Chaos ná hofverskyning oor musikant se moord

Nkululeko Habedi. Foto: Facebook

Nkululeko Habedi. Foto: Facebook

Chaos het Dinsdag buite die Alexandra-landdroshof uitgebreek nadat Sindiswe Manqele in die hof verskyn het op aanklag dat sy die musikant Nkululeko “Flabba” Habedi vermoor het.

Manqele was glo Habedi se meisie. Inwoners het buite die hof saamgedrom en in ʼn woordewisseling met ʼn man en ʼn vrou, glo familielede van Manqele, betrokke geraak. Die inwoners het daarop aangedring dat Manqele nie op borg vrygelaat moet word nie.

Habedi, ʼn lid van die hip-hop-groep Skwatta Kamp, is Maandag in die vroeë oggendure met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

“Hoe weet jy wat gebeur het? Jy was nie eers daar nie,” het een van Manqele se familielede aan die skare geskree. “Geen borg, geen borg,” het die skare teruggeskree.

Manqele het intussen vroeër in die hof verskyn en by monde van haar regsverteenwoordiger gesê sy het steekwonde aan haar arms en maag opgedoen.

Manqele is deur haar regsverteenwoordiger aangesê om haar langmoutop uit te trek en haar beserings aan die hof te wys. Sy het gesê sy is in pyn. Die landdros het ingestem dat Manqele deur ʼn dokter behandel word. Die saak is tot 16 Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.