Chaos in Kruger as gevolg van vloede

Die Sabierivier in vloed. Foto: blog.krugerwildlifesafaris.com

Die Sabierivier in vloed. Foto: blog.krugerwildlifesafaris.com

Verskeie fasiliteite in die Kruger Nasionale Park is Vrydag gesluit as gevolg van vloede, het SANParke gesê. Al die hoofkampe is steeds toeganklik.

“Verskeie boskampe is nou ook as ‘n voorkomende maatreël gesluit,” het ‘n woordvoerder van SANParke, Reynold Thakhuli, gesê.

Dié kampe sluit die Talamati- en Biyamiti-boskampe asook die Wolhuter-, Boesman- en Olifantskampe op staproetes in.

Die Shimuwini-, Bateleur- en Balule-kampe, wat sedert Donderdag gesluit is, asook sommige wooneenhede in die Berg-en-Dal-kamp en die Tshokwane-piekniekplek is steeds gesluit. Verskeie lodges in die park, insluitend die Shishangeni-, Imbali-, Tinga- en Jock of the Bushveld-kampe is ook gesluit. Verskeie paaie en brûe in die park word ook deur die vloede geraak.

“Daar is tot dusver geen skade aan enige van die parke nie,” het Thakhuli gesê. Hy raai voornemende besoekers aan die wildtuin aan om die park te kontak om alternatiewe reëlings te tref.

Klik hier om ‘n volledige lys te sien van alle kampe en paaie wat geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie Louw ·

Dit is vandag al die 24ste en die laaste keer wat die inligting I.v.m. Paaie opgedateer is, is die 7de Maart. Ons gaan altyd by Krokodilbrug in. Die 14de het ons Sal diee pad Malelane toe gery,net om te hoor DAT Krokodilbrug reeds die vorige dag oopgemaak het. Vandag het my ouers verdwaal, omdat die grondpaaie tussen Malelane en Krokodilbrug aan die een kant oop is en aan die ander kant toe. Dit was Donderdag ook so. Ons weet nie hoekom dit eenkant toe is nie, want self’s n kar Sal met gemak daar ry. Dateer asb op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.