Chaos duur voort in Ventersdorp

Foto: ANA.

Elf mense verskyn vandag in die Ventersdorp-landdroshof op aanklag van openbare geweld weens die gewelddadige betogings wat vandeesweek in Ventersdorp in Noordwes uitgebreek het.

Die 11 is Woensdag in Tshing, die nedersetting net buite Ventersdorp, in hegtenis geneem.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat die situasie in Ventersdorp steeds uiters gespanne is.

Woedende inwoners het Maandag met die betoging begin en paaie met brandende buitebande versper, motoriste met klippe bestook, ʼn vragmotor aan die brand gesteek en werkers gedreig. Skole en winkels is gevolglik gesluit.

“Die paaie in die nedersetting is almal versper asook die N14 wat na Ventersdorp lei. Inwoners het selfs die plaaspaaie wat ons gebruik het om die verkeer te herlei begin versper met klippe. Dit is regtig nie veilig vir motoriste om daar te reis nie. Hulle bestook die motors met klippe,” het Tselanyane gesê.

Tselanyane het gesê daar is binne ʼn uur drie sake van kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak. Daar is tot dusver geen beserings aangemeld nie.

Vroeër vandeesweek in Ventersdorp. Foto: ANA

“Dit is régtig nie veilig vir motoriste om hier te reis nie. Die dorp binne is stil, maar die inwoners hou die winkels dop. As een oopmaak dan slaan hulle toe en dreig veral die werkers,” het Tselanyane gesê.

Tselanyane het wel bygevoeg dit is moontlik vir motoriste om uit Ventersdorp na Klerksdorp of Potchefstroom te reis om kos en ander noodsaaklikhede in die hande te kry.

Sello Dassie, leier van die gemeenskap, het gesê die betoging sal voortduur totdat die regering sy belofte in 2006 omtrent die N14-ontwikkelingsprojek gestand doen.

Die N14-projek sluit onder meer ʼn winkelsentrum, meenthuise, toerisme- en landboutrekpleisters in. “Ons sal nie rus totdat die N14-projek op die been gebring is nie,” het hy gesê.

Dié projek sou glo talle werksgeleenthede vir die plaaslike inwoners verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

koos1 ·

Dis nou dieselfde dorp wat die ANC saam met Potchefstroom wou laat smelt. Dis nou duidelik dat hulle dit wou doen om hulle onvermoë om te regeer wil wegsteek.
Ironies genoeg staan oms voor ‘n verkiesing. Die einste ANC wat nie hulle beloftes nakom nie, sal WEER beloftes gaan maak en hulle sal geglo word en die siklus sal weer herhaal. Ek is oortuig daarvan dat ons land met die mees polities onopgevoede kiesers ter wêreld sit, en dit pas die regering soos ‘n handskoen!

Liezl ·

Dit is hoekom al die nedersettings aan die begin of einde van die dorp is. Sodat hulle als kan ontwrig en dit vir almal moeilik maak om handel te dryf of by hul woonplekke uit te kom. Dit gaan nie beter word nie. Ek sou sê vat maar die ouens aan wat moeilikheid maak en pos hulle, Hulle is in elk geval nie van hier nie.

Sieg ·

Leë beloftes van die ANC , wel stem maar weer volgende jaar vir hulle en sukkel maar aan sonder werk, sonder huise, brand besighede af, betoogings, verwoes alles en sit sonder alles, moor so ver julle kom dit is waarvoor die ANC staan.

Elene ·

Hulle behoort Ventersdorp as n noodgebied af te kondig en begin om stappe te doen om die wette toe te pas. Die mense wat agter die opstande sit weet hulle kan maak wat hulle wil dis reg met die regering!!!!

el ·

Ek stem saam met Elene. Kondig ‘n noodtoestand af sodat die weermag orde kan herstel. Die oorgrote meerderheid mense in Ventersdorp het nie vervoer Potchefstroom of Klerksdorp toe om te gaan kos koop nie. Mense ly honger – glo my!!

Michael ·

wat doen die poliesie daar pas hulle die brandende vure op?

Deon ·

So, in tussen, tot tyd en wyl die beloofde ontwikkelings in plek is en afgehandel is, brand ons maar al die bestaande infrastruktuur af!!??

Perspektief ·

Natuurlik Deon, want dis mos hoe opgevoede mense reg oor die wêreld toerisme trek …… of hoe Hoof Kamaraad Ramaposa ……. trotse Suid Afrikaners wat julle kweek in die ANC en EFF. Hoogs gelettered.

Jaco ·

Môre. Koos1 Ventersdorp is ingelyf saam met Potchefstroom en saam vorm hulle Tlokwe local municipality . Die betogings kom al n geruime tyd dis soos n kruitvat wat wag om te ontplof, dit bou op so die ding gaan nie oornag verdwyn nie dit weet ons almal. Solank daar lee beloftes gemaak word van die ANC af sal hierdie tipe dinge al hoe meer navore kom.

Gerhardb ·

Gaan Teister, dreig en brand jou regering se karre en geboue af en los die gewone mense uit. Dit is nie hulle skuld die regering kom nie beloftes na nie……

Chris Ws ·

As die polisie net hul werk wil doen . . . . Waarom kan die betogers toegelaat word om die meerderheid inwoners en padgebruikers se regte te skend en die SAP monitor net?Iets drasties sal moet gedoen word.Miskien is dit tyd dat die onskuldige motoriste wat net deur ry reg in eie hande begin neem.Die polisie beskerm hulle dan nie en laat die betogers toe om paaie te versper en klippe na hulle te gooi.’n Klip word beskou ‘n gevaarlike wapen deur die gereg.

tewis ·

watse vertroue kan mense hê in die polisie, howe en regstelsel waar n konstitutionele hof vind dat wapen eienaars se wapens agfeneem en “vernietig” word omdat die eienaars nie hernie het nie. hulle het geen oortreding in die tyd begaan of wette oortree nie, gphet eenvoudig ner nie lisensies hernie nie omdat hulle geen kennisgewings gekry het om te hernie nie. 4 jaar, 60 maande, 269 weke of 1760 dae is lank. niemand kyk elke dagna kisensies nie. moes die konstitutionele hof nie eers na die staat gekyj het vir hulle oorsig om kennisgewings seur te gee voordat hulle n beslissing teen wapeneienaars gefel het nie?

Grassie ·

Was of is Ventersdorp nie die AWB se hoofkantoor nie? Bestaan hulle nog?

Basie ·

Die polisie/verkeerspolisie doen niks aan diè wat bande brand nie. Hulle reguleer net verkeer. Te bang om nader te gaan, wag vir Njala! Ons moet daar gaan werk, maar kan gladnie ingaan nie, so dienslewering is zero. Riool loop al meer as 8 weke in die spruit af!

marous ·

Vier miljoen geslagte van Maslow sal nie die mense se denke kan verduidelik nie .

Mark ·

Sit n gesamentlike eis van “loss of income ” in teen regering.

AW ·

OCT: Principles Of Operations Part 1/2

1. Principle Of Legality.

“What is the legal basis of my Action?”

2. Principle Of Situational Appropriateness.

“My Intervention Has To SOLVE a Problem And Not To CREATE one.”

– The Ops Commander who has to Decide upon an Action, May not forget that in Principle Human Life Will Be Of Greater Importance Than That Of Material Losses.

3. Principle Of Proportionality Between Goals and Means.

“Is The Balance Reasonable Between What I Whant To Achieve And The Means I Need To Do So?”

DEFINITION
The Purpose of Proportionality is to ensure that the Means which Have to be used in order to reach the Aimed Goal are Reasonable. If They Are Not, Then Two Solutions Remain:

● either adapt the goal; or
● find another way to achieve it.

3.1 Rules Regarding The Principles Of Proportionality:

RULE 1: Knowledge of the De-stabiliser and of the circumstances within the framework of Intervention. (EEI’s)

RULE 2: Knowledge of one’s own Means.

4. Principle Of Optimization

“Can I Get The Maximum Output Of My Means?”

– either adapt your Goals to Achieve the Means; or
– ask for Reinforcements for the Goals you want to Reach.

Ops Commander must apply the following Rules:

– Freedom Of Action
– Optimal Effect Of Means

FOR OFFENSIVE OPERATIONS YOU CHOOSE THE MOMENT & PLACE.

DEFENSIVE OPERATIONS: The Forces Are Spread Over a Large Area.

AW ·

OCT: Principles Of Operations Part 2/2

Operational Assessment Elements:

1. MISSION
What is the overall Goal, Objective, Purpose, or Desired End Result of the Operation.

2. MENACE
What are the / Which – Factors, Elements or Conditions that Poses a Threat to Safety and Security of Members and or Public furing the execution of the Operation?.

3. MILIEU
What Environment, Area, or Location will the Operation be Executed?

This includes the Emotional Milieu of the Inhabitants of the Area.

Positive Aspects & 
Negative Aspects.

4. MEANS
What Equipment, Resources, Time & Abilities do Own Forces & Role- Players have or Possess, to Contrabute in Achieving the Operational Success?

National Instruction 1/2016
CHAPTER 6: THE USE OF LETHAL FORCE

(5) “In the case of crimes against property, irrespective of the value of the property, the use of lethal force in order to effect an arrest will never be permissible. Property can never be more valuable than the life of a human being.”

AW ·

Regulation of Gatherings Act, 1993 (Act No 205 of 1993) read with

National Instruction 4 of 2014 – Public Order Policing: Crowd Management During Public Gatherings And Demonstrations

Part 1/2

Paragraph 14.
EXECUTION OF PUBLIC ORDER RESTORATION OPERATION

1. The use of forse and dispersal of crowds must only be conducted by those members of POP trained in crowd management and equipped with the relevant crowd management equipment.

2. …

3. If the use of force is unavoidable, –
(a) the purpose of the offensive action must be to de-escalate conflict with minimum force to accomplish the goal and therefore the success of the action will measured by the result of the operation in terms of loss of life, injuries to people, damadge to property and cost;

(b) the degree of force must be proportional to the seriousness of the situation and threat posed in terms of situational appropriateness;

(c) it must be reasonable in the circumstances;

(d) the minimum force must be used to accomplish the goal: and

(e) the use of force must be discontinued immediately once the objective has been achieved;

(f) if the participants are going to be dispersed, make sure that they have enough escape routes in order to try and avoid serious injuries or possible deaths as a result of a stampede;

AW ·

Regulation of Gatherings Act, 1993 (Act No 205 of 1993) read with

National Instruction 4 of 2014 – Public Order Policing: Crowd Management During Public Gatherings And Demonstrations

Part 2/2

(g) if dispersion is unavoidable, an attempt must be made to disperse the partisipants in the direction of a positive attraction point (an area where participants would most likely be willing to move to); and

(h) always implement gradual police response.

4. Force may only be applied in a coordinated manner and on command. No individual action will be permitted except in instances of private defence.

AW ·

National Instruction 1/2016
CHAPTER 6: THE USE OF LETHAL FORCE

(5) In the case of crimes against property, irrespective of the value of the property, the use of lethal force in order to effect an arrest will never be permissible. Property can never be more valuable than the life of a human being.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.