Chantelle Barnard-moord: ‘Ek wag al lank vir dié dag’

Chantelle Barnard (21). Haar vermeende moordenaar is amper ‘n dekade na haar moord terug agter tralies.

“Dis nog te goed om waar te wees. Ek is steeds geskok, ek sukkel om dit te glo.”

Só het Suzette Barnard Donderdag gesê nadat haar dogter se vermeende moordenaar aangekeer is bykans sewe jaar nadat hy aanvanklik spoorloos verdwyn het. “Nou begin my eerste dag weer van voor af. Al die hartseer, al die verdriet. Maar dis goeie verdriet, ons het hom gekry waar hy nou is,” het Suzette gesê.

Jurgen Vandekeere is in 2011, kort ná die wrede moord op Chantelle Barnard (20), in hegtenis geneem. Hy is daarvan beskuldig dat hy die jong vrou op 1 April in sy huis op ʼn hoewe buite Benoni verkrag en vermoor het. Nadat sy verkrag is, is Chantelle keelaf gesny. Suzette het later op haar dogter se liggaam afgekom.

Vandekeere is destyds op die toneel in hegtenis geneem en later in die Benoni-streekhof borgtog geweier. Hy was ongeveer twee maande in aanhouding, waarna hy ʼn suksesvolle aansoek om borgtog by die hooggeregshof ingedien het.

Hy moes op 9 September 2013 weer in die hof verskyn, maar was spoorloos.

Suzette het nie opgehou soek na hom nie.

“Ek is net bly ek het nie moed opgegee nie. Hoe kan ʼn ma dan opgee?” het sy gesê oor die tallose oproepe, boodskappe en bewusmakingsprojekte om Vandekeere te probeer opspoor.

“Ek dink die wêreld het weens al die blootstelling dalk te warm vir hom begin word.”

Vandekeere het hom gister by die Benoni-polisiestasie aan die polisie oorgegee. Hy sal na verwagting deur die loop van Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.

Suzette sê sy is in dié stadium nog heeltemal oorweldig deur die nuus, maar uiters verlig dat die saak nou weer hervat kan word.

“Ek wag al lank vir dié dag. Ek is reg vir die verhoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Niklaas ·

Ja, mevrou , ons is saam met jou bly. Hy kon permanent verdwyn het. Nou moet die wenslike geregtigheid net seëvier ook. Ek sal graag wil weet waar hy dan so lank geskuil het.

bekommerde ·

mevrou barnard , sterkte met jou strafsaak
dis weereens ‘n bewys, moenie ‘n uitlander wat moord pleeg borgtog toestaan nie
moet ook geen een wat moord pleeg borgtog toestaan nie
hoe kry ‘n persoon dit reg om sulke wrede dinge aan ‘n ander te doen ?…………

JohanR ·

Gaan Jason Rhode terug tronk toe of het hy nou sy pad uitbetaal!

ap ·

Nie te opgewonde raak nie , hy moet nog pleit , en weer verhoor word , as jy eenmaal kon wegkom is daar n goeie kans om weer te ontsnap , net in die land

Bella ·

Die beste nuus!!! So jammer oor die hartseer weer maar jubelend die man is agter tralies!!

Daan Erasmus ·

Jy verdwyn vir ‘n paar jaar. Die boete vir ontsnapping is ‘n paar rand.
Die voordeel is dat die ondersoek beampte weg is. Die getuies is weg of in die buiteland. Jou slim advokaat wat daar met belasting geld is maak staat dat almal se geheue, hul in steek laat.

Cassie Stapelberg ·

Baie sterkte Suzette vir almal van julle. Ons is saam met julle bly, tog hartseer oor die ongelooflike slegte daad wat gepleeg is teenoor jul dogter.Ek en Rika wens julle alle sterkte toe.

Kas ·

AP ek kan jou waarborg hy gaan nie weer borg kry nie.As hy onskuldig is hoekom gee hy homself oor.Hy was op die toneel gearresteer.

jakes ·

Hierdie spesifieke moord is n ruk gelede in n TV program uitgesaai en ek was uiters geskok toe die besonderhede van die moord uitgebeeld is. Het die moordenaar intussen n gewete ontwikkel of het hy dalk n liefde vir n oranjepak gekweek? Hoop hy sit lewenslank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.