Chaos in Durban duur glo voort 

Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency(ANA)

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het gesê die staking wat Durban die afgelope week in chaos gedompel het, sal na verwagting Vrydag voortgaan.

Dit is ondanks ʼn hofinterdik wat vroeër teen die stakers toegestaan is. JC Ncanana, provinsiale sekretaris van Samwu, het gesê die vakbond sal na verwagting Vrydag onderhandelinge met die eThekwini-metro afhandel en dat die stakende werkers waarskynlik by die stadsaal bymekaar sal kom terwyl die vergadering aan die gang is.

Stakende werkers het Dinsdag en Donderdag ingange na die middestad met vragmotors blokkeer. Rommel is van die vragmotors af geneem en in die strate gegooi voordat dit aan die brand gesteek is. Die polisie het die stakende werkers met rubberkoeëls en traangas uitmekaar probeer jaag.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê minstens 30 mense is reeds in hegtenis geneem en dat daar op 30 vragmotors beslag gelê is.

Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency(ANA)

Die werkers staak oor die stad se beweerde eensydige salarisverhoging aan sowat 53 uMkhonto WeSizwe-militêre veterane wat onlangs in die afvalafdeling in diens geneem is, terwyl ander werkers op dieselfde salarisgraad gebly het.

Nagenoeg 3 000 stakende werkers het Donderdag by die stadsaal bymekaargekom terwyl ander werkers met vragmotors paaie en hoofweë versper het.

Sipho Nzuza, die stadsbestuurder, het intussen gesê die beginsel van geen werk geen betaling sal geld en dat werkers deur dissiplinêre optrede in die gesig gestaar word aangesien die staking onwettig is en die stad ʼn interdik in dié verband bekom het.

Die stad het om verskoning gevra aan inwoners wie se basiese dienste onderbreek is.

Foto: Bongani Mbatha / Africa News Agency (ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
marous

Die verskrikking van verval . Hoe vinnig het die verotting nie oorgeneem nie ….orals

erfgrond is swerfgrond

Die stakers sal SA maklik in ‘n derde wereldse land omtower sonder om te blik of te bloos en tevrede wees om met fietse, donkies en beeste as vervoer middels op grondpaaie, te ry omdat hulle base net so min omgee vir wet en orde as hulle. Wit en swart met integriteit kan nooit tevrede wees met hierdie ghaos nie. Hierdie land is ook ons land, wit en swart wat omgee en nie in ghaos wil lewe nie. Die beskawingspeil in SA is besig om tengronde te gaan tenkoste van die wat die reg het om in harmonie, vrede en… Lees meer »

Willie

Ja nee hulle kyk net na hulle kaders..

Trol

Ek hoop samwu gaan betaal vir die skoonmaal en alle skade wat aangerig word.

Foxi

Die land is in n gemors! Die ANC is totaal en al op sy knieë. Wat hulle NA die verkiesing gaan doen is n ander saak! Natuurlik sal hulle weer in bewind wees, almal weet dit tog!
Dit gaan van elke mens afhang hoe om te oorleef in hierdie tye waarin ons nou ons bevind.
Reg en geregtigheid het n vloekwoord geword in SA.