Chaos by Klerksdorp-huis ná swerm bye toeslaan

Argieffoto

Argieffoto

Minstens twee mense, onder wie ʼn paramedikus, is Woensdag na hospitale in Klerksdorp in Noordwes geneem nadat ʼn swerm bye hulle by ʼn huis in die dorp aangeval het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn huis in Wilkoppies plaasgevind.

“Paramedici is na die huis ontbied nadat twee vroue wat op die perseel was deur ʼn swerm bye aangeval is,” het Bodasing gesê.

“Van die bye het in die huis gevlieg toe een van die vroue die deur oopgemaak het. Sy het vinnig die deur toegemaak, maar albei vroue is deur die bye gesteek en hulle het hulp ontbied.”

Paramedici en veiligheidswagte het by die huis opgedaag en in ʼn poging om die vroue uit die huis te kry, is hulle ook deur bye gesteek. Minstens vyf mense is aangeval.

“Ná ʼn lang gespook is die vroue uit die huis gekry. Almal wat deur die bye gesteek is, is ʼn paar meter weg van die huis by ʼn ander perseel behandel.”

Die paramedikus het ʼn allergiese reaksie gehad en moes na ʼn hospitaal gehaas word vir verdere behandeling. Een van die vroue moes ook na ʼn hospitaal geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit sou die ideale wapen gewees het as jy so n swerm kon loslaat op n gewelddadige betoging met n koor van Jo-Jo om die erns van die verwarring te beklemtoon.

ladybug ·

Ons kan maar net wens … maar dit sou seker ook weer op apartheid blameer word

Milwa ·

Dis die ergste gevoel om deur so ‘n swerm aangeval te word, ek het gedog ek gaan dood! So ek kan myself die dames se paniek indink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.