Chaos bars los in Kimberley

Foto: Twitter via @BogartTerence.

Chaos het in Kimberley in die Noord-Kaap ontstaan toe woedende inwoners begin betoog het oor diensleweringskwessies.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê die protesaksie het Woensdag omstreeks middernag uitgebreek.

“Die inwoners het lankal reeds ʼn memorandum met hul griewe aan die munisipaliteit oorhandig. Hulle het vanoggend na die munisipale kantoor opgeruk en aangedring daarop dat die burgemeester hulle toespreek,” het Mooi gesê.

Volgens Mooi het hy hulle toegespreek en dit is toé dat die skare hand uitgeruk het.

“Die polisie moes van skokgranate en rubberkoeëls gebruik maak om die skare uiteen te jaag. Vyf polisiebeamptes is beseer toe betogers hulle met klippe bestook het. Ek is nie doodseker presies hoe ernstig hul beseer is nie, maar ek kan bevestig dat hulle in die hospitaal opgeneem is,” het Mooi gesê.

Sy het die situasie steeds as “gespanne” bestempel. Die polisie handhaaf ʼn sterk teenwoordigheid in die omgewing.

Winkels en motors is beskadig toe betogers dit met klippe bestook het en buitebande in die strate gebrand het.

Foto: Verskaf deur ER24.

“Dit is moeilik om in dié stadium die presiese skade vas te stel,” het Mooi gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het drie mense op die toneel behandel. “Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die man met ʼn wond aan sy kop aangetref terwyl ʼn vrou ʼn fraktuur aan haar enkel opgedoen het.”

Beide beseerdes is na die hospitaal vervoer.

ʼn Derde man is volgens Meiring privaat na die hospitaal geneem.

Mooi het bevestig dat daar Donderdagoggend mense in hegtenis geneem is vir openbare geweld, maar kon nie bevestig hoeveel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lida ·

Hermanus brand ook. Mense staan saam en probeer hul huise beskerm. Baie paniek.

Wilma ·

Daar is seker ni een persoon wie by die tyd weet dat ons in Afrika woon ni
Of probeer hul hulself wysmaak dis”democracy”. Oeee watter hool woon ons in.

Ronny ·

Die VN kom Maandag in Noordwes aan, baie sê hulle is reeds deur OR Tambo

christa ·

niks snaaks nie, dis SA waar die regering dit toelaat en ook die rede daartoe is vir geen dienste gelewer

Nettie ·

Vir ‘n deel van dié provinsies wat onder ANC-bewind staan se inwoners, sê ek: KRY VIR JULLE, JULLE WOU MOS ANC STEM!!!

Met apologie en simpatie aan die ander gedeelte van dié provinsies se inwoners wat NIE ANC gestem het nie en wie se veiligheid en eiendom in gevaar gestel word ……

Ek sê weer eens: “Waste not, want not”. As die meerderheidsmassas afbrand, stukkend gooi en verniel – moet dit net nie weer vervang, opbou en heelmaak nie. Hulle het gewys dat hulle nie waarde heg aan dit wat deur ander mense se belastinggeld tot stand gebring is nie, daarom verdien hulle nie om dit te hê nie.

White Rhino ·

Wat het Trump nou weer gese? En hy slaan die spyker op die kop.

Johan ·

Hoekom Kan die mense nie eers al die skade wat hulle aangerig het regmaak en Dan Vir die wettelose klomp gee wat hulle Wil he nie. Winkels, motors en busse het niks met hulle griewe te doen nie. Dis plein Barbaars om so aan te gaan en ons sogenaamde regering Kan nie orde skep nie want hulle is self ordeloos. Net God Kan ons help.

Siek en sat ·

Dit is NIE reg nie maar kan ons hierdie mense blameer? Hulle wag al sedert die ANC en vroeer op n beter lewe EN DIT GEBEUR NIE. Maar daars geld vir luukse motors, oorsese reise, duur begrafnisse ens ens ens. Julle kan maar afbrand mense hulle gaan nie omgee hoe swaar julle kry nie. Julle gaan weereens lee beloftes kry vir die volgende verkiesing.

Hanna Hoekom ·

Dit sal net n goedkoop t-hemp en kospakkie vat om hulle WEER te laat ANC stem. Geen simpatie! Dit vat nou ook nie rocket science om die som te maak nie: alles kan nie verniet wees in n derde wereld land nie…

marco polo ·

siek en sat, dis omdat mense WAG vir n beter lewe, dat dit so gaan. Bakhand staan en wag dat alles uitgedeel word, sonder om te werk. As jy n beter lewe wil he, moet jy SELF daarvoor verantwoordelikheid vat en daarvoor WERK.

KoosGrapJas ·

Die perfekte storm, ekonomiese onstabiliteit met die VAT, brandstof en verswakte rand wat veroorsaak dat arm massas in oproering kom, unies wat stakings aan hits want volgende jaar is verkiesings jaar en die politieke partye wil nie die massas of die unies se stem verloor nie…dus brand die land en niks word gedoen daaromtrent nie. Desperate mense wat gryp na leë beloftes. Natuurlik sal die belasting betaler moet opdok vir die hele sirkus.

Johan ·

Mense moenie nou huil nie. Van die mense moes in 94 reg gestem het. Maar nee toe gaan alles oor sport rugby

Manie ·

Ek was so dom om ja te stem sodat ons internasionaal kan rugby speel, ek het my land en my veiligheid vir rugby verkoop. Ek het toe nooit ‘n rugbyster geword nie en sit vandag in sak en as.

Lida ·

Hulle gooi nou brandende buitebande oor die sekuriteitskompleks Mariner Villiage se mure. Hierdie tyd van die nag

Lorette ·

Wil net iets regstel – daar was bitter vroeg vanoggend alreeds deur die polisie op mense geskiet toe hulle begin vergader het. Moontlik sou hierdie gemors nie plaasgevind het as die polisie nie so vroeg begin skiet het nie. Dit was toe die mense nog begin regmaak het om na die SP kantore te loop! Daar is maar altyd die “swak element” by enige opmars. Ek ondersteun egter hierdie mense, want ons munisipaliteit is besig om ons uit te buit! Ook moet die Burgemeester gaan, hy is net so skuldig aan wat gebeur het. Ek praat nie dit wat gebeur het goed nie – geensins – maar ek dink die Polisie dra ook skuld hieraan!!! Ons bly naby aan sommige van hierdie gebiede en het gehoor hoe die Polisie skiet voordag! Die gevolg was dat baie besighede groot skade gely het in die proses!

Lida ·

Hulle het ook nou petrolbomme by die Beach Club kompleks ingegooi en die kragboks aan die brand gesteek. Geen elektrisiteit

PJC ·

Die oproer raak al meer en geweldadig en ook baie meer georganiseerd. Dit lyk asof daar iets meer agter skuil as wat die man op straat van weet.

AMMIE ·

Ons land is aan die brand!! Ek het vanoggend verneem dat die bus met Griekwa Rugby spelers oppad na Oudtshoorn met hulle vertrek uit Kimberley ook met klippe bestook is. Die polisie moes die bus met die Griekwa Rugby spelers uit Kimberley vergesel.

Aggenee ·

Lorette die polisie het nie geskiet nie hul het skokgranate gegooi en hul doen dit al van vroeg vanoggend af
Dit is absoluut n helse gemors wat onnodig is die diamant stad “skitter” nie meer nie

Maggie botes ·

Ek kan nie omdat Ek ontevrede met die regering is ander mense se goed verwoes nie. Daarom is daar verkiesings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.