Chaos toe meisie se lyk gevind word

Stacey Adams.

ʼn 25-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn sesjarige meisie van Mitchells Plain in Kaapstad.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê Stacey Adams se ouma het haar Sondag as vermis aangegee.

“Stacey se ouma het haar omstreeks 15:00 as vermis aangegee nadat sy Saterdag die laaste keer gesien is toe sy die huis verlaat het om by haar ma in De La Reystraat in Eastridge te gaan kuier.”

Volgens Traut het die polisie, lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander vrywilligers onmiddellik na die meisie begin soek.

Foto: Pagad G-Force/Facebook

“Terwyl daar in De La Reystraat gesoek is, is die soekgeselskap in kennis gestel van sagte grond in die erf van ’n huis in die straat. Die liggaam van ’n kind is in ’n vlak graf in die erf gevind.”

Traut het gesê die man wat in die huis woon is deur die polisie ondervra. Chaos het egter uitgebreek toe gemeenskapslede reg in eie hande probeer neem het en die verdagte wou leed aandoen.

“Daar is klippe gegooi na die polisie en die verdagte se huis is met ’n petrolbom bestook waarna dit begin brand het. Die polisie het die situasie gestabiliseer.”

Volgens Traut word die presiese omstandighede rondom die moord nog ondersoek en moet die liggaam nog amptelik geïdentifiseer word.

Die polisie ondersoek ook ’n klag van openbare geweld. “Die verdagte sal in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.”

Foto: Pagad G-Force/Facebook

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Liberaal ·

Die liberale linkse leiers gaan nie gelukkig wees as gemeenskappe hulself beskerm waar die polisie en hof nie werk doen nie, want kriminele se regte kom mos eerste in liberaal demokratiese state.

Veritas ·

In gevalle soos dié moet die skuldige, indien ‘n hof hom skuldig bevind, aan die gemeenskap uitgelewer word. Dit sal verseker dat die voorkoms van dié tipe misdaad drasties sal afneem.

Adri ·

MM, ek weet nie of dit net my rekenaar is nie, maar ek sien nie die foto’s by die berig nie (wel by die skakel op Facebook). Ek het dit verlede week ook opgemerk.

Sune van Heerden ·

Dagsê Adri

Dit is baie vreemd. Kan jy asseblief vir ons die volgende vorm voltooi, dan sal die tegniese span so vinnig as moontlik ondersoek instel:
http://spens.co.za/help

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Thinus ·

P Lotz van Parys die naweek in n huisroof gedood. Geen dekking.

Maggie ·

Thinus, het jy dalk meer inligting? Dan kan ons dit deurgee na ‘n groep wat die statistieke op datum hou.. ??

alwyn burger ·

“Revenge is a wild kind of justice”. Was dit Oscar Wilde wat dit gesê het?

Briesend Kwaad ·

Ek is jammer, maar wie laat ‘n 6 jarige dogtertjie in vandag se tyd alleen loop vanaf punt A na punt B – dit kan eenvoudig net nie meer gebeur nie. Dit maak nie saak waar jy woon nie, nêrens is dit meer veilig nie. Daai arme klein poppie, is aan haar eie lot oorgelaat. Sy verdien dit nie. Regtig ouers, oumas, voogde??? Hoe laat jy die klein mensie alleen rondloop – ons moet ons kinders ten alle koste beskerm – dis opdrag wat ons Hemelse Vader aan ons gegee het . Ek gee nie om as mense sê ek is paranoies nie – dan is ek maar, maar ek sal my kind sover dit vir my menslik moontlik is beskerm. Dit is so hartseer en so onnodig. Mag jy in vrede rus klein mensie, darem is jy uit hierdie aaklige wêreld geneem en rus sag by ons Hemelse Vader.

Liberaal ·

Die linkse liberaliste wat misdadigers aanmoedig is hiervoor verantwoordelik.

andre louw ·

Ons kan kommentaar en menings uitspreek so veel as wat ons wil maar die volgende staan soos ‘n paal bo water en ek daag enige politikus uit om dit te betwis
1) Die huidige regering is nie instaat om misdaad aan bande te le nie en hier is nie genoeg woorde oor om die redes te noem nie
2) Uitsprake van sogenaamde leiers in die land het en is besig om anargie buite beheer te plaas
3) Die publiek word nie verantwoordelik gehou vir die erge burgerlike ongehoorsaamheid nie omrede politieke partye nie wil aanstoot gee voor die komende verkiesing nie
4) In die 24 jaar sedert demokrasie het die huidige regering bitter min gedoen om die lewe van die gewone burgers te verbeter en nou onder druk word die proses gestoomroller en vir seker moet iets meegee onder die druk

Ter afsluiting wonder ek of daar iemand is wat lig in die tonnel sien en indien wel, verduidelik met realiteit

Konstitusie ·

Die lig in die tonnel is die voorsiening vir selfregering wat in die konstitusie aan ons gegee word maar ons het nie ‘n leier wat dit nou net wil van gebruikmaak nie. Die lig kom sodra ons in massas onteien gaan word en niks meer het om te verloor nie, eers dan sal daardie voorsiening benut word.

Veritas ·

André daar is ‘n lig in die tonnel. Dit is egter nie die einde van die tonnel nie maar die trein wat van voor af op ons afsnel.

Corne Nel ·

Ek stem saam , hoe kan mens ‘n dogtertjie van ses alleen laat loop. Dit is net nie reg nie.

Lianke ·

Hoekom brand ons nie goed af elkekeer as daar n boer en sy famielie vermoor word nie?

Marinda ·

Ons is nie so groot gemaak nie Lianke.
Ons was geleer, jy lis ander mense se goed uit.

Ek verstaan ook nie hoe kan jy ñ ses jarige alleen laat loop van punt A na punt B in vandag se tyd nie.

ANONIEM ·

Die dogtertjie is Saterdagmiddag van die Ouma se huis om vir haar Ma te gaan kuier, maar word eers die Sondag as vermis aangegee. Dit maak nie sin nie, en in vandag se lewe kan jy nie ‘n dogtertjie van so jong ouderdom alleen laat loop nie, maak nie saak waarheen nie. Nie eers groot dogters en dames het ‘n kans meer nie, so wat kan so klein dogtertjie doen teen ‘n volwasse wat haar aanval?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.