Chaos toe betogers brande op UK-kampus stig

Betogers op die kampus van die Universiteit Kaapstad Woensdag (5 Oktober 2016) nadat chaos Dinsdagaand op die kampus ontstaan het. Foto: Twitter via @UCTMSA

Betogers op die kampus van die Universiteit Kaapstad Woensdag (5 Oktober 2016) nadat chaos Dinsdagaand op die kampus ontstaan het. Foto: Twitter via @UCTMSA

Nadat akademiese bedrywighede Maandag op die kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) aanvanklik soos normaal voortgegaan het, het chaos weer Dinsdagaand op die kampus ontstaan toe betogende studente verskeie brande regoor die kampus gestig het.

Gerda Kruger, woordvoerder van die universiteit, het in ʼn verklaring gesê die geweld het begin toe studente weer probeer het om die Steve Biko Studentevakbondgebou te beset. Volgens Kruger het die betogende studente oor die afgelope twee weke die gebou onwettig beset. UK-personeel wat in die gebou werk, kon in hierdie tyd nie met hul werk voortgaan nie.

Die universiteit het nuwe slotte aan die deure van die gebou aangebring en private veiligheidsbeamptes is by die ingange na die gebou geplaas om te verhoed dat die studente dit weer beset. Dinsdag omstreeks 16:30 het ʼn groep studente weer by die gebou opgedaag, maar is verhoed om die gebou binne te gaan.

“Die groep betogers het buite die gebou saamgedrom en teen middernag het die groep tot meer as 200 mense gegroei,” het Kruger gesê. “Hulle het die veiligheidsbeamptes met klippe bestook en met stokke aangeval. Daarna het hulle die gebou bestorm en deure en vensters gebreek.”

Volgens Kruger het die veiligheidsbeamptes probeer om ʼn menseketting te vorm om die betogers weg te hou van die gebou af, maar twee studente het daarin geslaag om deur te breek en die gebou binne te storm. Buite die gebou het betogers talle petrolbomme gegooi wat ʼn brand in een van die parkeerareas veroorsaak het.

Betogers op die kampus van die Universiteit Kaapstad Woensdag (5 Oktober 2016) nadat chaos Dinsdagaand op die kampus ontstaan het. Foto: Twitter via @GerardRalphs

Betogers op die kampus van die Universiteit Kaapstad Woensdag (5 Oktober 2016) nadat chaos Dinsdagaand op die kampus ontstaan het. Foto: Twitter via @GerardRalphs

“Die betogers het amok gemaak op die kampus deur op verskeie plekke brande te stig. Veiligheidsbeamptes het probeer om die brande te blus en studente uitmekaar te jaag en een van die beamptes is in die proses beseer,” het Kruger gesê. “Die SAPD is om 01:00 ontbied en polisiebeamptes het probeer om die situasie in bedwang te bring. Een van die polisiebeamptes is beseer toe hy deur verskeie klippe getref is. Ses skokgranate is afgevuur.”

Sy het gesê teen 03:00 was daar nog een brand op die Jammie-plaza wat nog nie geblus was nie, maar al die ander brande was teen daardie tyd geblus. Die polisie is steeds op die kampus om die situasie te monitor.

“Die universiteit hoop en probeer om die situasie op die kampus terug te bring na normaal sodat die instansie vandag kan heropen.”

Die universiteit het Woensdagoggend op Twitter gesê alle biblioteke is gesluit tot verdere kennisgewing. Sommige lesings is ook gekanselleer weens die onrus op die kampus. Studente is gevra om die UK-webtuiste dop te hou vir verdere aankondigings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Emmarentia ·

Sluit die universiteite heeltemal en doen slegs die aanlyn studies. Geen plekke meer om af te brand nie.

Jaques ·

Die “studente” is nie betogers nie, hulle is bleddie kriminele, hanteer hulle daarvolgens.

Verdere vraag, is die “studente” ooit studente of ingehuurdes.

Ek se weer, laat die 90% ‘n slag opstaan en optree vir hulle reg om te kan studeer, en die poliesie help om ontslae te raak van die 10% wat alles net wil he.

BOLANDER ·

Jaques, ek stem saam met jou. Volgens my verstand is studente mense met “verstand” en goeie bginsels. Hierdie is so min studente soos die mannetjie in die maan. Hulle is net sulke kriminele soos hulle sogenaamde “President”!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Takkie Takuuza ·

As die goeie ouens wat wil studeer nou hulle wend tot geweld, wie gaan toegesluit word? Everybody knows the good guys lost – Leonard Cohen

Theresa ·

100%. Vang die opstandige vernietigende mense en vat hul weg van dié wat regtig wil leer en betaal vir hul studies.

Cherokee ·

Watter rol speel wit studente in die terroristiese aanvalle op universiteite? Op die boonste foto sien ek ten minste een wit meisie.

Adeline ·

Barbaars! Dan word daar gewonder hoekom party niks het nie…..

Theresa B ·

Uitstekend gestel Jaques!! Hierdie verdomde snert moet jou end kry!!

Buitestander ·

Word die studente geleer om terreerdade te pleeg?
Hoe kan dit toegelaat word dat 10% ‘n hele universiteit ontwrig?
ANC wat het van demmokrasie geword. Moet klein minderheid die meerderheid regeer?
Klippe kan mense dood en vuur kan alles vernietig!
Nee wat ons land wrod deur terroriste geregeer. Eens ‘n terroris altyd een.

Boer seun ·

Soos kinders as jy hom los sal hy aanhou om te sien hoe vêr hy kan gaan met wat hy doen, een of twee keer pakslae en hy begin luister. Weet nou nie met die ” kinders” nie. Weet nie of enige opvoeding gaan help nie. Volgende is dit seker # exams must fall

Dup du Plessis ·

As Zuma dalk beter met syfers omgegaan het sou hule dalk besef dat die DEMOKRATIESE MEERDERHEID by universiteite eintlik wil aangaan met studies en dat dit eintlik die MINDERHEID is wat probleme veroorsaak…..so is ons nou in ‘n demokratiese land of nie? Huh…..

Di ·

Ja laat hulle alles verwoes ek klaar kry todat daar NIKS oor is nie. Moet niks weer oorbou of regmaak. Laat hulle by die huise gaan le en sien wat van hulle studies word. Die wat wel wil studeer moet dit maar aanlyn doen dan sal al hierdie nonsens stop. Duidelik kan die polisie nie hierdie probleem hanteer kry die Weermag in en kry dit oor en verby glo dan sal sal vinnig stop.

an ·

En die hartseer van die hele gedoente is: As Zumpies, wat die hoogste, gerespekteerde en laaste gesag van die land versonderstel is om te wees, sy mond sou oopmaak, sal hy uitgelag word.

Wie in ons mooie land het die reg/invloed/gesag om die ding tot bedaring te bring?

Theresa ·

Wens iemand wil dit in die mobsters se koppe kry: “We are not proud of you! You are destroyers and not behaving well! Your behaviour is disgusting! I, for one, will never want to employ you – not with this kind of character you keep on showing off proudly”. Down and away with all protesting. Get with it and start learning how to behave. Study and start earning – stop all the moaning.

BOLANDER ·

Goed gestel Theresa. Ons het verdomp ekstra werkies gedoen en ekstra geld verdien om te gaan leer. WAT IS FOUT MET HULLE?????? Ons het niks gratis gekry nie!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.