Chaos in Pretoria toe betogers opruk

Betogings op die hoek van Walt-en-Scheidingstraat in Pretoria. (Foto: Twitter)

Die situasie is tans weer “kalm” nadat betogers Donderdagoggend tydens spitsverkeer chaos in die noorde en weste van Pretoria veroorsaak het.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê betogers het sedert die vroeë oggendure in verskillende dele van die stad opgeruk. Gebiede soos Soshanguve, Mabopane, Hammanskraal en veral Van der Hoffweg en Bremerstraat voor die Daspoorttonnel in die Pretoria Tuine-gebied word deur die betogings geraak.

Verkeer hoop sedert vroeg vanoggend in dié gebiede op aangesien verskeie paaie met brandende buitebande versper is.

Volgens Mahamba is daar geen aansoek om ʼn wettige protesaksie te hou by die toepaslike owerhede ingedien nie en vanoggend se protesaksie was dus onwettig.

Hy meen dat dit moeilik is om te sê hoeveel betogers aan dié onwettige betogings deelneem aangesien verskillende groepe betogers in verskillende gebiede opgeruk het. Al die betogers het egter een doel voor oë, en is na wat berig word ongelukkig oor onder meer die vlak van dienslewering in die stad.

Mahamba kon egter nie die rede vir die betogings bevestig nie.

Hy het wel verseker dat die metropolisie die situasie monitor en geen geweld gedurende die protesaksie sal duld nie. “Die situasie is nou kalm en ons monitor die situasie om die veiligheid van motoriste te verseker.”

Paaie na die Pretoriase sakesentrum was ten tyde van publikasie steeds gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Alida ·

Hulle moet met al die SAPD vangwaens daar stilhou en inlaai soveel as wat hulle kan en gaan toesluit. Dit is onaanvaarbaar om so tekere te gaan en die hele stad te ontwrig. Daar is ander beskaafde maniere om jou griewe onder iemand se aandag te bring. Traanrook en rubberkoeels sal ook die ding doen. Hulle spat dan gewoonlik uitmekaar en hardloop weg. Seker nie werk toe nie want hulle het nie werk nie sommer die bosse in.

Belaglik ·

EN SO KOM DIE BETOGERS NIKS OOR WAT ANDER MENSE ONTWRIG EN EIENDOM BESKADIG NIE, MAAR TOE DIE BOERE die Maandag VREEDSAAM byeengekom het het MALEMA en almal AANGEGAAN omdat ons HULLE kinders verhoed om skooltoe te gaan . maar dis ok as HULLE (die betogers van EFF en ANC en BLF en alle ander politieke partye ) ONS VERHOED om werk toe te gaan en ONS kinders verhoed om skool toe te gaan … DUBBELE STANDAARDE VIR VERSKILLENDE KLEURE MENSE IN HIERDIE LAND>

Helena. ·

Mense julle ken mos nou al die beleid van die land..aanvaar want niks gaan verander nie. Hulle doen wat hulle wil en daar blaas die eind fluitjie.

De Villiers ·

Ek wonder altyd met sulke betogings oor dienslewering, hoeveel van die betogers betaal enigsins iets vir die dienslewering waaroor hulle dan so ongelukkig oor is.

[email protected] ·

Jul komentaar gaan nie verder as die paar afrikaners wat hier lees nie. Gaan uit en se jou se. Om te comment is om jou te demp! Solank almal hier iets se sal niks gebeur nie want net ons lees hier. Hou op comment sodat die kameel in jou by sy laaste strooi kan kom. Dan gebeur iets.

MANIE ·

Hoekom is daar nie betogings in plekke waar anc aan bewind is??

Alida ·

Manie die antwoord is maklik. Hulle wil die DA oral uitwerk en in ‘n slegte lig stel. Daardie is werklose ANC ondersteuners wat 10/1 betaal word om die chaos te veroorsaaak.

J ·

Waarom is dit altyd die selfde nasies wat afbreuk, plunder. Bevestig deur TV uitsendings en Radio uitsendings.
MRK deursugtig. Kyk maar na uitsprake van Malema en BLF.
Wat gaan gebeur as SA die selfde paadjies as Zim nou onlangs gebeur het loop.
Kyk wat het Kadaffi gebeur , Sodan Hoosan. Duidelike bewyse wat nie vermy kan word nie.
Nelson Mandela het belotes gemaak na hy uit die tronk gekom het en verkiesing gewen en ANC het aanbewind gekom.
2019 van die beloftes is na gekom en is nie volhoubaar nie na 25 jaar het die meeste uitgeloop op lee beloftes.
Elke jaar word weer nuwe onvolhoubare beloftes gemaak om verkiesings te wen.
Waar gaan alles eindig 1 dag.

Michael ·

Die ANC is nou in hul sewenbe hel want dit kan nie in die hemel wees nie

Santjie ·

Daar is nie diens nie want hulle BETAAL nie vir dienste nie :0

Susan ·

Daar moet by elke straatlig n galg gebou word. Hang hulle dat hulle soos vlermuise lyk. Wat klaar is is klaar!!!!!!?

fred ·

Zuma groep hou daarvan…hoe meer anargie des te beter vir hulle..berei hulle n staatsgreep voor?die klimaat is reg vir dit….

Nettie ·

@fred ……………….. staatsgreep????????

Nee wat, vriend, berei jou voor op BURGEROORLOG. En dit gaan nie wit teen swart wees nie, dit gaan swart teen swart wees, met die Kaapse kleurlinge en blanke mense ‘right centre, Mr. Venter”.

J ·

Beloftes is 25 jaar terug gemaak en vandag byt daardie selfde beloftes hulle self aan die agterent.
Dit raak al hoe geweldadiger en uitbeheer.
Skaars uit die doeke uit leer hulle net van alles afbrand en plunder.
Wat van hande saamvat en begin opbou wat Jan van Riebeeck en sy opvolgers opebou het. Na 1994 het alle wiele begin afbreuk en uitmekaar gespat en vrot geword.

HOBBO ·

Neem kennis van al hierdie betogings en ontwrigting by boek bekebdstellings. Dis hoe die ANC optree wanneer hulle nie hulle sin kry nie. Se nie veel van n verantwoordelike politieke beweging nie.

George in Bloem ·

Ek dink dis tyd om die SAPD na die SAMD te verander want “monitor die situasie” is al wat hulle deesdae doen terwyl chaos,wetteloosheid en anargie hoogty vier.. Wonder wie dink ou groot Bheki Cele en sy baas Mr Cyril Ramapocchio gaan pa staan vir al die skade aan privaat eiendom om nie eers te praat van die verlies aan derduisende man ure nie? Die mense dink mos die land is skatryk. Hulle gaan nog hulle fout agterkom.

George ·

Die maklikste manier om griewe te lig is om nie weer vir die party wat jou ongelukkig maak, te stem nie. Uit en klaar.

Ouma ·

Santjie, my presiese sentiment! Ek het nog nooit in my hele lewe nodig gehad om te betoog oor swak dienslewering nie, want dit werk as volg: Ek kry diens, ek betaal daarvoor en almal is tevrede. You don’t pay, you don’t have – dit is nie vreeslik ingewikkeld om te verstaan nie, is dit?

Jozi ·

LW ….” die metropolisie sal die situasie monitor en geen geweld sal geduld word nie.”
Rerig? Hulle staan as ‘n reël handjies gevou en toekyk hoe daar geplunder en gebrand word.
Maar laat een van ons nou ‘n padreël verontagsaam dan staan hulle baie vinnig nader met die boete.
Hartseer tye hierdie…..

fred ·

kyk waar hulle role models van daan kom… McBride die bomplanter van die 1987 aanslag in Durban waar 3 burgers dood en 69 gewond ,was n groot kop in die staatsmasjien (Head of Independent Police Investigating Division) getuig nou by die Zondo kommissie…watter morele waardes het so n man?

Christo coetzee ·

Die groot, groot meederheid betogers is werklose mense wat niks het om te doen. Hulle word seker baie dinge belowe , om dan te betoog.

Gerrit ·

McBride is ‘n klassieke voorbeeld dat kriminele die land regeer.

Laetitia ·

Watter regering met murg in hul pype laat sulke dinge toe?
Dit is mos ,n bewys dat die ANC nie by magte is om die land te regeer nie

Koos de Meyer. ·

Hulle kry dan alreeds 12 kilo liter water en 100 kW eenhede krag verniet, nou wat wil hulle nog meer hê of wil hulle als verniet hê.

Janine ·

Ons bly hier waar die optogte is in PTA Wes. Ek Wil dankie se aan die SAPS. Hulle werk ongelooflik hard hier….helikopers….vangwaens….traangas….rubber bullets….massas mense wat protest….kerk is geplunder…besighede geplunder….

Pieter du plessis ·

Die dag as hulle werk sal hulle eerste dag wees.

Henda Myburgh ·

Jis ek WENS SO AMERIKA KAN HIER INKLIM ……. EK LOVE TRUMP!!

Henda Myburgh ·

Ek wens so AMERIKA KAN INKLIM HIER EK WENS SO AMERIKAANSE TROEPE KAN NET OORKOM ….. EK LOVE TRUMP!!

Moeg ·

Dis tyd dat iemand iets doen. Die betogers bly nie in die areas waar hulle so lekker speel nie. As dit oor dienslewering was kon hulle regering geboue gebrand het nie privaat en kerke nie en waar hulle bly.

nee wat ·

Selfs die kerk by ons hier in die Booysens omgewing se ruite is alles uitgegooi en geplunder! geen respek

willem Botha ·

Ek wonder of die senior superintendent generaal weet dat dit n oortreding is om n pad toe te maak,en as brandstigters bande op die paaie brand is hulle reeds agresief en in ag geneem dat dit n onwettige staking is moet daar reeds arrestasies gewees het.

Ronel ·

Kroonstad loop ook lekker deur die laaste paar dae. Vandag is baie besighede gesluit agv die geweldadige betogings wat orals kop uitsteek. Lekker aka land waarin ons bly, maar kom die verkiesing, dan trek hulle maar weer hul kruisies by DAAI party waaroor hulle so ongelukkig is. My kop is te plat om dit te verstaan.

pinkie ·

Die belastingbetalers gaan seker moet betaal om die skade reg te stel. M.a.w. ek en jy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.