Chantelle Barnard se ‘moordenaar’ jare later wéér vas

Jurgen Vandekeere is byna ‘n dekade later terug agter tralies.

Die man wat amper ʼn dekade gelede aangekla is van die moord op Chantelle Barnard (20), is terug agter tralies nadat hy die polisie jare lank ontduik het.

Jurgen Vandekeere is in 2011, kort ná die moord op Barnard, in hegtenis geneem. Hy is daarvan beskuldig dat hy die jong vrou op 1 April in sy huis op ʼn hoewe buite Benoni verkrag en vermoor het. Nadat sy verkrag is, is Chantelle keelaf gesny en toe gebad.

Haar ma, Suzette, het die aand van haar moord op haar naakte liggaam op die slaapkamer se vloer afgekom.

Vandekeere se pa was die opsigter van ’n woonstel op ’n hoewe in Doreenweg, waar Chantelle saam met haar ma, broer en mansvriend gewoon het. Maroela Media het verneem dit was sy pa wat hom eindelik Woensdag aan die polisie oorhandig het.

Vandekeere is destyds op die toneel in hegtenis geneem en later in die Benoni-streekhof borgtog geweier. Hy was ongeveer twee maande in aanhouding, waarna hy die hooggeregshof gevra het om borgtog. Sy aansoek is toegestaan. Hy moes op 9 September 2013 weer in die hof verskyn, maar het nooit opgedaag nie en is sedertdien soek.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig dat Vandekeere hom Woensdag by die Benoni-polisiestasie oorgegee het.

“Die verdagte verskyn vandag in die Pretoriase hooggeregshof vir die moord,” het Masondo gesê.

Die vermoorde Chantelle Barnard se grafsteen. (Foto: Facebook)

Chantelle sou vanjaar 30 geword het. Haar ma het vroeg Donderdag versigtig optimisties gereageer toe nuus oor Vandekeere se inhegtenisneming aanvanklik rugbaar geword het. Dit was voor die polisie die inhegtenisneming amptelik bevestig het.

“Jy sal hoor ek klink nie te opgewonde nie, dit klink net té onmoontlik,” het sy gesê.

Suzette het self nooit opgehou soek na Vandekeere nie en het deurlopend met die polisie opgevolg oor hoe die soektog na haar geliefde dogter se vermeende moordenaar vorder. Sy het vroeër vandag gesê sy sal oorstelp wees van vreugde as Vandekeere wél aangekeer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Marna ·

Dis wonderlike nuus! Mag die ouers nou berusting vind, want dit is maar ‘n hartseer geval. Sterkte.

Gert ·

Die moord het my baie gepla toe ek Chantelle se ma die eerste keer op tv gesien praat het oor die voorval, ek het selfs daarna die verdagte se foto op FB gesirkuleer. Baie goeie nuus dat hy gearresteer is. Maroela Media hou ons asseblief op hoogte van die saak se vordering.

Daan Erasmus ·

Dit laat my dink aan die mede beskuldigde in die Advokaat Barbie saak. Hy moes nooit borg gekry het nie.
Wat het van die man geword. Ek kry natuurlik die idee sy “vryheid” is nie maanskyn en rose nie.

mislei ·

Die opskrif en woordspeling in die berig is misleidend. ´´Moordenaar’ gee homself oor … ‘ sou meer gepas gewees het; die opskrif skep die indruk dat hy vasgetrek is; hy het homself egter gaan oorgee. Hy is dus ook nie aangekeer nie want iemand wat homself oorgee hoef nie aangekeer te word nie, hy gee homself dan oor.

Dus kan ons ongelukkig nie die pluimpie in die hoed van die polisie plaas nie, maar dankie wel aan sy pa wat hom aan die polisie oorhandig het (weet ook nie mooi of hy homself dus oorgegee soos op een plek in die berig en of sy pa hom ´aangekeer’ en oorhandig het, soos elders in die berig, nie).

Nietemin, ons is bly hy is agter tralies; mag geregtigheid geskied.

Annelize ·

Ja Mislei, die berig is bietjie dubbelsinnig, eintlik trippel-sinnig. Eers word daar gese hy is aangekeer, toe is dit sy pa het hom oorgegee, en dan klink dit of die verdagte homself oor gegee het.

Ienie, mienie, mainie, mou, watter ene is dit nou? Maar hoe dit ook al sy, mag hierdie ding nooit weer die buitekant van die tronk sien nie.

Asmain ·

Die wet behoort gewysig te word dat igv n aanklag vir ernstige misdrywe (ou skedule 6 misdrywe) geen borg toegestaan kan word nie. Dit gebeur nou te dikwels dat n persoon wat uit is op borg vir n ernstige misdaad of weer n misdaad pleeg of net verdwyn

PC ·

Dit is nie so maklik nie. As n vrou byvoorbeeld nie van n man hou nie stap sy bloot by die polisie in en sê sy is herhaalde kere verkrag deur die man. Dan arresteer hulle die man. As daar dan geen borg is nie, bly die man verkeerdelik in hegtenis tot die saak afhandel. Hoe dan nou gemaak?

Johan ·

Gaan hy wéér borgtog kry? Die regsbeginsels van die Suid-Afrikaanse regstelsel is tans nie altyd suiwer nie.

Tammy ·

Sal graag wil weet waar hy al die jare was. As hy by iemand weggekruip het behoort daardie persoon ook agter tralies as medepligtige
Dit gaan my verstand te bowe dat moordenaars en geweldsmisdadigers , wat aanrand, kan borg kry. Gebeur dit in ander lande ook dat misdadigers so maklik borg kry? As iemand weet se tog vir ons almal, sal graag wil weet.

Madelein ·

Ek het vanoggend met Suzette (Chantelle se ma) gepraat, hy was in Belgie, soos sy dit ook verstaan het die wereld warm vir homself en ook sy pa geword na die Huisegenoot Ware verhale, en dit het dit moontlik gemaak dat hy homself oorhandig het.

jaco ·

Borgtog ja, dis nog maar net ‘n wit man wat ‘n wit vrou vermoor het. Dis mos nie so ‘n ernstige misdaad nie. Dis hoe ons regstelsel wit mense hanteer

Presies ·

Presies reg!!!
DIE VROU WORD ook eers geglo as sy dood is!
WIT mannetjies kom weg met alles veral verkragting want dis MOS nie so erg nie of SY MOES DAARVOOR gesoek het, nou dat sy dood is glo die klomp idiote dit,,,, ons reg sisteem is pateties…. en OMKOOPBAAR

ap ·

Hoe kry n moordenaar borg , simpel mense wat dit toelaat , natuurlik sal hy weer die reg ontglip , regte krimineel

Lynette ·

Hoekom sal hy die reg ‘weer wil ontglip’ AS HY HOMSELF OORGEGEE HET??

Niklaas ·

Hy moet mos nog gevonnis word. Hoop sy straf vir hierdie skokkende daad(e) is nie te lig nie . Iewers was gemeld dat hy op Maputo lughawe gefotografeer was destyds net na sy verdwyning. Nou , hoe het hy so maklik weggekom en ook na SA terug gekeer ?

K P ·

Die landdros moet asb nie weer vergeet om asb vir die man borgtog te gee. Ek’s honderd persent seker hy sal opdaag vir sy verhoor

Bess ·

Hoekom praat almal van moordenaar die man is nog lank nie skuldig bevi d aan e igiets nie en het nog nie eens n verhoor gehad nie…dit kan moontlik wees dat hy onskuldig is en iemand anders die moord gepleeg het…

Bolletjie Blom ·

Nou Bess, hoekom het hy gevlug en so lank weg gekruip?

Wilma Venter ·

Dankie Mike Bolhuis en span…. mag hy nooit weer op vrye voet wees nie.

Debbie ·

Ons was daar 10 jaar terug. Hy is skuldig!!! Hy het ook erkentenis geteken nou. Dit was niemand anders as Jurgen nie

JvA ·

Op Huisgenoot se ware verhale het my hart so uitgegaan na die mamma wat nie kon berusting vind. Ek is so dankbaar die man is nou waar hy hoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.