Chaos breek weer uit in Pta-middestad

Stakende werkers steek vullis in Thabo Sehumestraat (voorheen Andriesstraat) in die Pretoriase middestad aan die brand. (Foto: Msiza Jv/Twitter)

Nadat sake in die Pretoriase middestad Woensdagoggend grootliks vlot verloop het, het ontevrede werkers van die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond (Samwu) ʼn ruk gelede wéér die strate ingevaar.

Die middestad is Maandag en Dinsdag tot stilstand gebring deur die onwettige stakers wat ʼn loonverhoging van 18% eis. Hulle het vullisdromme uitgegooi, stokke rondgeswaai en munisipale voertuie soos busse en vragmotors onwettig gebruik om strate mee te versper.

Die Tshwane-metroraad het reeds ʼn dringende hofbevel gekry wat die werkers verbied om te staak, maar dit het klaarblyklik nié as afskrikmiddel gedien nie.

Die loongeskil is na die plaaslikeregeringsbedingingsraad verwys en het aanvanklik tot vanoggend se tydelike vrede gelei. Hoewel onderhandelings na verwagting vandag plaasvind, het die stakers die rus in die middestad nou weer onderbreek.

Minibustaxi’s moes by versperde kruisings omdraai en alternatiewe roetes soek terwyl talle winkels hul deure gesluit het voor die aankomende skare. Die stad se A Re Yeng- en Tshwane-busdienste is vroeër al opgeskort.

Mogola Taunyuane, woordvoerder van die burgemeester, het bevestig dat die kwessie na die bedingingsraad verwys is. Hy het terselfdertyd na die stakers gekap.

Rommel besaai die strate van die Pretoriase middestad. (Foto: Msiza Jv/Twitter)

“Die staking ondermyn die oppergesag van die wet, veral nadat die stad ʼn hofbevel teen hulle optrede bekom het,” het Taunyane gesê.

Samwu se streeksekretaris, Mpho Tladinyane, het gesê ʼn vergadering tot in diep in die nag tussen Samwu en die metroraad het op ʼn dooiepunt uitgeloop en die vakbond sien daarna uit om sy saak by die bedingingsraad te gaan stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Schalk ·

Hier is nog ‘n Oortyd geleentheid wat wink om reg te stel wat onwettig veroorsaak is. Jammer ANC die rekeining is op julle. Al julle beloftes haal julle in. ‘n Beter lewe vir almal?

Bert ·

Natuurlik sal ‘n dringende hofbevel niks uitrig nie want niemand gaan iets oorkom nie, kan maak nes hulle lusvoel, geen gevolge nie.

Peet ·

Staan ‘n oomblik stil en luister – dis die geluid van beleggings wat die land verlaat. Mense met beleggings is nie stupid nie.

HPV ·

Peet jy is so reg! Enige mens wat hier belê moet sy kop laat lees. Selfs my eie beleggings is oorsee, ondersoek tans om my besigheid oorsee te skuif. Ons het nie nodig om so te lewe nie.

TLC ·

Ek wonder wie skrik wie af
Ek kan dit nie meer vat nie
Hul is die oormag en sapd is wragtag nie opgewasse vir hul nie

JV ·

Maak soos in Zimbabwe, verwyder hulle met swepe, knuppels en lewendige ammunisie. Die wat gearresteer word gooi hulle in tronke en vergeet van hulle.

Chris Ws ·

Ek vra WEEREENS : W A A R I S D I E S A P ? ? ?
Minister van Polisie , julle versuim jul pligte!Skurke word toegelaat om ander wetsgehoorsame burgers se regte te vertrap en julle kyk toe.WORD WAKKER SAP!!

Se maar net ·

Hierdie is absolute politieke vuilspel deur die ANC in ‘n DA munisipaliteit. Die ANC stadshoof wat afgedank is en ‘n pakket ontvang het gaan nie goed af nie.
Daarom dat die SAP absoluut niks doen nie – hulle werk vir die regering nie vir Tshwane nie.

Johan ·

Die polisie mag niks soos in niks doen behalwe as om waar te neem. Net die onluste polisie mag optree. Verander hierdie simpel wet.

Hb ·

Ekt nou net daardeur gery. Vullis brand in di strate. Nogals n groot vuur! Moes om di vlamme en deur/oor di gemors ry want ek was vasgekeer. Niemand om ons te waarsku of di pad toe te maak ni. Nerens polisie, verkeersbeamptes, brandweer in sig nie

Lynette ·

Begin afdank. Met ‘n werkloosheidsyfer van 29% dink ek daar is genoeg mense wat regtig werk soek.

Heleen ·

Ek stem absoluut saam met “se maar net”.
Dis ‘n DA/ANC ding…. lelike ding!

leser ·

ek het dit al hoeveel kere gese, waar en in watter land loop die polisie voor ‘n skare betogers, begelei hulle ?
in plaas daarvan, neem die voorlopers in hegtenis en straf hulle
betogings sal dalk nog 2 of 3 maal aangaan, dan sal die voorbokke besef hulle maak die lewe vir hulself moeilik en moontlik stop die nonsens

Phillip ·

Gee wat hulle vrae hoofde kry 18% verhoogong maar hulle moet tevrede wees met dalk 8% ek sal ook staak as IMATU so se daar is 2 wat die stadsraade het wag maar vir my Vakbond se dis tyd

Anoniem ·

Daar is nie geld om almal terugwerkend 18% verhogings te gee nie.

Ek stel voor bestuur se 18% verhogings word weggeneem.

Ekke ·

ag nee, so ons moet weer halwe tenk petrol uit ry om net rigting NOORD te ry. Gister was erg, ek het meer as twee ure gery al in die rondte net om rigting Noord te ry.

hendrik ·

Selfoon maatskappye het n goudmyn in SA want nerens ter wereld word n staking oornag gereel nie. Die een ou laat n paar mense weet en hulle laat elkeen n paar mense weet en so gaan dit aan.

Tante ·

dis maklikaak almal se verhoging 8% Bestuur s’n 6% dis heeltemal genoeg vir almal i die slegte ekonomiese tye Bestuur hoort altyd minder verhogi gs te kry as werkers

Phillie ·

Sjoe darem lekker in vakbond souf efrica te leef As pensionaris kry ek 2% verhoging en moet maar net dankbaar wees vir krummels terwyl regering ons fonds plunder vir hulle vonkprop semi staat organisasies

niel ·

Lankal nie meer politieke partye wat regeer nie maar die werkersunies.

George in Bloem ·

Dis eintlik maar net ‘n waarskuwing ook aan ander stede/metros wat dink hulle gaan die spul ANC kommuniste en hulle geweldadige unies uitstem.Hulle sal jou stad onregeerbaar maak tot hulle weer op ‘n stadium dan beheer oorneem.Dieselfde sal gebeur as hulle eendag dalk ‘n nasionale verkiesing moet verloor maar net op ‘n baie groter en heelwat geweldadiger skaal as tans die geval in talle munisipaliteite oor die hele land. Selfs ‘n klein dorpie soos Boshof is nou die dag op sy kop omgekeer en dis nog steeds nie verby nie.

Lekker in Afrika ·

Die lisensiekantore ook toe
Hoop die wat bespreek het
Ry nie onnodig soontoe
En dink verder as wat ek het
Maar dit bly lekker in Afrika
Ongeag al die drama

Ore ·

Wat my verbaas is die feit dat die betogers toegelaat word om die stadsraad se voertuie te gebruik om paaie te versper.Hoe werk dit?
Hulle,die arme werkers besef nie dat die vakbondleiers vet inkomste tydens stakings verdien en hulle ,die werkers “no work no pay” lojaal najaag en toepas. Arme drommels.Vraag is,indien hulle wel 18% verhoging kry,gaan hulle 18% beter werk en diens lewer?

Hazeldean ·

Ek dink nou met soveel nostalgie terug….laat 70’s in Pta se middestad…
Sal nou net sweet memories wees????

marous ·

Hofbevel is totaal onafdwingbaar vir diegene wat anargisties is . Die howe gaan baie vinnig soos die regering en alles wat met orde gepaard gaan in totale onbruik verval . Hou maar dop .

Lynette ·

Vat die 18 persent verhoging terug rn laat hulle die 2 jaar “back pay” terugbetaal. Tshwane kan buitendien nie die buitensporige verhogings bekostig nie. Sal ook ongelukkig wees as een persoon se “back pay” R560 000 beloop en ek maar tevrede moet wees met nyR15 000!!!!

Anoniem ·

Stuur asb ‘n rekening vir die skade en ontwrigting aan die Samwu vakbond en hul topbestuur. As hulle nie kan betaal nie, vervolg topbestuur tot hulle betaal, of stuur hulle tronk toe.

Afriforum, help asb?

Alida ·

Rent n croud. Dit is omdat dit n DA beheerde stadsraad is. Kanselleer die 18% verhoging en gee deur die bank 10% vir ALMAL. Die grootste grap is dat hulle self die gemors moet skoonmaak.

Showahed ·

Die onwettige gebruik van werksvoertuie beteken ‘n graad een sanksie… dismissal on the spot.

Sirkus ·

Waar is nog ‘n Margaret Thatcher!!! Sy het die Unies se wurggreep in Engeland gou stop gesit …

thinus erasmus ·

Ek is seker dit is net die ANC se maniervom die DA geleide stafsraad te kelder. Wie het die 18% verhoging aan bestuurslede goedgekeur?

Attie. ·

Ek dag ek ly aan tinitis want ek hoor heeldag ‘n gesuis in my ore maar Peet is reg, dit is die geluid van beleggings wat die land verlaat. Ek stel voor die ANC gee vir elke munisipale werker wat hy vra sodat die gesuis in my ore kan endkry. Lekker ou 3 e wereldland van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.