied,” het Henning in die verklaring gesê.

Henning is in hegtenis geneem vir die moord en sameswering om sy vrou Chanelle te vermoor. Hy is sedert verlede Vrydag in aanhouding nadat hy homself aan die polisie oorgegee het. Chanelle is in November 2011 in Faerie Glen in Pretoria doodgeskiet.

Twee mans, waarvan een ‘n goeie vriend van Nico was, is onlangs skuldig bevind aan die moord.

Nico het in sy aansoek om borgtog die bewerings wat Andre Gouws oor sy aandeel in die moord gemaak het, ontken.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anon ·

Dink nie die staat moet hom borgtog gee nie. Hy dink hy kan met sy geld als reg “koop”. Hy behoort in die tronk en hulle moet die sleutel sommer ver weg gooi. Hy is die oorsaak daarvan dat n arme seuntjie van sy ma beroof is en ouers van hulle kind. Hy het geen berou oor sy doen en late nie. Skeinheilige Vark!!!!!! Van die begin af het ek geweet hy is skuldig. Sluit toe die blixem en gooi die sleutel weg!!!!!!!!

Erich Goosen ·

Versigtig met die R5 miljoen borgtog. Hy het nog nie Gouws betaal nie.

Jou Tier ·

Moord is moord 1000 miljoen of een rand. Hy moet sit waar hy hoort in die tronk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.