Chaos by Tshwane-hoofkantoor toe EFF daar invaar

Die EFF in Tshwane eis dat ‘n nuwe burgemeester verkies word en het die kantoorgebou ingevaar, glo om burgemeesterskomiteelede uit hul kantore te boender. (Foto: EFF)

Chaos het Donderdag by Tshwane House, waar die Tshwane-metroraad gesetel is, geheers nadat lede van die EFF van kantoor tot kantoor gemarsjeer en lede van die burgemeesterskomitee opdrag gegee het om hul goed te pak en hul kantore te verlaat.

Die EFF dring daarop aan dat ʼn nuwe burgemeester verkies word nadat Randall Williams Maandag sy bedanking as burgemeester van Tshwane ingedien het. Williams het aanvanklik aangedui dat sy bedanking om middernag in werking tree, maar hy het later ʼn gewysigde brief gestuur waarin hy sê dat sy bedanking op 28 Februarie in werking sal tree.

Die tydperk is verleng om te verseker die metroraad se werk gaan ononderbroke voort en dat die burgemeesterskomitee in plek bly.

Sipho Stuurman, die burgemeester se woordvoerder, sê Williams is tans met spesiale verlof terwyl Peter Sutton in sy plek as burgemeester waarneem.

ʼn Spesiale raadsvergadering sou Dinsdag gehou word om die twee briewe te bespreek, maar volgens Stuurman het die speaker die vergadering uitgestel nadat hy regsadvies ontvang het dat die tweede brief – dat Williams tot 28 Februarie in sy pos bly – geldig is.

Stuurman sê Williams het heeltemal binne sy regte opgetree; hy is nie uitgestem nie, maar het sy bedanking as burgemeester ingedien.

‘n Skermgreep uit ‘n video wys hoe mense uit die kantore verjaag word. (Skermgreep: Facebook)

Die EFF hou vol die raad is tans sonder burgemeester en dat niemand “die magte van die burgemeesterskantoor kan opneem sonder dat hy deur die raad verkies is nie”. Hulle betwis die geldigheid van die tweede brief.

“Dit kom daarop neer dat daar tans geen munisipale regering is nie en dat alle burgemeesterskomiteelede alle bates wat aan hulle toegewys is, ook lyfwagte, met onmiddellike inwerkingtrede moet teruggee,” het Obakeng Ramabodu, die EFF se streeksvoorsitter, vroeër gesê.

Die party vra ook dat ʼn nuwe burgemeester dringend en by wyse van ʼn geheime stemming verkies word.

Stuurman sê daar was Donderdagoggend heelwat gestamp en gestoot en dat amptenare gevra is om vir veiligheidsredes die burgemeesterskantoor te verlaat.

“Die EFF is gewelddadig. Dit kan nooit aanvaar word nie,” het hy gesê.

Volgens hom het die stadsbestuurder die polisie ontbied om in te gryp.

Die Gautengse polisie het nog nie op navrae om kommentaar gereageer nie, maar volgens Stuurman was die situasie ʼn kort ruk gelede rustig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Pieter ·

idiote is die enigste nalatenskap vir hulle. Selfs die basiese fondasie van maniere het hulle niks van…

Adriaan ·

Waar was die “metroe poelies”? Hulle wat so dapper mense in die nag dreig en afpers? Seker agter n kantoorplant weggekruip!

Christine ·

Ek vra waarom het Sekuriteit hulle toegelaat? Hulle weet mos daai rooi keppe kom nie om tee te drink nie!

Anel ·

Wie dink die eff is hulle? Wat hulle hulle nog ooit gedoen wat opbouend is? Niks!!! Breek net af!!!!

Shakespeare ·

Mense moet asb. ophou om te sê dat die EFF nie goeie maniere het nie. Hulle HET maniere maar nie goeies nie.

Laksman ·

EFF……ek hoor Brackenfell se burgermeester het ook bedank……

JohanR ·

Dis al wat die EFF ken…chaos en afbreek. Het hulle al ooit iets gebou, of iets opgebou?

Naudles ·

Narcissistic self-entitled behaviour. Lewer geen positiewe insette nie, maar wel goed om dinge te ontwrig. Gaan my verstand te bowe hoe hulle met alles wegkom. Dan weer, dit is te verwagte gegewe die politieke situasie.

Heinrich ·

Tja, stel jou voor ‘n paar boere het hierdie selfde truuk getrek; dit sou wêreldsnuus gewees het!

Jan ·

Niks anders as ‘n klomp kriminele nie. Hulle kan niks positief byvoeg nie.

Eclectus ·

Volgens internasionale statistiek is die gemiddelde IK in SA ‘n ronde 69, en in die sielkunde veld sorteer dit onder die kategorie van matige verstandelike gestremdheid.

Aikie ·

Onse geagte President moet kennis neem, een van die mooi dae boender die EFF hom ook uit sy kantoor.

Erika ·

Daar is waarskynlik seker Polisie lede wat self EFF supporters Is…

SwartBees ·

Kyk, die ouens is leë koffie blikke wat baie geraas maak maar ek respekteer hulle manier van doen. Net jammer hulle agenda is nie so geskik vir almal nie.

Lourens ·

Ek hoop van harte niemand het hierdie “opdragte” gehoorsaam nie.

GWS ·

En so ontwrig hulle weer alles! Kan nie bou nie, breek net af!

Gert ·

Dasr is net een manier om die eff te hanteer en Brackenfell het ons gewys hoe. Hulle is stout kindertjies wat ‘n pak slae kort.

JohanR ·

By die opening van die Parlement moes laat weet het Brakenfell sal daar wees. Daar sal dan geen EFF’s daar gewees het nie!

Althes ·

Die ANC wil mos saam met die EFF.konkel om koalisies te verswak. Hoe gaan hul nou maak, altwee partye is arrogant en magshonger? Watter party gaan oor wie heers?

Harley Davidson ·

En die polisie of metro polisie waarvan ek net hoor maar gewoonlik onder ‘n brug sit en slaap waar was hulle.

Elma ·

Uit met julle! Daar is nie genoeg spasie vir so groot groep diverse ampternare nie.

Di ·

Hulle tree op soos aasvoels!!!! NIKS gewoond en het nog nooit gewerk om iets te bereik. Al wat hulle goed kan doen is verwoes, dreig en snert in die jonges se koppe in praat. Behoede ons land met hierdie spul sirkus narre

Andrew ·

Nie slim deur die DA se Williams nie. Die goed behoort voor die tyd in gedagte gehou te word eerder as om jou net op te ruk oor iets en voor die voet te bedank en weg te hol. Help ook nie om te gil nie, die EFF en ANC lede lewe nie onder dieselfde waarde steslsels as ander nie, so steur hulle glad nie aan aanvaarbare gedrag of ander se kommentaar nie. Jy sal nie weet, wat jy nie weet nie.

Antjiepat ·

Ek moet eerlik se hierdie keer ondersteun ek die EFF.. die Metro is korrup .. (ja ek weet die munisipaliteite is almal korrup) maar hierdie spesifieke Metro is korrup tot op die been.. en ja ek stem … die Uitvoerende Burgemeester komittee kan gerus ontbind, want hul beteken in elk geval nie veel nie.. mense weet jul hoeveel kry 1 lid van hierdie komittee, wat hul salaris per maand is en dan praat ek nog nie eers van die byvoordele nie… nee wat, lig hul uit daardie poste!!

Alex ·

Ek wil graag weet wie het hulle die reg gegee om mense uit hulle kantore te gooi? Wie is hulle wat dink hulle is beter as die regering, hulle wat daarvan hou om eerder te verwoes as opbou en iets positiefs by te dra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.