Chaos in Parkwood

Foto: Twitter via @waseembrown.

ʼn Gedeelte van Prince Georgeweg suid van Kaapstad was teen Sondagmiddag gesluit vir verkeer in albei rigtings nadat gewelddadige betogings uitgebreek het tesame met ʼn poging tot grondgryp in die Parkwood omgewing.

Prince Georgeweg tussen Hyde- en De Waalweg is met brandende buitebande versper.

Die plaaslike raadslid sou glo die gemeenskap Sondagmiddag toespreek.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie is steeds op die toneel in Parkwood waar gewelddadige inwoners die strate ingevaar het oor ʼn “behuisingskwessie”.

“Skade is aan sakeondernemings in die omgewing aangerig. ʼn Ambulans is ook met klippe bestook en sake van kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak,” het Traut gesê.

Volgens hom is niemand tydens die betogings beseer nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons sal in Parkwood aanbly om toe te sien dat orde gehandhaaf word en totdat ons tevrede is dat die omgewing weer rustig is,” het hy gesê.

Foto: Twitter via @waseembrown.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ad ·

Wie moet nou die skade betaal. Gedog minister Sisulu gese almal in die land is beskaaf…

Bok ·

Die kopers van Pick n Pay betaal vir skade gely.
Die regstellende inkopie gangers sd koskas te is weer vol vir ‘n maand.
Lekker eet aan die kos..

ferdi ·

Alles is mos di wittes se skuld en apartheid te min regstellende aksies of transformasi moeni opbou ni breek af geen mens sal in di land bele ni

Penellope Jones ·

……….en hierdie is seker maar net die begin …………….

Hanna Hoekom ·

Die ANC wil die Weskaap onregeerbaar maak met die oog op vlg jaar se verkiesing. Dit is baie duidelik!

Callie ·

En net in SA. More staan hulle en kla by die busstop waar hulle wag vir die bus wat hulle gister uitgebrand het.
Hoe slim is n deel van die bevolking. Regtig, dis hoekom dit nie sal ophou tot daar niks meer oor is nie

Johanna Botha ·

Ag wat net nog n dag want dis oral en daagliks… dis die nuwe normaal vir SA

Pietman ·

Ek het nie geweet Pick & Pay was veronderstel om die land se behuisingsprobleme aan te spreek nie, hoekom anders word hulle gebou verwoes? Hoekom teiken betogers hieroor nooit die regering wat daarvoor verantwoordelik is nie? Nogal vreemd.

Msp ·

Hulle koskaste is weer leeg. Hulle het klaar gesien die regering doen niks as hulle winkels plunder en leeg dra nie. Dit gaan net erger word.

HPV ·

Dit is ‘n ongelooflike siek land, wat werklik kommerwekkend is dat mens so gewoond raak daaraan dat dit as normaal beskou word. Maw ek is kwaad vir die regering, tel klippe op, gooi my buurman se motor, steek sy woning aan die brand en as bonus gaan plunder so paar besighede. Agterlik en siek! Normale mense word gedwing om deel van so bestel te wees. Wat dan van hul regte onder die sogenaamde grondwet? Het ons enige regte? Nee, hulle het geen regte of keuses nie.

Johann ·

Ramaphosa en sy ANC se landgrab policy gaan hierdie land nog in totale chaos dompel. Hulle het reeds die deur oopgemaak !

Andre ·

Kom Malema en Ramphosa, staan pa vir die saad wat julle plant… Gaan betaal die skade.

Bridget ·

Daai rook is mos nie goed vir jou ligaam om in te asem nie of hoe minister slim

Casper Labuschagne ·

Is dit net ek, of is dit ook vir ander opvallend dat hierdie onrus deesdae hoofsaaklik voorkom in provinsies waar die ANC ‘n strategie het om die provinsiale regering of munisipale owerheid te vervang, soos hier in die Wes Kaap, maar ook in Johannesburg in Gauteng asook in die Noordwes? Meer spesifiek, dit kom nie voor in die provinsies waar dit regtig sleg gaan nie, soos in Limpopo of in die Vrystaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.