Chaos bars los toe polisiebeampte man doodskiet

Argieffoto: SAPD

Die polisie in Giyani in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord en kwaadwillige saakbeskadiging nadat lede van die gemeenskap polisiebeamptes aangeval en voertuie beskadig het. Dié aanvalle het gevolg nadat ʼn man doodgeskiet is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdagaand in die Mphambo-nedersetting plaasgevind.

“ʼn Adjudant-offisier van Giyani se openbare orde- polisie het ʼn man, Dennis Hlungwani (37), verskeie kere geskiet en toe van die toneel weggehardloop. Die motief vir die skietery is nog onbekend,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het bygevoeg dat die beampte sedertdien vir moord in hegtenis geneem is en dat die saak deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek word.

Ná die voorval het lede van die gemeenskap polisiebeamptes wat op die voorval gereageer het aangeval.

“ʼn Polisiekaptein is ernstig beseer en ses polisievoertuie is deur die woedende skare beskadig,” het Ngoepe gesê.

Die persone wat die kaptein aangerand en staatseiendom beskadig het, word nog deur die polisie gesoek. Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting oor die voorval wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 bel.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Aag wat hier sal niks van kom nie maar die Polisie beampte wat HOM en Sy Kollegas wou beskerm, is in Groot Moeilikheid Die Kriminele RULE !!!!

njarts ·

die persone wat gesoek word gaan nooit aangekeer word nie.

Sê maar net ·

As alle politiek uit flieks gehou kan word sal
dit dalk weer werk.

Karolis ·

Publiek raak siek en sat vir kriminele, met of sonder uniform.

Henk du Toit ·

Nee Karolus ek dink jy het dit heel verkeerd. Dag na dag word Polisiemanne getart deur anargiste sonder dat ons regering aan hulle die nodige ondersteuning gee. Gaan stig opstande en brand n polisievoertuig in Texas Amerika en kyk of jy lewend gaan wegstap. Hoogs onwaarskynlik. Die howe gebruik die “redelike man” toets wanneer daar besluit moet word of een van ons polisiemanne iemand geskiet het. My vraag is net of die hierdie “redelike man” waaraan optrede gemeet word, konserwatief geskat, gemiddeld een moord en een motorongeluk binne elke drie maande sien, die lyke moet help optel, in daaglikse bedreiging van n vyandige gemeenskap leef en wie se kollega al doodgeskiet is of selfmoord gepleeg het. Hoe “redelik” gaan jy wees as jy daardie man is? Doodnormaal soos ons hipotetiese redelike man? Dink weer voor jy die dun blou lyn se mense wil oordeel.

tamboti ·

Karolis, die probleem is net : seker publiek val die SAPD aan as hulle ontevrede is oor misdaad. Hulle neem ook die reg in eie hande en val dan die SAPD aan as die’ probeer om die oorspronklike verdagte/s te “red” en te arresteer, hulle val ook die SAPD aan as hul die vigilante arresteer.
Dan val hierdie publiek ook die SAPD aan as hulle nie optree nie, of te lank neem of nie genoeg optree nie. Ook help hul glad nie as kriminele die SAPD aanval en beroof van hul van hul wapens en persoonlike besittings nie. Ook verklaar hulle nie die kriminele wat in hul midde bly nie.
En dan kan hul nie verstaan hoekom die SAPD nie misdaad onder beheer het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.