Chaos toe EFF weer Nkandla in parlement opper

EFF-LP's word tydens 'n vorige geleentheid uit die parlement verwyder. Foto: Jacaranda/Twitter

EFF-LP’s word tydens ‘n vorige geleentheid uit die parlement verwyder. Foto: Jacaranda/Twitter

Chaos het weer Donderdag in die parlement ontstaan toe parlementslede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) vir die soveelste keer geëis het dat pres. Jacob Zuma die geld vir sy Nkandla-woning terugbetaal.

Zuma was besig met sy derde vraag-en-antwoord-sessie in die nasionale vergadering vir die jaar. Voordat Zuma egter kon opstaan om sy woordelikse antwoorde op LP’s se vrae te gee, het EFF-lede opgespring en geëis om te weet wanneer Zuma “belastingbetalers se geld” wat aan veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-woning bestee is, gaan terugbetaal.

ʼn Gefrustreerde Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het probeer om orde in die parlement te bring, maar kon nie daarin slaag nie. EFF-leier Julius Malema het daarop aangedring dat Mbete LP’s van sy party erken wat “punte van orde” wou opper oor die Nkandla-aangeleentheid.

Die ANC-hoofsweep, Stone Sizani, het aan Malema gewys hy moet sit en die EFF-leier het geantwoord: “Jy kan nie vir my sê om te sit nie. Ek sal nooit sit nie. Ek vat nie opdragte van jou af nie.”

Malema het Mbete se opdragte om te sit geïgnoreer en in een stadium die speaker se rol probeer oorneem deur te sê: “Eerbare Ndlozi, ek erken jou. Staan op en maak jou punt.” Mbete moes noodgedwonge die verrigtinge onderbreek sodat sy met die partye se hoofswepe agter geslote deure kon vergader.

Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het verlede maand gesê dat pres. Jacob Zuma nie ʼn gedeelte van die geld, wat aan opgraderings by sy Nkandla-woning bestee is, hoef terug te betaal nie.

Die EFF het belowe om aan te hou om druk op Zuma te plaas om die geld terug te betaal. Sowel die EFF as die DA oorweeg regstappe teen Nhleko se verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gert van der Merwe ·

Dis die lekker ou Jan, dis die lekker ou Jan wat by die ANC spook. Hulle moes hom nooit beskuldig het nie. Die tokolosie ry hulle nou.

CHRISTA ·

Die EFF klink soos ‘n grammafoonplaat wat vasgehaak het. Hoekom dagvaar hulle Zuma nie in die hof nie of het hulle nie die “guts” nie?

George ·

Ons arme piesang republiek!!! Wat moet die internasionale gemeenskap van ons dink? Hoe lank nog moet ‘n regering soos die ANC ons teister?

alex ·

George ons is ‘n piesang republiek. Die buiteland dink in elkgeval niks van die piesang republiek nie. Danksy zuma sal dit so voortgaan solank die nar daar is. Hierdie zuma het geen respek vir niemand nie. Na die jongste skandaal sal dit nou net erger word. Ou fw jy is seker nou baie trots op jou nalatenskap. Hoop jy slaap lekker in die aande.

Rieks ·

Not my circus not my monkeys… Dit is seker Zuma se gevoel. Dink ook soos ‘n kind. Hoe meer ek maak of hulle nie bestaan nie hoe minder is hulle daar! Besef die mense nie wat hulle aan ons beeld in die buiteland doen nie. Voorwaar die grootste sirkus in jare! Mag daar iewers ‘n lig opgaan vir hierdie narre – ons land is op die rand van ineen stort en hulle sit en maak van alles wat ons so hard aan werk ‘n gelag in ander se oe!!! Word wakker en red terwyl daar nog iets is om te red!

Theresa ·

Ek kry so skaam. Die buiteland lag hulle seker dood en kan nie wag om die volgende episode van die Suid-Afrika Sepie Komedie te kyk nie. Genade – Wat gaan tog van ons land en mense word?

neelsie ·

Ja swaer……..die wiele val nou met n spoed af.
Wie betaal vir die gelag?

Gert van derMerwe ·

Die “horrer movie”. Die “house of parlement” is nou te sien op TV. Met die naam van “THE HOUSE OF HORRES” op DSTV die parlement kanaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.