Niemand kan sedert Donderdagaand Phalaborwa in Limpopo binnekom of verlaat nie nadat ’n groep betogers alle paaie na dié dorp versper het.
Anton Kellerman, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het Vrydag aan Maroela Media gesê die R40 en R71 is sedert gisteraand omstreeks 22:00 enkele kilometer buite die dorp met onder meer boomtakke, brandende buitebande en klippe versper.
“Dit is redelike groot frustrasie. Ek het pas deur die dorp gery en die meeste van die besighede is gesluit aangesien hul werkers nie kon gaan werk nie.”
Dit word vermoed dat die betogers deel is van die Ba-Phalaborwa-gemeenskapsforum wat ongelukkig is met die Palabora-mynmaatskappy nadat dié ’n tender aan ’n Gautengse maatskappy toegeken het. Die betogers dring aan op werksgeleenthede en kontrakteurswerk, berig IOL.
Kellerman sê nie net het mynbedrywighede in die omgewing grotendeels tot stilstand gekom nie, maar toerisme ook. Talle mense reis deur Phalaborwa na onder meer die Krugerwildtuin.
Maroela Media het ’n navraag aan die provinsiale polisie gestuur en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Kleedrepetisie oor hoe ons in dorpe vasgekeer gaan word.
Dit is baie erg. Waar is hoedman nou?
Ek was in 7 SAI Batteljon 84 – 86. Kan jou een ding se. Was weermag nog weermag soos destyds het hulle nie daai tricks probeer nie. Phalaborwa was destyds een van die mooiste en skoonste dorpe. Lyk nou soos ‘n trust area. Was net voor die Covid daardeur. Ongelukkig is die inwoners se hande afgekap deur die ANC regering. So geseend om die Kaap my tuiste te noem.
Die versperring van paaie is heeltemaal onaanvaarbaar en maak inbreuk op die regte van die gewone landsburgers wat daardie paaie wil gebruik. Die polisie moes dadelik die versperrings verwyder en ferm opgetree het teen die wetsoortreders. Maar die slaprug polisie het seker soos gewoonlik net die gebeure gemonitor. Dit kom daarop neer dat die misdadigers die hele dorpsgemeenskap gyselaar hou. Dit mag mos nie geduld word nie.
Hoekom laat SAPD dit toe??? Wat is fout met die instelling? Wanneer wil hul ophou om slagoffer te speel en die vervloekte boewery ‘n slag behoorlik aanvat? Hoekom laat hul die kriminele, veroorsaak deur ANC beleid, op die toevoerpaaie toe???Word wakker President Ramaphosa!!!!