Chanelle Henning-saak: Nico het glo finansieel swaargekry ná moord

Chanelle Henning

Andre Gouws, een van die twee mans wat beskuldig word van die ʼn komplot om Chanelle Henning te vermoor, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof gesê hy het nooit haar moord met enigiemand bespreek nie.

“Ek het nooit met enigiemand oor ʼn moord gepraat nie,” het Gouws gesê.

Henning (26) is op 8 November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet nadat sy haar seun by die kleuterskool afgelaai het. Andre Gouws en sy medebeskuldigde, Ambrose Monye, het onskuldig gepleit op vyf aanklagte wat verband hou met ʼn sameswering om Henning te vermoor. Die staat voer aan dat Monye en Gouws ʼn komplot gesmee het saam voormalige polisieman Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse (alias Tattoo). Du Plessis en Pieterse dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord.

Gouws het Woensdag verder getuig oor sy verhouding met Chanelle se vervreemde man, Nico Henning. Hy het aan die hof gesê Nico het finansieel swaar gekry ná Chanelle se moord. “Ek het gehoor dinge gaan nie goed nie weens die slegte publisiteit. Hy was welaf voor die moord.”

Gouws het Dinsdag gesê hulle was goeie vriende, en Nico het hom gevra om iemand te kry wat Chanelle kan dophou om te kyk of sy dwelms aanskaf. Hulle was in daardie stadium in ʼn hofgeding gewikkel oor toesig oor hul seun. Klik hier om meer te lees.

Volgens Gouws het Monye gereël dat twee mans op motorfietse Chanelle agtervolg. Sy is toe vermoor. Gouws is later in Nelspruit in hegtenis geneem.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sarie ·

Moet die publiek nou jammer voel vir Nico,as hy nie die brein agter alles was nie,ht hy nie nou swaar gekry nie,Die spreek woord lei,’n hond kry sy dag,’n brak ‘n naweek,hoop hy kry ‘n lannnggg naweeek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.