Chaos by verhoor oor onteiening sonder vergoeding

Die openbare verhoor oor onteiening sonder vergoeding in Komani. Foto: ANA

Lewis Nzimande, voorsitter van die grondwetlike hersieningskomitee oor grondonteiening sonder vergoeding, het Woensdag gevra vir kalmte nadat die openbare verhoor in Komani (Queenstown) op ʼn chaotiese wyse afgeloop het.

Die verhoor wat in die Queenstown-stadsaal gehou is, het ʼn groot aantal mense getrek. Die stadsaal was van hoek tot kant volgepak en nie almal kon in die saal inpas nie. Dit het daartoe gelei dat die verrigtinge ontwrig is deur lede van die publiek wat in EFF-klere geklee was en geweier het dat die verrigtinge begin.

Die mense het struggle-liedere gesing oor grond wat met geweld afgeneem word en ʼn groep wat in ANC-kleure geklee was, het later by hulle aangesluit.

Die ontwrigtinge het dwarsdeur die verrigtinge voortgeduur toe mense wat ten gunste van onteiening sonder vergoeding is, hard geskree het om mense wat teen die wysiging van die grondwet is se stemme uit te doof.

Pieter Prinsloo van die Enoch Gijima-boerevereniging. Foto: ANA

ANC- en EFF-ondersteuners het die openbare verhoor oorgeneem en het ʼn beroep op LP’s gedoen om die proses te bespoedig en gesê hulle is gereed om grond te beset.

Daar was ook duidelike skeptisisme oor die regering se vermoë om die proses suksesvol te laat verloop. Yanga Zicinga, ʼn man wat homself as ʼn ANC-lid voorgestel het, het gesê ʼn onafhanklike agentskap moet op die been gebring word om die verspreiding van grond te implementeer.

“Daar moet ʼn nasionale maatstaf wees van hoeveel hektaar grond elke persoon mag besit.”

Nog ʼn spreker, Phaphama Madubedube, het gesê die regering moet stedelike grond onteien wat geoormerk is om mense op te hef en moet die eienaarskap van grond aan tradisionele leiers oorlaat.

Ander het meer radikale sienings gehad. Siyambonga Booi het die openbare verhore gekritiseer en gesê die verhore word gehou om wit mense te paai. “Ons kan nie onderhandel met diewe nie. Hoekom moet die regering by wit mense smeek?” het Booi gesê.

Vuyolwethu Nqaba van Black First Land First het gesê slegs wit mense se eiendom moet onteien word sonder vergoeding en mense moet nie vir politieke partye stem totdat hulle grond gekry het nie.

Lewis Nzimande, voorsitter van die grondwetlike hersieningskomitee oor grondonteiening sonder vergoeding, en Mncedisi Filtane, ‘n komiteelid. Foto: ANA

Pieter Prinsloo van die Enoch Gijima-boerevereniging het in reaksie hierop gesê: “Wat gaan julle doen met die grond en hoe gaan julle eet as julle niks van boerdery af weet nie?” Mense in die saal het woedend op dié stelling gereageer.

Michael le Grange, nog ʼn boer, het gesê dit is tyd dat dialoog die mense in Suid-Afrika verenig. “Ek gaan nie sê artikel 25 moet gewysig word of nie gewysig word nie. Ek wil net hê ons moet saamwerk en hierdie ding maak werk,” het Le Grange gesê.

Nog openbare verhore sal vandag in die Orient-teater in Oos-Londen gehou word.

Nzimande het tydens ʼn pouse aan joernaliste gesê daar moet meer verdraagsaamheid wees vir almal se uiteenlopende sienings. “Ons doen ʼn beroep op die publiek om beleefd te wees teenoor mense met ander sienings. Ons sien dat politieke partye heelwat mobilisering van hul lede gedoen het, maar elke lid van die publiek moet ʼn geleentheid gegun word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

lize ·

Boer Karl…..ploeg maar swembad chloor in die grond…..ek hoor niks groei weer daar nie.
Ek gaan maar terug na die dae soos toe ons grootgeword het….eie groente en vrugte tuine en hoendertjies vir die vleis tand.

DeVill ·

..olie in alle boorgate, trekkers oor alle drade en kampe en sout op alle vrugbare grond, my huis en ALLE infrastruktuur tot op grond afgebreuk, voertueie sy enjins sal vernietig wees, daar sal NIKS wees nie.

Dit is nou natuurlik AS hulle sou voortgaan om my plaas te wil vat.
Gelukkig weet ek ons mede burgers is hopeloos te lui om regtig oor te gaan tot aksie…

Corne ·

Goeie vraag van Pieter Prinsloo.
Gee vir hul grond.
Geen implemente, geen geld vir plant of ander beplanning, geen ondervinding dalk. Hoe gaan hul die mas opkom ? Nog steeds dan arm en sukkelend.
Daar moet na slimmer oplossings gekyk word en saamgewerk word.

Koos ·

Ek stem, ek het betaal vir my huis. Hulle gaan nie my eiendom net vat nie.

jankoos ·

Tipies afrikaners een lug sy mening en die ander een kruip …..??

humor ·

Geen vermoe tot selfs die geringste logika nie. Tipies Afrika trant. Kan daar enigsins verwag word dat die regering in die besluitnemingsproses meer omsigtelik hiermee sal omgaan? Veral as die eff hierin n bondgenoot is.

Annie ·

Ek het ‘n baie goeie oplossing vir die probleem.. wit boere moet net dood eenvoudig aan net wit gemeenskappe begin kos voorsien (teen betaling) sodat die groot bekke bietjie vir ‘n slag kan voel waar kom die kos vandaan…. dan sal ons gou sien hoe die EFF en ANC dan gaan voorsien in die voedselnood

Leon ·

Dalk kan wit boere hulle grond vir selfbeskikking beskikbaarstel.

Salamander ·

Ek sê nog altyd die massas voel verneuk met die onderhandelinge wat by CODESA plaasgevind het. Hulle wou die rewolusie van bloed en vuur hê, maar hulle het iets gekry wat hulle nie kan bestuur nie. Demokrasie en vrede, soort van. Dit het nou ontspoor en nou soek hulle bloed. Grond is die verskoning vir die rewolusie soos deur die EFF en BLF voorgehou. Gordel vas, dit gaan rof raak!

Grassie ·

Jy is reg Salamander. In Afrika tradisie vat die wenners in ‘n stryd alles en vernietig die verloorders. In ons land glo die mense van Afrika hul het die “oorlog” gewen. Die wittes is egter nog in besit van hul grond, huise, voertuie, besighede ens. Dit gaan teen hul grein want dit is in stryd met ‘n kultuur van 1000 jaar of langer.
Ek stem saam met jou opmerking “gordel vas, dit gaan rof raak.”

Annelize ·

ek stem saam Salamander, dis die waarheid – as dit nie grond was nie, sou dit iets anders gewees het.

Lauren ·

Dit maak my woedend!! ‘Net wit mense se grond moet afgevat word?’ Ons land is sterk om dieselfde verwoestende pad as Zimbabwe te loop. Dit was ‘n regverdige vraag: Wat gaan hulle met die grond doen, as hulle nie kan boer nie? Hulle is soos kinders, wil net hê. As of liewer wanneer hulle vir my grond kom, sal ek waterpype afsny/verwyder, elektrisiteits drade vernietig, en ek sal self my huis afbreek, as om liewer te sien hoe hulle dit stuk vir stuk plunder! Ek SAL seker maak dat daai stuk grond onbewerkbaar en onbewoonbaar is. Ek is glad nie ‘n rassis nie. Hoekom staan blankes nie saam soos wat die nie blankes saam staan nie? Hulle doen dit met geweld en ons probeer mooi praat en paai. Veg daad met daad.

Blommie ·

Jy sien dis daai tonnelvisie waarmee ons kyk na omstandighede dat dit gaan soos wat dit gaan!
Hoeveel hekter mag elkeen beset…..
Wens die regering kan mense skool oor die belangrikheid van n doeltreffende ekonomie.
Maar nee al wat ons kan skep is PLAK, HE en brand af……

Eish ·

Weereens is dit opmerklik dat die groot gewag wat gemaak is van die gematigde meerderheid, n illusie en totale wanopvatting was.
Weereens n bewys van die uitkoms van gesprekvoering met n oordonderende meerderheid wanneer jy geen troefkaart tafeltoe bring nie.
Weereens n aanduiding wat die uitkoms gaan wees van hierdie kwessie.
Dit is baie laat in die aand.
Onteiening sonder vergoeding is oppad, duidelik en doelgerig. Die woordgimnastiek wat hiermee gepaardgaan mesmeraais nog diegene aan die ontvangkant. Ek wonder of die landbouorganisasies maar wag dat God’s water oor God’s akker loop en of daar noodplanne in plek is.
Politici kan paai dat hul blou is, die waarheid is dat ten einde die mag te behou, die stemvee gelukkig gehou moet word. Hierdie openbare verhore bring juis die ongebreidelde wense na die oppervlak.
Selfbeskikking is die enigste opsie vir oorlewing.
Anargie klop reeds aan ons voordeur.
Die verrotting van die kankerbesturende meerderheid skree ten hemele.
Ons is net 4.57m wittes oor en nie almal Afrikaansprekendes van gemeenskaplike kultuur nie. Volgens statistieke emigreer wittes teen n koers van 21000 per jaar.
Kan die VFplus, Solidariteit en Afriforum, Landbouorganisasies, FAK, Instituut vir rasseverhoudings en al die kultuur en taalorganisasies(Afrikaans) , Aros en die menigte ander wat hierdie minderheidsgroep se belange op die hart dra, nou vir eens en altyd van hul troontjies afklim, verenig met n gemeenskaplike doel, en met alles in hul vermoë vir ons selfbeskikking teweeg bring.

Maartin ·

Goed gestel, ek stem saam. Selfbeskikking is ons enigste hoop.

Dirk01 ·

an boer wil ee net se jy sal geen indrruk maak met jou geweerrtjie nie die massas ssl jou plat vee . Daar is groot probleme oppad al is die nog n anc stem wen foefie.Indien land /eiendom gegee sal alles en alle strukture inmekaar tuimel .Niemand sal eiendom belasting betaal en niks sal behoue of onderhou word, zimabwe is n voorbeeld . Die geskiedenis sal lees nog n afrika land wat vernietig was deur korrupsie . Afrika lande stabiliseeerr hom na massa slagtings en strooptogte/oorloee en dit word herhaal

Leon ·

Selfs al sou die revering ‘n meer stelselmatige proses implementeer wat die herverdeling van grond betref, eis die meerderheid steeds vergelding. En indien die regering nie aan hul grond gee soos en hoe hul eis, gaan hul dit bloot met geweld afvat. Die regering is NIE in beheer, die opgewseepte massas is, en hul is uit vir bloed! Jy kan nie beskaafd met hul om ‘n tafel sit en redeneer, hul is reg en ons is verkeerd en klaar.

My voorspelling is die paw-paw gaan die waaier slaan voor einde 2019. Iewers gaan iets oorkook. Net ‘n kwessie van tyd.

Ek besit self ‘n plaas. Boer alreeds 28 jaar daarop. Met hierdie verwikkelinge oorweeg ek ernstig om alle aktiwiteite daarop the staak en elders te hervestig. Probleem is egter: ek sal na dese nooit my plaas verkoop kry, nog minder wil ek weer eiendom aanskaf met die wete dat dit afgevat kan/gaan word.

Wat maak mens nou???!

Eish ·

Jou landbouorganisasie behoort gebeurlikheidsplanne in plek te hê. Gesels ernstig met hulle.
Indien dit nie die geval is nie en jy beskik oor die vermoë, emigreer.
Indien nie, beywer jou vir selfbeskikking.
Bid net die swetterjoel organisasies wat ons minderheidsbelange op die hart dra, verenig onder n oorkoepelende liggaam en hardloop nie soos hondsdol hase rond oor mekaar se voorstoepe nie. Anargie is reeds met ons en slegs ons Hemelse Vader kan ons omstandighede verander.

christa ·

die land word te stadig verwoes, hulle soek ‘n vinniger proses. Maak seker daars ‘n huis en skure en swembad op die grond sodat daar genoeg deure uit gebreek kan word vir vuurmaakhout, vensters vir glas om moord te pleeg en swembad vol water dat die goed kan in bad. Sorg tog ook dat die grond groot genoeg is om lekker te brand. Los tog sommer ook boksie vuurhoutjies vir hulle en dald ‘n kannetjie petrol ook. Myne sal hulle klaar gebrand kry, reg om net op te kan plak

liz ·

Nee ou mater so maklik maak ek dit vir niemand nie, daar sal niks oor wees as ek klaar is nie, alles sal plat met die aarde wees, dan sal ons kyk hoe graag wil hulle dit nog he, nothing comes for free!!! al dink julle dalk dis wat gaan gebeur.

piper ·

as jou plaas gevat gaan word en jy vernietig iets of alles op jou plaas gaan jy aangekla word. vra maar vir die mense wat onder grondeise deurgeloop het. hier kom groooooot probleme

Potlood ·

hulle soek mos Grond, so dus kry hulle net die Grond (klip en al net dit was in die begin)…
Hulle kan maar werk vir die res nes ons moes…

Melt Olckers ·

Die aksies om die proses te ontwrig kan later gebruik word as verskoning om enige onteieningswet ongeldig te laat verklaar omdat nie almal toegelaat was om deel te neem nie. Die EFF en ANC ontneem die ander hulle demokratiese reg tot samespreking deur geraas te maak.

Eish ·

7.8% van die bevolking is doodgeskree.
Negeerbare syfers indien 82.2% wel gelukkig is met die uitkoms.

Joshua ·

Wat van die 4500 plase wat reeds in hierdie onbevoegde korrupte regeringse se besit is?! Hierdie ‘verhore’ word gekaap deur die EFF om nog haat en moorde teen wit Suid Afrikaners aante moedig – die ANC regime dop n groots toets hier.

reeds in hul besit ·

Joshua, my plase is reeds deel daarvan agv grondeise.
Daar is NIKS oor van dit waarop ek so trots was en 45 jaar op gebly het
Nie eers ‘n meter doringdraad of halwe sinkplaat is oor…..

Sarel ·

Se weer, dit is maar net n voorverkiesing platvorm en die EFF kry die grootste voordeel.
Baie van die kommentare vra of die of daardie organisasies n plan in plek het, die vraag is eerder welke organisasie jy genader het om aan te meld en vra waar help ek.
Dat die verskillende organisasies byeen kom is iets wat spoedig moet gebeur, gelukkig gebeur dit wel maar egter te stadig.
Moet die NGO’S en ander nie ook begin om hande terug te trek nie, die regering sal verbaas staan om te sien dat hulle eintlik niks vir hul mense doen nie maar dat baie blankes ook hier hul werk vir hul doen.
Ek dink nie die regering is bewus van hoeveel van hulle people daagliks deur blankes en hul organisasies gevoed en geklee word nie.

Jaco ·

Ek dink darem nie dis heeltemal waar nie. Die geldmag is meestal in nie blankes se hande. Ek as n fabriekseienaar en as n blanke man ervaar dit daagliks, die nie blankes is my beste betalers en ondersteuners. 90% van alle blanke mense sukkel om ons te betaal vir produkte gelewer. As dit nie vir hulle ondersteuning was nie, was ek en my gesin al lankal op straat.

Doreen ·

Dit is darem ook nie net vir kom vat nie. By ons sal daar niks wees. Net n afgebrande huis.

Casper Labuschagne ·

Die laaste week is ek verdiep in leeswerk oor die tien dae in Oktober 1917 waar die Russiese Tsaar uit die setels gelig is, waar die versoenende Kerensky regering oorgeneem het tot die volslae Bolsjewistiese oorname van 1918. Ten Days that Shook the World deur John Reed is die bekendste werk hieroor maar daar is velerlei ander bronne wat dit dek. Die ooreenkomste tussen die Bolsjewiste se vergaderings en die huidige konsulterende proses oor onteieining is so onrusbarend dat elkeen van ons liefs sy kennis rakende die verloop van die Russiese revolusie moet opknap. Soos die vergadering in die berig hierbo beskryf word, kon dit netsowel in die Winterspaleis in Petrograd na die abdikasie van Tsar Nikolaas die Tweede in Oktober 1918 plaasgevind het as in Queenstown gedurende Julie, 2018.

Ek het geen twyfel daaroor dat ons huidiglik in ‘n soortgelyke proses van revolusie verkeer as in Rusland tydens 1917 tot 1918 nie en hierdie berig hierbo bevestig dit op ‘n uiterste ontstellende wyse.

Salamander ·

Casper Labuschagne, ek het jou kommentaar oor en oor gelees. Die boek van John Reed het ek so tyd of wat gelede ook gelees. Dis ‘n bloudruk van wat nou hier aan die gang is. Dit speel soos ‘n rolprent wat ek al gesien het. CODESA destyds het net die proses uitgestel. Mense vergeet gerieflik CR is ‘n geharde, idealistiese kommunis wat net gebaat het by die land se beleid van swart bemagtiging. Gerieflik word ook vergeet van sy vergelyking van Wittes teenoor paddas in die pot.

daar is niks ·

My 3 beesplase het grondeise opgehad. Regering het dit gekoop en geen titelaktes is aan die sogenaamde eiser oorhandig.
Daar is nou NIKS van my spogplase oor nie. Die regering is die trotse eienaar van droë onvrugbare grond, die woning en store is verwoes. Elektrisiteit afgesny en geen water word gepomp.

Hoekom wil hulle nog hê/vat ??? Hoeveel hektaar moet nog doelloos vernietig word??

Die oorgrote meerderheid in die land sê die tyd is hier ... ·

Die oorgootte meerderheid van mense is by verre ten gunste van onteiening van eiendom sonder vergoeding. Dit is soos ‘n golf van opwinding wat deur die land spoel en die oorgrote van die mense sê hulle is gereed om te help met die onteiening en besetting – dus VERGELDING deur die wit mense finaal te laat betaal!. Die oorgrote meerderheid sê baie hard en duidelik die wit bevolking gaan duur betaal vir apartheid en die jare lange se bevoordeling en onderdrukking om hul bevoordeelde lewenswyse te handhaaf. Hierdie is die kruks en die kern van wat nou besig is om te gebeur. Laat los maar gerus die heuningpot en stroopblik – die werlikheid is hier.

Net gekke end dwase sal nog glo dat die tyd vir vergelding en massa aksie teen die wittes eers oor ‘n paar maande gaan gebeur. Dit is besig om te gebeur terwyl ons hier lees.

Johan ·

Stem 100%. Daar is nie meer omdraai nie. Die massas het klaar besluit hul wil grond hê. Óf die regering dra dit vreedsaam oor, of hul vat dit met geweld oor. Niks maar NIKS kan hul van plan laat afsien. The people have spoken!

Ek lag ook elke keer wanneer iemand hier kommentaar lewer en praat van selfbeskikking: dit gaan NIE gebeur nie. Die massas sal ons nie toelaat om af the stig, hul gun ons niks.

Mooipraat is verby, sodra die verhore eersdaags en dan die verkiesing volgende jaar afgehandel is, gaan die vonke spat.

Die massas is ongeduldig en ons handtjievol blankes staan g’n kans.

Des ·

Hulle moet maar by oom Cyril se plaas in die mooi Waterberge begin, ek hoor hy het ‘n wit voorman wat vir hom boer??

magda ·

Maak seker dat daar niks oor is nie – en besmet die grond dat hulle niks kan doen nie.

Sputnik ·

Al die boere waarmee ek in Zimbabwe te doen gekry het, het ook vooraf gesê hulle sal alles vernietig. Ek weet egter nie van een boer wat skade aan sy plaas aangerig het nie. Van hulle kon nie eers ligte uit die huis verwyder nie want gewapendes het by die hek gestaan en elke vragmotor deursoek. Van die boere is minder as 24 uur gegee om vanaf die plaas te wees. Ander was meer gelukkig en het ‘n paar maande gehad. Ek skud my kop as ek hoor van blankes wat steeds plase in SA koop – een het selfs alles wat hy het verkoop om in ‘n plaas te belê. Tragies wat besig is om te gebeur!

Nikita ·

Wat my ook pla is dat die Zimbabwiese boere het gese Pres. Mugabe van Zimbabwe het ook net eers uitsprake oor grond gemaak, mense het ook net gedink dis as politiekery om kiesersteun te behou. En toe? Die uiteinde is daar vir almal om te sien. Hulle dan alreeds besig om deeltitelaktes uit te deel…plaas hulle van die 4000 regering se plase vir hulle ook sommer gee. Hulle sal nou aanhou en dink hulle gaan als kry tot ons net ons vel oor ons been het!

Agent K 00s ·

Die bywoning van publieke gehore deur blankes veskaf legitimiteit aan die onteiening van grond sonder vergoeding! Dieselfde beginsel geld in die parlement. Die teenwoordigheid van die minderheidspartye verleen legimiteit aan elke drakoniese wet wat deurgevoer.

Hier is geen politieke oplossing nie, al sou die regering by die stembus veslaan word, is ons regtig so naïef om te dink diegene wat die belasting betaler nou al vir ‘n kwarteeu beroof sal nou net die leisels oorhandig?

Na ons taal, kultuur, godsdiens, skole, minerale, water en werk en nou vuurwapens ons ontneem is, hoe naïef om te dink Africa’s Notorious Criminals sal nou ook vir ons ons eie tuisland gee?
Die geskatte waarde van blanke eiendom beloop ongeveer R4.2 triljoen!

Hoekom dit nie roof nie, al die ander is sonder ‘n skoot geneem, wat is blankes se probleem dan nou.

Daar is vele oplossings om hierdie ashoop te herskep, maar politiek is opsigtelik nie een van hulle nie.

remondo ·

Eks eintlik keeelvol om as n dief uitgemaak te ord…ek het alles wettig gekoop en my bas af gewerk … Afriforum en Kie ? hoekom word dit nie as naamskending aangespreek nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.