‘Chaos in parlement weerspieël ware toestand van staat’

EFF-LP's uit die parlement verwyder

EFF-LP’s uit die parlement verwyder

Die vakbond Solidariteit het gesê die chaos Donderdagaand in die parlement tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede weerspieël die werklike toestand van die land.

“Die parlement is in ’n krisis met die gevolg dat gewone Suid-Afrikaners hul vertroue in die gesag van die parlement verloor het,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Hermann het pres. Zuma se optrede oor die afgelope paar jaar daartoe gelei dat ’n pilaar van die demokrasie tot stilstand geruk is. “Hy moet bedank. Eers dan sal die vertroue in die parlement en die demokrasie herwin kan word. Die inhoud van sy toespraak en die president self het met gisteraand se toedrag van sake irrelevant geraak.”

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, stook Zuma vure van rassepolarisasie terwyl hy lag. “Parlementariërs en veiligheidspersoneel het opnuut in vuisgevegte betrokke geraak en daar is growwe aantygings oor verskeie grondwetvergrype, die aanwending van biologiese skarebeheermiddels, uiters kru taal en haatspraak in die parlement gehoor. Verskeie parlementslede het tereg aangevoer dat die president sy ampseed geskend het.”

Bailey het gesê die reaksie van die president op dié tragiese gebeure is vir die soveelste keer dat hy net gelag het. “Daarna het hy op onderwysprestasies geroem, terwyl derduisende kinders nog nie eens skooltoelating of handboeke het nie. Hy het gespog met ’n groei in toerisme, sonder om te meld dat die regering se ondeurdagte beleide die bedryf byna vernietig het. Hy het verwys na die uitbetaling van maatskaplike toelae, maar nie gemeld dat die huidige stelsel finansieel onvolhoubaar is en die land na ’n fiskale afgrond dryf nie.”

Volgens Bailey is wit kapitaal as sondebok opgestel en die besigheidswêreld met radikale ekonomiese transformasie gedreig om die aandag van hierdie en vele meer probleme af te lei. “Die gebeure van gisteraand dui nie op die polsslag van ’n demokrasie nie, maar dié van ’n hibriede regime. Die lokus van politiek het na ’n magsterrein verskuif waar demokratiese en nie-verantwoordbare rolspelers en prosesse met mekaar vermeng. Die intensifisering van sekuriteitsmaatreëls in aanloop tot die lewering van die staatsrede en die onverantwoordbaarheid van die president bewys ook die agteruitgang van die demokrasie tot hierdie hibriede staat.”

Bailey het gesê die staatsrede van 2017 en gebeure daaromheen is geen viering nie, maar ’n tragedie. “In ’n tyd wat die land wysheid, leierskap en volhoubare oplossings benodig, is ons uitgelewer aan die giere van ’n regerende party onder die aanvoering van ’n president wat lag soos wat Nero volgens oorlewering viool gespeel het toe Rome gebrand het.”

AfriSake het die staatsrede beskryf as ʼn boksgeveg tussen Zuma en die sakesektor.

Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê Zuma se toespraak, het soos verwag, gehandel oor ʼn meer aggressiewe houding oor die instelling van grondhervorming deur die aanvaarding en inwerkingstelling van die Onteieningswetsontwerp.

“Die wetsontwerp is terug verwys na die parlement te wyte aan ʼn gebrek aan behoorlike openbare deelname. Hierdie wetgewing sal sodra dit aanvaar word private eiendomsbesit in die gedrang bring en ʼn rimpeleffek tot gevolg hê wat sal veroorsaak dat buitelandse beleggings in die land afneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kobus ·

Die Parlement die spieelbeeld van hoe dit elke dag in ons mooi land lyk…die ego’s gisteraand is hoe ons Boere en die se vroue….iemand se Oupa,Ouma,Vader,Moeder,Broer of Suster smekinge en trane by n plaasaanval of moord gehoor is deur hul babaarse aanvallers…

Mosselbos ·

Dink nie FW het n keuse gehad. Dit is nie tyd om verwyte rond te gooi. Staan op en doen iets vir jou land

Christa ·

Yolandi ek weet nie waar JY was nie, maar sover EK onthou het ons BLANKES dmv ‘n refirendum gestem!! Dit was nie alleen FW se besluit nie!!

Swanna ·

Net soos jy daar se Mnr. Hermann. Gaan kyk maar daar buite op die strate. Dit is presies so ‘n voorbeeld klaar is die gemors in Warmbad wat daar aan gaan .

m ·

Hierdie land is een groot gemors en dit lyk nie of dit ook weer beter gaan raak nie.

Ai Tog ·

Hul het geen respek vir gesag nie.Hulle is n klomp narre wat almal die hoofrol wil speel in die grootste sirkus in die wereld.Hul behoort almal te bedank nie een is sy amp waardig nie.

Piet Piper ·

Die woorde om die “Giggelende Nar” van ‘n Zuma in detail te beskryf, moet nog uitgedink word deur iemand.
Hy is die vrotste appel in ‘n kas met 80 miljoen appels.

Afrika o Afrika ·

Dit weerspieel beslis die ware toestand van die staat en die ware kleure van hierdie mense wat almal in die land moet verteenwoordig. Dit weerspieel die chaos in hierdie land, die oorheersing en onderdrukking en misbruik van gesag. So ja .. hoop almal sien dit nou raak .. maar ongelukkig gee niemand meer om nie .. Gelukkig sien die wereld dat SA Burgers nie erniet kla nie. Waar is die sanksies nou?

Theresa ·

Moenie bekommer nie – daar is darem ‘n ekstra p en ‘n l in!

Anon ·

Die sogenaamde ‘radikale ekonomiese hervorming’ is maar net ‘n afleiding van die totale onvermoë van die staat en JZ om die land te regeer. Al wie baat hiervan is JZ en lede van die anc wat in gesag posisie sit. Daar is so baie armoede, maar JZ is nie skaam om elke maand sy salaris te neem nie. As hy en ander persone in gesag posisies net realistiese salarisse kan kry, kan daardie geld bestee word aan waar dit regtig nodig is. Ek is van mening dat daar so min transformasie is juis weens die hoeveelheid geld wat aan die minderheid gegee word. Dit is nie dat daar teveel blanke persone is wat kapitaal behou nie maar eerder dat een man en uitgekiesde lede sulke massiewe salarisse en luukshede gegee word. (om by te las wil ek net vra: Is dit net ek, of is daar baie nepotisme in die staat?).

Anon ·

Om af te sluit: ek is bang vir dit wat kom, en vir die rigting in wat ons land beweeg. En ek weet dat daar talle ander is wat so voel. Opgeleide mense is besig om uit die land te vlug, en dit gaan SA net nog verder laat agteruit gaan. Maar tot dan vrees ek en talle ander vir ons lewens en die onsekerheid van wat gaan gebeur word meer realisties elke dag wat verby gaan. En dit voel asof daar niks is wat ons, die mense, kan doen nie. Ons kan binne kort in die posisie beland waar media ontneem word daarvan om die waarheid te praat, waar internet beheer word en sosiale media heeltemal verban word. Die pessimistiese uitkyk op die situasie raak al hoe meer ʼn realistiese uitkyk.

John ·

Dit help nie vir buite-beheer en afwesige ouers om hul 10 stoute kinders die skuld te gee vir ‘n chaotiese huishouding nie en dan die polisie te wil inroep as die kinders amok maak nie. En wanneer die pappa en mamma net die heeltyd op ‘n rojale ‘outings’ is, en hul geld op is, ‘n saak uit te wil maak teen die bure wie se huis in orde is en wat hard werk vir wat hulle het nie. ‘n ‘Goeie’ regter moet dan die bure straf deur alles wat hulle het weg te neem en hulle tot die buitenste duisernis weg te ban sodat die chaotiese huishouding die bure se swaar verdiende eiendom kan bekom. En dan nog ook verwag dat hul dwase aksies deur die pers en die reg aangeprys word?

Anta ·

Zuma prt van net 5% van besighede wat aan swart mense behoort..500m rand wat hy aan swart vroue beskikbaar wil stel vir boerdery..okay goed en wel..GEE aan vroue grond om te boer..hou op prt en doen dit..dis nie soos wasgoed was en huisskoonmaak en kinders grootmaak nie..dit is harde werk en beplaning..en dan ariforum..begin met aksie..weet jul ook net soveel geld beskikbaar,maar begin ons eie skole van G1toG12..ons het kinders in skole ons kan bydrae..en na G12 rig opleiding aan vir dogters om haarkappers en naeltegnikuste te word..seuns om basiese welding en en..as n suid afrikaner sal ek bydrae vir my nageslag..werk werk self..laat lui sus en boet opstaan en mamma help…hul moet begin voel dat wit nie hul probleem is nie…dat ons moet saamwerk om n beter land kan he wat werk..en ooooo ja ons sit sonder water al n week en onsbkrag word gesny maandag…maar ons kan nie goed gaan afbrand nie!!!!!

Johanna Botha ·

Die chaos van sona gistraand is PRESIES n spieel van die chaos waarin SA nou is …die ”nuwe SA” duidelik n GROOT gemors dankie ou FW daar het ons dit nou …is dit waarvoor almal ja gestem het …die wiele kom af en mens is skaam vir SA !

Christa ·

Presies!! Daar se jy dit self: ALMAL wat ja gestem het – nie FW nie!!!

Pietsepan ·

‘n Voorvereiste van ‘n gesonde demokrasie is ‘n gesonde ekonomie wat op gelyke geleenthede gebaseer is. Gelyke geleenthede vereis gelyke bevoegdhede wat met gelyke opvoeding verkry word. In ons “demokrasie” bestaan weinig van hierdie gelykhede. Die reg om op gelyke vlak te mag wedywer bestaan nie en die regering voeter in ‘n rigting van transformasie wat streef na gelyke beloning wat sal lei tot meer ongelykhede. Daarom moet die huidige rigting van transformasie 180 grade omgekeer word.

Theresa ·

Sal graag aan die gedig van die giggelende nar wil werk. Sal dalk net nie geskik wees vir sensitiewe lewers nie…

Cobie ·

Om te dink dis die mense wat oor wette , reg en regverdigheid , versorging van ons land moet besluit. Nie een van die wat gisteraand daar was voldoen aan die vereistes van minister , LUR nie!. Die gebrek aan respek , selfbeheersing bestaan nie meer in die land se kultuur nie. En dan die arme speaker en voorsitter, asseblief , die ou reelboekie langs my , ipad voor my , geen vermoë om die taak waarvoor hulle daar is te doen nie. dwing geen gesag (en respek) af nie. Die geskree en aanhoudende onderbrekings wys ook geen vergadering etiek nie. Ek kry skaam vir my land….

Michelle ·

VREESAANJAEND !!!!
EK DINK – NET DIE HERE KAN ONS NOU HELP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.