Chaos by Limpopo-laerskool toe betogers perseel binnestorm

Laerskool Pietersburg Noord. Foto: Google Maps

Laerskool Pietersburg Noord. Foto: Google Maps

Onderrig by die Laerskool Pietersburg-Noord in Polokwane is Woensdag erg ontwrig toe ouers en leerders van ʼn laerskool in Seshego die skoolperseel binnegekom het, tafels en stoele rondgegooi en enkele leerders rondgestamp het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 12:40 plaasgevind toe die ouers en leerders met geweld hul pad tot op die skoolterrein oopgedwing het. “Onderwysers by die skool het vinnig gereageer deur hul klaskamers te sluit en te wag vir die polisie om op te daag. Toe die polisie opdaag, is die betogers verjaag en orde herstel,” het Otto gesê.

Otto wou nie die skole se name noem nie, maar ʼn betroubare bron van Laerskool Pietersburg-Noord het bevestig dat die betogers van Luthuli Primary School was. Volgens die bron was die ouers en leerders van die skool ongelukkig omdat hulle meen die departement van onderwys gee nie gehoor aan hul versoek vir lessenaars, stoele, handboeke en ander benodigdhede nie. Hulle het dus probeer om tafels en stoele van Laerskool Pietersburg-Noord weg te dra, maar kon nie daarin slaag nie.

Die betogers het ook daarop aangedring om die LUR van onderwys se dogter te sien, hoewel sy nie ʼn leerder van Laerskool Pietersburg-Noord is nie. Op ʼn vraag hoekom hulle dit doen, het een van die betogers glo ʼn onderwyser van Laerskool Pietersburg-Noord toegesnou, “Because you’re white!”.

Attie Visagie, skoolhoof van Laerskool Pietersburg-Noord, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Ons sal formele klagtes teen die skoolhoof en die beheerliggaam van die betrokke skool lê wat die voorval georkestreer het en vir die aanrandings en ontwrigting van onderrig verantwoordelik was,” het Visagie gesê. “Daar is geen manier hoe sulke gedrag geregverdig kan word nie. Ons skool het ook nie altyd genoeg handboeke nie, maar ons maak ʼn plan en rol boeke af soos nodig. Ons bars nie by ʼn ander skool in en ontwrig hul onderrig nie.”

Otto het gesê geen beserings is aangemeld nie en daar is in dié stadium geen aanklagte aanhangig gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Charles ·

Ja want die gaan nie oor handboeke en tafels nie. Ek neem aan hulle het ook al daarvan gehad, maar dis seker gebrand en stukkend geslaan soos als in hul lewens. hierdie het gegaan omdat hulle die laerskool te wit is. dis dan reguit so vir hulle gese.

drika ·

Haha belaglik Hoe is die laerskool te “wit” volgens hulle , ek bly langs die skool daai skool het 80%. Swart leerders , al hulle afkondigings word ook in engels gegee. Ek dink nie hulle besef dit nie..

Katriena ·

Dis belaglik. Ons het nie so ons vat net wat ons wil he. Wat ‘n belaglike toestand van sake

GT ·

Die wetteloosheid van die ANC Monster wat in die apartheids jare geteel is bigin nou himself ondermyn

Belinda ·

En ons land word deur die nasie gelei……………..want ons kan dink om n plan te maak as daar nisk gebeur nie………………….ons staan nie en wag vir iets om te gebeur nie en ons demand niks! Le julle probleme voor die president waarvoor julle gestem het!!!!!!!!!Klomp niks gewoon Morone!

HG ·

Wat gee jou die reg om Anders sulke name Te gee he? Geen wonder hulle reageer so ni die wereld is nog voll mense soos jy. Be careful of what you say cos I doubt you are ready for what you are asking for treat people like you yourself would like to be treated stop this discrimination before u regret it .

zaDANgp ·

Ag toe nou, ek stem saam dat mens nie name moet noem nie, maar as die “ander”, soos jy hulle genoem het dalk hulself ook net beter gedra en nie soos barbare tekere gaan nie, is naam noemery ook nie nodig nie. Further more, if people don’t show any respect for other how can one respect them? Throwing the race card constantly, also calling people names, behaving like even bigger racists won’t earn respect of anyone……..

F ·

Dit is nou hier waar daar gesien kan word of die ouers van hierdie skool kan saamstaan en ekstra sekuriteit reel om hul kinders op te pas. Ek sal dit doen as dit by my kind se skool gebeur.

Net ‘n vraag: Is dit ook nou die christene se skuld?

Hierdie is ons toekoms as ons nie nou ons rug styfmaak en die klomp barbare stop nie. Ek se nie vergeld nie, net stop hulle om dit aan ons te doen. Maak seker die sekuriteit word verskerp. Maak seker dat die oortreders aangekla word en met die wet te doen kry. Kry hulp van buite as dit moet, maar moenie nou net sit en Jannie-jammergat speel nie. Ek hoop die skoolhoof en beheerliggaam het genoeg durf om dit aan te spreeek.

Izzy ·

Hoekom is of word daar nie enige aanklagtes gemaak as personeel of kinders rondgestamp word nie??? Dis mos nie NORMALE gedrag nie?

Klaas ·

As dit noordskool was wat by dai ander skool ingebars het was dit “RASSISME”!!!!!

Drika ·

Mnr Attie Visagie is ‘n puik hoof , ek hoop daar word verdere stappe geneem , geen skool kan mos soos barbare inbars by ‘n ander skool oor skool benodighede wat hulle nie het nie , maar Anc stem hulle , soek die probleem by die regering nie by ‘n skool wat met presies dieselfde probleem sit nie , wat ‘n gemors watse tiepe hoof laat dit toe dat sy leerders ‘n ander skool ontwrig .. , Noordskool is elkgeval ‘n half engels maar hoe is dit dan nou omdat hulle wit is !!!

Liewe lulu ·

Ek glo nie aan toekoms voorspellings nie, maar n goeie kennis van my het n studie oor siener v Rensburg se voorspellings gemaak. Volgens haar gaan n regering nog vlug uit die land, met n skip. Wel ek hoop dit is waar en mag daai skip spoedig kom

Ben ☺☺☺ ·

Hy het ook beweer dat daai skip gaan sink en almal gaan verdrink…

Stan ·

Ja, ek hoop ook dat die Suid-Afrikaanse storie ‘n gelukkige einde soos “The Lion King” sal hê.

Gert ·

Mag daardie skip se naam Oceanos, Titanic, Bismarck of dalk SS Mont Blanc wees

franscois ·

julle moet ophou met die “because you are white”ding, een van die dae gaan n whitey se ratte strip en dit gaan erg erg erg wees!

Bruno Stef ·

As daar nie aan hulle grille onmiddelik gehoor gegee gaan word nie voorspel ek nou-al dat die pap landswyd by skole lekker dik aangemaak gaan word.Dit wil voorkom of die een die ander geval probeer oortref so pasop maar vir petrolbomme en brandstigting om nie van klipgooi te praat nie.

RSA ·

ouers,staan saam en trek n laer om daai skool,en as die barbare weer kom om moeilikheid te maak, neek hulle met sambokke

Genis ·

Liewe lulu julle moet wegbly van Adriaan Snyman en sy Vaandel uitgewers se Siener van Rensburg boeke. Ook sy skoonseun wat leier van die Suidlanders is. Dis ‘n bedrogspul. Die hele lot werk vir die ANC.

Willie Schutte ·

Dis jammer dat “volwassenes” kinders gebruik om ‘n poltieke stelling te maak die kinders is gebruik in ‘n opset wat hulle nie verstaan nie Noordskool is ook ‘n arm skool waar die leerders meestal swart is ek vermoed die agtergeblewe leerders wou gaan shopping doen met die vervoer na Noordskool toe.

L Wentzel ·

Genis, ek self mag dalk nie ‘n Suidlander aanhanger wees nie, maar kan jy daardie laaste wilde bewering met harde feite staaf???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.