Chanelle Henning-saak: R10 miljoen-borgtog vir Nico

Nico Henning Foto: Etienne Creux, IOL

Nico Henning Foto: Etienne Creux, IOL

Die moordbeskuldigde Nico Henning is Dinsdag borgtog van R10 miljoen toegestaan deur die Pretoria-streekshof.

“Hy moet R300 000 van die bedrag betaal en sekuriteit verskaf vir die oorblywende R9.7 miljoen,” het hooflanddros Desmond Nair gesê. Nair het die hof verdaag om die staat en Henning se verdedigingspan die geleentheid te bied om die borgtogvoorwaardes te bespreek.

Henning word aangekla van moord en sameswering om moord te pleeg. Sy vervreemde vrou, Chanelle Henning (26) is in November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by die kleuterskool afgelaai het.

Henning het homself op 6 Desember aan die polisie in Villieria, Pretoria, oorgegee. Andre Gouws (49), wat vroeër skuldig bevind is aan die moord, het tydens vonnisoplegging getuig dat Henning hom R1 miljoen aangebied het om sy vrou te vermoor sodat hy toesig oor hulle kind kan bekom.

Gouws en Ambrose Monye is saam skuldig bevind op hul aandeel aan die moord.

Henning het tydens sy aansoek om borgtog alle bewerings van Gouws ontken. Hy het aangedui hy is bereid om borgtog van R5 miljoen te betaal en sy prokureur, Piet van Wyk, het gesê sy kliënt is nie ʼn vlugrisiko nie.

Twee ander mans, Gerhardus du Plessis en Willem Pieterse dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maxi ·

Hier is ‘n klomp mense, en amptenare omgekoop, geld het gepraat.

Marie ·

Wat ek van dag 1 af vir ander gese het, is seker nie tersaaklik nie. Maar….hy is onskuldig tot skuldig bevind is. Iemand(e) gaan weer baie geld uit die storie maak…Ek se dit reguit: As n buitelander in Afrika of selfs S.A n moord pleeg, kry hy borgtog….MINIMALE bedrag…….hoe regverdig dit hierdie of daai moorde?????

Jasper ·

Wat ek nie kan verstaan nie, hoekom jouself oorgee as jy onskuldig is ?

Nico ·

Dit is heel logies hoekom hy homself oorgegee het. As daar ‘n lasbrief vir jou inhegtenisname uitgereik is, is dit beter om jouself te gaan oorgee. Anders kom haal hulle jou 12h00 in die nag by jou huis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.