Chaos by Bloemfontein-skole ná bende-gerug

Argieffoto (Foto: thesouthafrican.com)

Argieffoto (Foto: thesouthafrican.com)

Nadat ’n gerug dat bendes skole teiken verlede week in Bloemfontein chaos veroorsaak het, het die polisie ʼn beroep op inwoners gedoen om nié gerugte te versprei nie.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn gerug is verlede week versprei dat bendes op skole toesak en leerlinge aanval. Dit het tot gevolg gehad dat talle ouers na skole gejaag het om hul kinders te gaan haal en dat baie van die skole vir die dag gesluit is.

Volgens Mbambo is die polisie en die Valke druk besig om die oorsprong van die gerug te bepaal. “Die kubermisdaadeenheid werk onverpoosd om uit te vind wie die boodskappe versprei het en die skuldiges wat die leuens versprei het, sal aan die pen ry,” het sy gesê.

Die gerugte het vermoedelik gespruit uit verskeie voorvalle van bendegeweld die afgelope twee weke in Mangaung en Heidedal. In een voorval is ʼn kroegeienaar in Fase 4 vermoor. Mbambo het gesê tien verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord. Nog twee verdagtes wat vermoedelik ook betrokke was, is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Die situasie is tans kalm en verskeie polisie-eenhede is by problematiese skole ontplooi om te die situasie te monitor,” het Mbambo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louis v Nieuwenhuizen ·

Maandag is n matriek leerling met n mes noodlottig gewond in een van die skole se kleedkamers……woord maar stil gehou…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.