Chanelle Henning: Skieter se vrou vas oor dwelms

Gerhardus du Plessis Foto: SAPA stringer

Lynette du Plessis, die vrou van ‘n voormalige polisiebeampte, wat skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning, is op dwelmverwante klagtes in hegtenis geneem, het Beeld Maandag berig.

Du Plessis (29) is Sondagoggend in hegtenis geneem. “Die polisie het ‘n klopjag uitgevoer op ‘n kamer waar Du Plessis en ‘n vriend, Chaurn Swanepoel (23) tuisgegaan het,” het ao Hammies Hamilton, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die kamer is naby Bon Accorddam in die noorde van Pretoria geleë.”

Die twee het Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Die polisie het glo pakkies Cat in die kamer opgespoor.

“Ons het eers die twee kinders na bure gevat voordat ons toegeslaan het,” het Hamilton bygevoeg. Die kinders is daarna by familielede gelos.

Du Plessis se man, Gerhardus, is ‘n staatsgetuie in die Henning-moordsaak. Hy het erken hy het haar in November 2011 doodgeskiet. Gerhardus het in die hof erken hy het haar vir geld en dwelmmiddels vermoor.

Lees alle berigte wat met die Henning-moordsaak verband hou, op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Seg Net ·

Ja die ou gesegde ander mense se boeke is duister om te lees is inderwaarheid presies wat dit seg. Dit is net tragies dat dit gewoonlik die kinders wat die meeste daaronder ly.

Trippie ·

Ek stem SegNet, en wie se die familielede kan dit finansieel bybring om na die kindertjies om te sien en te versorg.

leana ·

Dis so jammer dat die kinders altyd aan die korste end moet trek as die grootmense droogmaak.

Maggie ·

Ek dink die kinders is beter af sonder sulke ouers, hoop net hul land nou by fam wat hul kan koester en baie liefde gee.

bianca ·

Hulle bly in n kamer maar kan cat bekostig dis iets om van siek te word want die kinders het heelwaarskynlik dit als aanskou! Wat n skande dat arme kinders in sulke omstandighede moet grootword

leana ·

Eben, as ek die dinge so bekyk, was “iemand” bang Chanelle gaan praat. Is hierdie nie dalk ‘n sindikaat dwelmsmouse nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.